Lewenskeuses-Week 4-Dag 1-Vals note

Vals note

Jakobus 3:11: “‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en brak water opborrel nie.”

Wie al uit volle bors in die kerk gesing het, sal weet dat die kerk nou nie juis die mees talentvolle sangers huisves nie. ‘n Mens hoor soms wel baie mooi suiwer klanke, maar helaas ook baie vals note tussendeur. Die wonder is dat ons almal in God se koor sing. Hy hou nie oudisies nie.

Wat die vals note betref is dit juis die wonder van genade dat God met ons bly reis ten spyte van ons vals note. Hy is die groot Koorleier wat ons afrig vir ons openbare optredes. Solank ons net self ‘n oor ontwikkel vir ons eie note en met mekaar geduldig is in die aanleer van die suiwer note.

Die arena van ons optrede is die daaglikse lewe. God vergesel ons elke dag.

Joan Osborne maak ons daarvan bewus in haar lied “What if God was one of us?”:

 

If God had a name, what would it be?

And would you call it to His face?

If you were faced with Him in all His glory

What would you ask if you had just one question?

 

What if God was one of us

Just a slob like one of us

Just a stranger on the bus

Trying to make His way home?

 

If God had a face, what would it look like?

And would you want to see?

If seeing meant that you would have to believe

In things like heaven and in Jesus and the saints and all the prophets?

 

Kom ons fokus op die suiwer klanke van ons lied sodat die wêreld kan glo!

Kyk gerus na die lied van Joan Osborne:

 

Share