IDENTITEIT-Week1-Dag1: Ons is beeld van God

Hoe stel jy jouself aan ander mense voor?

Gewoonlik gebruik ons die name wat ons by ons ouers gekry het.

“Aangename kennis, ek is Gerhard Bothma …”

Ons sal ook die plek of plekke waar ons grootgeword het en die skole waarin ons was in gesprekke oor wie ons is inbring.

Ook waar ons gestudeer het: “Eenmaal ‘n Tukkie, altyd ‘n Tukkie”, het óns dikwels gehoor.

Tydens ‘n besoek aan ‘n gemeente in die VSA gedurende 2007 het ‘n dominee iets gesê wat my in terme van my identiteit áltyd sal bybly.

Hy het gesê dat hulle in hulle gemeente die gewoonte ontwikkel het om hulleself op hulle voorname aan mense bekend te stel en dan te sê dat hulle christene is wat deel van hulle betrokke gemeente is.

Het jy al ooit daaraan gedink om jouself só bekend te stel?

In Genesis 1:26-27 leer ons dat ons onsself nie net in terme van ons naam en van, geboortedorp, bevolkingsgroep en nog ander gebruiklikhede moet bekendstel nie.

Jy hoef nie vir almal te sê jy is God se beeld wanneer jy jouself aan ander voorstel nie, want dit van ons álmal waar. Dis egter belangrik om te gló dat jy dit ís.

Ons moet onsself so gereeld moontlik daaraan herinner. Mekaar ook.

Het jy al behoorlik nagedink oor wat dit beteken dat jy beeld van God is?

Het jy al nagedink oor wat dit vir jou beteken en inhou?

En oor wat dit van jou vra?

Share
1 28 29 30