Dissipelskap: Week 7, Dag 5. Visie laat jou toe om jouself te wees.

Hoe tevrede of gelukkig is jy met wie jy is? Met jou voorkoms, jou gawes, jou intelligensie, jou vermoëns?  Ek kom agter dat daar nogal baie mense is wat nie so baie gelukkig is met hulleself nie. Die rede: Hulle kyk na ander en vergelyk hulleself dan met daardie mense. Hulle voel dan dat hulle iewers tekort skiet, of dat hulle graag iets sou wou hê wat ander het.

Weet jy, dit is ʼn totale leuen dat jy dan “beter af” sou wees. God het jou gemaak soos jy is sodat jy Hom op ʼn bepaalde manier kan verteenwoordig met jou gawes, jou intelligensie, jou vermoëns en jou voorkoms. Daar is niemand anders wat Hom op dieselfde wyse as jy kan verteenwoordig nie! Net jy kan dit doen! Net jy kan jy wees tot eer van God! As jy dit met oorgawe en vreugde doen, sal dit God se naam grootmaak en sal dit mense se aandag trek. Nie na jou toe nie, maar na God toe. Mense sal wel waardering daarvoor hê dat jy opreg en eerlik jouself is, sonder om iets anders te probeer wees.

Share