Week 5 Dag 4 Eenheid in Christus

Inkarnasie het plaasgevind omdat God die wêreld liefhet. Dit moet gelowiges oor en oor vir mekaar sê. Daar is nie ongelowiges en gelowiges, ‘n ons en hulle nie. Daar is mense wat leef in die wêreld wat God liefhet, wat Christus se bevrydende krag aanvaar het en dan is daar mense wat dit verwerp het.

Mense het mekaar nodig om by die regte lewens antwoorde uit tekom. Ons moet daarom oppas om mense te veroordeel as hulle nie in die regte verhoudings is nie. Ons ken nie die rede waar en hoekom hulle die lewensbesluite geneem het soos wat hulle dit geneem het nie.

Wat ons wel weet is dat ons ‘n plek soek waar ons kan werk, bly en lag. Die lewe is net so dat ons elkeen, ‘n plek soek waar ons gelukkig kan wees. Nie net bedoel ons ‘n letterlike lêplek, daar waar ons kan huis opsit en bly nie, ons bedoel ook ‘n lêplek van aanvaarding. Waar mense menswaardig na jou kyk en waar jy deel is van hulle.

Ons verskil, in ons fisiese samestelling, in ons uitkyk op die lewe en so sou ons kon aangaan. Ons het elkeen verskillende gawes en ook passies. Ons lees hiervan in 1 Kor 3:1 e.v. hoe ons met verskillende boumateriale ons huise bou. Ons lees in 1 Kor 12:4 e.v en 14:26 e.v. oor die verskillende gawes wat deel vorm van die gemeente. Die gawes is tot opbou van die gemeente – nie tot voordeel van die ind nie.

Share