Week 8 Dag 2 Globalisering

Een van die uitdagings vandag is dat jy nie meer die wêreld sien as ‘n duidelik gedefinieerde self werkende eenhede nie, maar dat jy die wêreld sien as ‘n samevoeging van kultuurgroepe dwarsoor die wêreld. Jy sien die wêreld nie meer as ver en afgesondere plekke nie maar as ‘n groot netwerk waar ons ‘n paar uur se vlieg van mekaar is.

Hierdie verskynsel word ook globalisering genoem. Ons raak stadig maar seker in sekere aspekte eners. Die musiek wat vanmore geluister word in England is ook die musiek wat ons vanmore luister. Die wedstryd wat in Australië uitgesaai en gespeel word is ook die wedstryd wat ons , dalk ‘n sekonde later op ons tv stelle sien en volg.

Soos grense tussen lande vervaag en tussen verskillende groepe, begin kulturele diversiteit ook vervaag. Makro en mikro kulture is inmekaar gevleg en veroorsaak diverse vlakke van interpretasie. Dit is nie vreemd dat as jy oorsee gaan en jy luister die musiek wat hulle luister dat dit dieselde musiek is wat vandag hier geluister word nie.

Share