Dissipelskap: Week 1, Dag 4. Vergelyking en kompetisie.

Wat beleef jy van dag tot dag in hierdie wêreld van vergelyking en kompetisie? Met wie kompeteer jy? Wat doen mense alles aan jou om jou te probeer uitoorlê sodat hulle voor jou sekere dinge kan doen of kontrakte kan kry, of geleenthede kan gebruik? Wat doen dit alles aan jou? Hoe laat dit jou voel as jy gedurig moet kompeteer en jouself met ander moet vergelyk?

Jy kan nog verder terugdink aan waar dit al begin het in jou lewe dat jy met ander vergelyk word, dalk met ʼn broer of ʼn suster, ʼn nefie of ʼn niggie, ʼn maatjie toe jy nog maar in die laerskool was. Wat het dit aan jou gedoen?

Jy sien, dit was nooit God se bedoeling nie. Jy is geskep om Hom te verteenwoordig met jou unieke gawes en op jou unieke manier, sonder om jouself met ander te vergelyk! Daarin lê die vryheid van kind-van-God wees.

Share