Week 9 – Dag 4/Day 4: Leef met hoop/Living with hope

Dietrich Bonhoeffer (1906-1945) het gesê…

Vir ons is daar slegs een smal weg wat oorbly. Dit is dikwels baie moeilik om te vind. Dit is om elke dag te lewe asof dit ons laaste is en om tog ook in die geloof en met verantwoordelikheid te lewe asof daar ’n groot toekoms is.

Jer 32:25: Gaan koop vir jou ’n stuk grond met silwer en sorg dat jy getuies het, en dít noudat die stad in die mag van die Galdeërs gegee is.

Die ekonome lees die geldmarkte en skryf lang kolomme in koerante oor wat ons met ons geldjies moet doen. Daar is beleggingsadviseurs wat ons help om ons aftrede in die fynste besonderhede te beplan.

Die finansiële adviesdienste van die Jerusalem sou waarskynlik eerder vir Jeremia adviseer om in die opkomende mark van die wêreldmag Babilonië te belê. Tog koop hy ’n stuk grond waar hy waarskynlik nooit ‘n boom sal plant, wingerde sal snoei of ‘n huis op sal bou nie – wat hy na alle waarskynlikheid nooit eens sal sien nie.

Jeremia se optrede lyk heeltemal dwaas. Binnekort sal die stad aan die Babiloniërs oorhandig word. Tog word hoop nie gebore deur na die omstandighede te kyk nie. Hoop word gebore wanneer ‘n mens God en sy planne raaksien en dan daaruit nuut na die omstandighede kyk. Hoop in God stel ons in staat om vandag te doen wat nodig is, omdat ons weet dat dit wat ons doen nie sinneloos is nie. Daar is ’n Griekse spreekwoord wat as volg lui: “’n Gemeenskap word buitengewoon wanneer ou manne bome plant waarvan hulle weet dat hulle nooit in die skaduwee daarvan sal sit nie. Hoop lê nie in ons historiese omstandighede nie, maar in God.

Here, leer my om vandag te doen wat U aan my gee om te doen, omdat U die bron van hoop is, in Jesus se Naam. Amen.

Dietrich Bonhoeffer (1906-1945) said…

There remains for us only the very narrow way, often extremely difficult to find, of living every day as though it were our last, and yet living in faith and responsibility as though there were to be a great future.

Jer 32: 5 And though the city will be handed over to the Babylonians, you, O Sovereign LORD, say to me, ‘Buy the field with silver and have the transaction witnessed.’”

Economists read the markets and write columns in newspapers about how we should invest our money. The investment advisors help us to plan our retirement in detail. The financial advice services of Jerusalem would most probably rather have advised Jeremiah to invest in the new emerging market of the world power of Babylonia. However, Jeremiah takes advice from God to buy property in a land where he probably would never plant a tree, prune a vineyard or build a house. Most probably, he would never live there.

Jeremiah’s act looks like complete foolishness. The city will soon be handed over to the Babylonians. However, hope is not based on circumstances. God’s command is more important than human considerations. Hope is born when we see God and his plans for the future en then look at or circumstances from a new perspective. Hope enables us to do what is necessary, because we know that what we do is not senseless. A Greek proverb goes like this, “A society grows great when old men plant trees whose shade they know they shall never sit in.” Hope is not in our historical circumstances, but in God. It is much better to invest in God’s future today.

Lord, teach me to do today what you have given me to do, because you are the source of all hope, in Jesus’ name. Amen.

 

Share

Week 9 – Dag 3/Day 3 – Hoop wat genoeg is/Hope that is enough

Walter Kaiser het gesê…

Probeer verstaan dat wanneer alle ander dinge verdwyn, slegs God oorbly (Maar dis genoeg! – AFN).

1 Kor 15: 54 “Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal.” 55 “Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?” 56 Die angel van die dood is die sonde, en die sonde kry sy krag uit die wet van God. 57 Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus.

Toynbee skryf dat die dood ’n on-Amerikaanse gedagte is. Ons verdring die dood uit ons huise deur mense in hospitale te laat doodgaan. Ernst Becker verwys na die manier waarop ons die dood uit ons taal verdryf. Hospitale praat nie van die dood nie, maar van “negative patient outcome.” Ons sukkel om hierdie vreemde indringer in ons suksesmaatskappy te akkommodeer.

Die oorwinning van Christus oor die dood bring ons egter tot rus. Ons mag, soos Paulus, spot met die dood, want dit het geen mag meer oor ons nie. Die sonde, wat die dood gevaarlik gemaak het, is oorwin. Selfs wanneer die kanker van die tyd die jare van my lewe insluk, behoort ek aan die Here (Jes 46:3,4). Selfs wanneer die donker engel van die dood my soos ’n skaduwee volg, is ek nie bang wanneer ek deur daardie donker dieptes hoef te gaan nie, want Hy gaan saam met my. Selfs al verloor ek alles wanneer ek doodgaan, is ek ryk, want ek is in die teenwoordigheid van God.

Matthias Claudius skryf: Wie ookal nie in Christus glo nie, moet maar self besluit hoe hy/sy sonder Hom kan klaarkom. Jy en ek kan dit nie doen nie. Ons het iemand nodig om ons op te tel en ons te bewaar terwyl ons lewe. Ons het iemand nodig wat ons kop in sy hande sal vashou wanneer ons sterf. Hy doen dit by uitnemendheid, volgens wat oor Hom geskryf is. Ons weet ook van niemand wat ons eerder sou verkies het om dit te doen nie.

Here, ons verbly ons in U, die Een wat ons in lewe en dood troos gee, om Christus se ontwil. Amen.

Walter Kaiser said…

Try to understand that when everything else passes away, only God is left (But that is enough! – AFN).

1 Cor 15: 54 “Death has been swallowed up in victory.” 55 “Where, O death, is your victory? Where, O death, is your sting?” 56 The sting of death is sin, and the power of sin is the law. 57 But thanks be to God! He gives us the victory through our Lord Jesus Christ.

Toynbee writes that death is an un-American idea! We push death aside in our homes by letting people rather die in hospitals. Ernst Becker (in The denial of Death) writes how we as modern Westerners attempt to evade the issue of death. Instead of death, hospitals speak about “negative patient outcome”. We have difficulty to accommodate the strange intruder in our success dominated society.

The victory of Christ over death brings us to rest. We can, like Paul, make fun of death, because it has no final power over us anymore. Sin, which made death dangerous, as been overcome. Even when the cancer of time swallows the years of life, I belong to the Lord (Is 43:3,4). Even if the dark angel of death is following me like a shadow, I will fear no evil when I have to go through this shadow, because God is with me. Even if I lose everything through death, I am wealthy and rich, because I am in the presence of God!

The great comforter Matthias Claudius wrote: Whoever will not believe in Christ must see how he can get along without Him. You and I can’t do that. We need someone to lift and keep us while we live, and to hold our head in His hands when we must die. He can do that superbly, according to what has been written about Him, and we know of no one whom we would rather have.

Lord, we rejoice in you, the one that gives is comfort in life and death, for the sake of Christ. Amen.

 

Share

Week 9 – Dag 2/Day 2: Hoop sonder ophou/Hope without end

Ps 6: 6 Iemand wat dood is, kan tog nie u Naam bely nie. Kan iemand in die doderyk U prys?

Iemand skryf dat ons na ons veertigste verjaarsdag oor die dood begin dink. Voor dit dink ons net oor die lewe en hoe om daarmee klaar te kom. Dit is natuurlik belangrik om oor die lewe na te dink. Dit is natuurlik belangrik om nie dinge uit te stel na môre nie, maar vandag ons liefde en waardering vir mense uit te spreek. Dit is egter net so belangrik om ons Christelike hoop te omhels en te bely. Ons moet ook aan die dood dink! Iemand het aan my gesê dat ons dalk eendag in die hemel sal wonder hoekom ons so baie vitamiene gedrink het om langer te lewe!   Christelike hoop is om te weet dat ons aan God behoort, selfs al sterf ons. Ons moet weer oor die groot waarheid nadink dat ons by God sal wees, en daarna mag uitsien (Fil 1:20-23)

Vir die Psalmdigter mag lof en vreugde dalk by die dood eindig, maar nie vir Christene nie. Ek haal nou een van die aangrypendste paragrawe aan wat ek nog gelees het. Herman Kohlbrugge het dit in die 19e eeu geskryf: Daarom, wanneer ek sterwe – maar ek sterwe nie meer nie – en iemand vind my skedel, laat hierdie skedel dan aan hom verkondig: ek het geen oë nie, nogtans sien ek Hom; ek het geen brein of verstand nie, nogtans ken ek Hom; ek het geen lippe nie, nogtans soen ek Hom; ek het geen tong nie, nogtans prys ek Hom saam met almal was sy Naam aanroep. Ek is ’n harde skedel, nogtans is ek sag gemaak en gesmelt in sy liefde. Ek lê hier buite in die begraafplaas, nogtans is ek in die paradys. Alle lyding is vergete. Dit is wat sy groot liefde vir ons gedoen het toe Hy die kruis vir ons na Golgota gedra het.

Here, aan U alleen my bring ek lof en dank, vir ewig, deur Jesus Christus ons Heer. Amen.

 

Ps 6: 5 No one remembers you when he is dead. Who praises you from the grave?

Someone writes that we only begin to think about death after the age of forty. Before that, we try to cope with life! Yes, it is important to think about life. It is important not to postpone the things we should do today. It is important that we should tell each other that we love one another and appreciate one another. Yet, we also need to revisit and embrace our Christian hope. We also have to think about death! Someone said to me that we might wonder one day in heaven why we took so many vitamins to live longer! Christian hope is to know that we will belong to God when we die! We should think again about the great truth that we would be with God, that we are looking forward to it!

The Psalmist believes that praise ends when we die. Christians believe that we will praise God even when we die. I am now quoting from one of the most beautiful paragraphs of Christian hop that I have read in my life. It was written by Herman Kohlbrugge in the 19th century: Therefore, when I die — although I no longer die — and someone finds my skull, that skull will preach to him, ‘I have no eyes, nevertheless I see Him; I have neither brain nor understanding, nevertheless I comprehend Him; I have no lips, nevertheless, I kiss Him; I have no tongue, nevertheless I sing His praise with all of you who call upon his name. I am a hard skull, nevertheless I have been wholly softened and melted by His love; I lie out here in the cemetery, nevertheless I am in paradise. All suffering is forgotten. That is what His great love did in us when He bore His cross for us to Golgotha.”

Lord, to you be the honour and praise for ever and ever, through Jesus Christ our Lord. Amen.

Share

Week 9 – Dag 1/Day 1 – Geloof en hoop/Faith and hope

George MacDonald (1824-1905) het gesê…

Om op hom te vertrou wanneer jy niks nodig het nie, wanneer alles goed gaan, mag dalk moeiliker wees as wanneer dinge verkeerd loop.

Ps 49: 16 Maar vir my sal God loskoop uit die mag van die dood; ek sal aan Hom behoort.

Ryk, arm, konings en knegte, presidente en werklose mense, mense met stringe titels en hulle wat geen opleiding ontvang het nie, sal uiteindelik dieselfde dood smaak. Dit herinner aan die woorde van die Prediker: Een en dieselfde lot tref almal: die regverdige en die goddelose, die goeie, die reine en die onreine, die een wat offer en die een wat nie offer nie. Soos dit met die goeie gaan, so gaan dit met die sondaar, soos dit gaan met die een wat ’n eed aflê, so gaan dit met hom wat weier om ’n eed af te lê (Pred 9:2).

Dit klink troosteloos! In een van die wonderlikste geloofsuitsprake in die Ou Testament, hoor ons hoe die digter bely dat hy ook in die dood aan God behoort. Ons moet onthou dat die mense van die Ou Testament nie van Jesus se opstanding geweet het nie. Die dood was vir hulle die einde van hulle lof en ’n verhouding met God. Jesaja sê: In die doderyk kan niemand U loof nie, geeneen wat dood is, kan U prys nie; niemand in die graf dink aan u trou nie! Net hulle wat nog lewe, kan U loof (Jes 38:18,19; sien ook Ps 6:6; 88:11-13). Ten spyte hiervan bely die digter me hoop dat God Hom te midde van die dood sal vashou.

Dit is geloof. Al is daar geen vooruitsig op beloning of hoop nie, bely ons dat ons aan die Here behoort. Dit is ons enigste troos in lewe en dood.

Here, dankie dat ek aan U behoort, deur Jesus Christus ons Heer.  Amen.

George MacDonald (1824-1905) said…

To trust in Him when no need is pressing, when things seem going right of themselves, may be harder than when things seem going wrong.

Ps 49: 15 But God will redeem my life from the grave; he will surely take me to himself.

Rich, poor, kings and servants, presidents and those who have no jobs, people with lots of titles and those who are uneducated will all die. It reminds us of the words of Ecclesiastes: All share a common destiny—the righteous and the wicked, the good and the bad, the clean and the unclean, those who offer sacrifices and those who do not. As it is with the good man, so with the sinner; as it is with those who take oaths, so with those who are afraid to take them (Eccl 9:2).

It is words with little comfort. In one of the most beautiful statements of faith, the poet confesses that he belongs to God even when he dies. We have to remember that the people of the Old Testament did not believe in the resurrection of Christ. Death meant the end of their praise and a relationship with God. Isaiah says: For the grave cannot praise you, death cannot sing your praise; those who go down to the pit cannot hope for your faithfulness. The living, the living—they praise you (Is 38:18,19; see also Ps 6:5; 88:10-12). In spite of this, the author confesses with hope that God will hold him even when he dies.

This is faith. It is to confess that we belong to God, even if there is no prospect of reward or hope. To belong to the Lord is our only comfort in life and death.

Lord, thank you that I belong to you, through Jesus Christ our Lord. Amen.

Share

Week 8 – Dag 5/Day 5: Die geheim/The secret

My geheim is dit: Ek bid (Moeder Teresa)

Ps 88:12: Word daar in die graf vertel van u troue liefde?

Alles is donker rondom jou (88:7). Jy voel lewensmoeg en ervaar nie dat daar enige onmiddellike uitkoms in die vooruitsig is nie. Jy ervaar dat God en jou eie mense ver van jou af staan (88:9,19). Jy voel verstote en radeloos (15-16). Die psalmdigter het nie meer raad nie (16). Hy is in ‘n doodloopstraat.

Hierdie psalm is een van die donkerstes. Anders as ander soortgelyke psalms, eindig dit nie met lof nie, maar met eensaamheid en uitsigloosheid. Te midde van hierdie verskriklike gevoel van die afstand tussen die digter en God, die gevoel van desperaatheid of daar ʼn sinvolle toekoms sal wees, bid hy tot God. Gebed is die diepste vorm van afhanklikheid en geloof. God alleen kan help! Daarom sê die digter ook: Here my God wat my altyd help (2). Die digter ryg vraag op vraag in oor God se trou in die lewe en die dood (11-15). Op hierdie vrae verwag hy nie positiewe antwoorde nie.

Die psalm nie sonder troos nie. Dit leer ons dat ons nie nodig het om toneel voor God te speel wanneer ons swaarkry nie. Ons mag al ons vrae, opstand en hopeloosheid voor die Here bring. Ons mag selfs met Hom baklei en stry oor ons lyding.

Vir Christene wat hierdie psalm lees, is daar nog ’n verdere punt van troos. Die wens van die digter dat sy gebed nie verniet sal wees nie (88:3), is reeds beantwoord. Ons lees die psalm na die dood en opstanding van Jesus. Onthou dat die Seun van God aan die kruis met ons plekke geruil het, sodat God nooit weer ver van jou en my sal staan nie. Al ervaar jy dus soms dat God afwesig is, kan jy gerus na die kruis kyk. Dit is die simbool van God se ewige nabyheid aan jou. Daarom kan Paulus op grond van die kruis sê: God is vir ons (Rom 8:31). Ons weet nou dat God beslis nie meer ver van ons af staan nie. Jesus het in ons plek God se verlatenheid gedra. Ons weet dat die dood ons nie meer van God se trou kan losruk nie, want selfs in die dood behoort ons aan Hom (Rom 14:7-9).

Is daar ’n groter troos in lyding?

Jesus, dankie dat U in my plek van God verlate was, sodat God altyd naby my kan wees. In die Naam van Jesus Christus. Amen.

My secret is this: I pray (Mother Teresa)

Ps 88: 11 Is your love declared in the grave, your faithfulness in Destruction.

Everything is dark around me (88:6). I feel tired of life and do not expect any outcome in the immediate future. I feel that God and my own people are far away (88:8,18). I feel abandoned and desperate (88:14-15).

This poet feels like many people feel today. He has no answers (88:15). He is in a dead end street. This psalm is one of the darkest. Unlike other similar psalms, it does not end with praise, but with loneliness and hopelessness. In the midst of this terrible sense of the distance between the poet and God, a desperate feeling that there is no future, he prays to God.

Prayer is the deepest form of dependence and faith. God alone can help! (88:1) The poet asks question after question about God’s faithfulness in life and death (88:10-14). He did not expect any positive answers to these rhetorical questions.

The psalm is not without comfort. It teaches us that we do not need to pretend before God when we suffer. We may bring all our questions, and hopelessness before the LORD. We may even protest with him and argue about our suffering.

For Christians who read this psalm, there is a further point of comfort. The desire of the poet that his prayer will not be on vain free (88:2), has been answered. We read the psalm after the death and resurrection of Jesus. Remember that the Son of God exchanged places with us on the cross, so that God will never far away from you and me. Although you may sometimes feel that God is absent, please feel free to look at the cross. It is the symbol of God’s eternal closeness to you. Therefore, according to Paul, we can say because of the cross: God is for us (Rom 8:31). We now know that God is definitely not far away either. Jesus bore the abandonment of God in our place. We know that death can no longer separate us from God’s faithfulness, because even in death we belong to Him (Romans 14:7-9). Is there a greater comfort in suffering?

Jesus, thank you that you were deserted by God in my place, so that God will alwys be close to me, in the Name of Jesus Christ. Amen.

 

Share

Week 8 – Dag 4/Day 4: Gebed en die regte fokus/Prayer and the right focus

Niemand het ooit uit sy hart gebid sonder om iets te leer nie – Ralph Waldo Emerson

2 Kor 1: 10 Dit is Hy wat ons uit so ’n groot doodsgevaar gered het en ons weer sal red. Op Hom is ons hoop gevestig: Hy sal ons ook verder red. 11 Daartoe werk julle mee deur vir ons te bid. So sal die gebede van baie ’n seën van God vir ons bring, en dan sal baie Hom vir ons dank.

Paulus het gesê dat die swaarkrydae in sy lewe hom geleer het om op God te vertrou (1:9). Sy fokus was nou op die reddende God wat hom in alle omstandighede hoop gee (1:10). Dan maak hy ’n baie belangrike opmerking: Daartoe werk julle mee deur vir ons te bid (1:11).

Daar is geweldig baie mense wat voel dat die lewe te veel geword het. Hulle sien geen uitkoms nie. Op een of ander manier kan ons gebede ’n groot verskil maak. Wanneer ons deur gebed by hulle omstandighede betrokke raak, werk ons mee aan die oplossing van die probleem.

Soms gebeur daar wonderwerke! Ja, ek weet dat dit ook waar is dat mense nie altyd gesond word nie. Hulle omstandighede verander nie noodwendig nie. Tog weet ons dat God deur ons gebedsbetrokkenheid die wonder kan werk dat hulle Hom in hulle omstandighede sal raaksien. Jy sien, gebed is tog om opnuut gefokus te word. Dis om saam met mense in moeilike omstandighede ons hoop op die reddende Heer te vestig. Die ontdekkingsreis van groei na ’n nuwe verstaan van God se teenwoordigheid behoort nie alleen aangepak te word nie. Laat ons mekaar deur gebed ondersteun. God sal op sy manier uitkoms gee en Hy sal gedank word (1:11).

Here, leer ons meer oor U deur gebed, sodat u Naam geëer sal word. Amen

No man ever prayed heartily without learning something – Ralph Waldo Emerson

2 Cor 1:10 He has delivered us from such a deadly peril, and he will deliver us. On him we have set our hope that he will continue to deliver us, 11 as you help us by your prayers. Then many will give thanks on our behalf for the gracious favour granted us in answer to the prayers of many.

Paul said that the difficult times in his life taught him to rely on God (1:9). His focus was now on the saving God who gave Him hope in all circumstances and who will always deliver him (1:10). Then he makes a very important remark: … as you help us by your prayers (1:11).

So many people feel that life became too much for them. They see no way out. However, our prayers can make a huge difference. When we involve ourselves through prayer in their circumstances, we help to reach a solution to the problem. Sometimes miracles happen. Yes, I know that people are not always healed. Their circumstances do not necessarily change. Yet we know that through our involvement in prayer God may bring about the miracle that we are able to see His presence in all circumstances. You see, prayer is to be focussed on God. It is to rely with those in difficult times on the saving Lord. The journey of growth to a new understanding of God’s presence does not have to be a lonely one. Let us support each other with prayer. God will bring deliverance in his way. He will be praised when we continue to pray for others (1:11).

Lord, teach us more about you through prayer, so that your name may be honoured, in Jesus’ name. Amen. .

Share

Week 8 – Dag 3/Day 3: Gebed en God se mag/Prayer and God’s power

Andrew Murray het gesê…

Wees veral versigtig wanneer jy bid om God te beperk. Ons doen dit nie noodwendig deur ongeloof nie, maar deur te dink dat ons weet wat hy kan doen.

Ef 3: 20 Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, 21 aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen.

Ek is seker dat ons nie perfek sal word in hierdie lewe nie. As dit so sou wees, sou Christus nie nodig wees nie. Dit is slegs in Hom dat ons vrygespreek, heilig en verlos is (1 Kor 1:30,31). Laat ons nooit enige eer vir onsself opeis nie.

Paulus se gebed vir die Efesiërs is ’n gebed vir hierdie reis van die gelowige. Hy bid dat die Gees ons innerlik sterk sal maak. Deur Christus sal ons in die liefde gewortel wees. Ons ontdek saam met ander gelowiges die grootheid van sy liefde. Paulus bid dat die volheid van God ons sal vul.

Is dit nie te veel gevra nie? Is dit regtig alles moontlik? Ja. Daar is egter een groot voorwaarde. Dit hang nie van ons af nie, maar van Hom wat baie meer kan doen as wat ons bid of dink! Nie jou gebrokenheid en sonde nie, maar sy onmeetbare krag is die sleutel. Laat ons God nie beperk nie! Hy sal baie meer doen as wat ons verwag! Sien jy kans daarvoor? Dis ’n avontuur wat ons nie mag misloop nie!

Here, neem ons op die avontuur van u onbeperkte moontlikhede, in Jesus se Naam.

 

Andrew Murray said …

Beware in your prayer, above everything, of limiting God, not only by unbelief, but by fancying that you know what He can do.

 

Ephesians 3: 20 Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to his power that is at work within us, 21 to him be glory in the church and in Christ Jesus throughout all generations, for ever and ever! Amen.

 

I am certain that we will not reach perfection in this world. If that had been the case, we would not have any use for Christ. It is only through Him that we are justified, holy and redeemed. Let us never boast in anything else!

Paul’s prayer for the Ephesians (3:14-21) is about the journey of a believer. He prays that the Spirit will give us inner strength. Through Christ, we shall be rooted and established. We will discover greatness of his love along with other believers. Paul prays that we might be filled with the fullness of God.

Is this not too much to ask? Is it possible? Yes. However, there is one condition. It does not depend on us, but upon him who is able to do immeasurably more than all we pray or imagine! Not our brokenness and sin, but his unlimited power is the key. Let us not limit God! He will do more than we expect. Are you ready for it? You should not miss this adventure!

Lord, take us on the adventure of your unlimited possibilities, in Jesus’ name. Amen.

Share

Week 8 – Dag 2/Day 2: Gebed en onbeperkte liefde/Prayer and unlimited love

Charles H. Brent (1862-1929) het gesê…

Dit maak ’n groot verskil in ons gevoel teenoor ander as hulle behoeftes en hulle vreugdes deur gebed op ons lippe is.

Rom 12: 10 Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld. 12 Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed. 13 Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid. 14 Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie. 15 Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur.

Onbeperkte liefde en gebed kan nie geskei kan word nie. Dit bring heling en eenheid in die kerk en samelewing.

Dit is opmerklik dat Paulus ook in Rom 12 gebed binne die konteks van konflik, vervolging en liefde noem. Om te volhard in gebed, help ons uiteraard om God se trou te bly raaksien, maar dit laat ons ook deur ander oë na ons verdrukking aan die hande van ander kyk. Gebed is nie ’n geïsoleerde kommunikasie nie, maar lei tot dade van liefde (12:10), soos gasvryheid, hulp aan mense in nood, seën aan die mense wat ons vervolg (12:13). Wanneer ons alle mense se behoeftes en vreugdes in gebed onthou, selfs hulle wat ons verdruk en vervolg, is ons saam met hulle bly wat bly is en treur ons saam met hulle wat treur (12:14,15). Tereg sê Charles Brent dat dit ’n groot verskil in ons houding teenoor mense maak wanneer ons vir hulle bid. Die teendeel is ook waar, sê Brent verder. Dit maak ook ’n groot verskil “in hulle houding teenoor ons as hulle weet dat ons die gewoonte het om vir hulle te bid.” Dit sal hulle slegs weet as egte liefde uit ons gebede voortkom.

Gees van God, laat ons liefde en gebede ons nader aan ons medemens bring, deur Jesus Christus ons Heer. Amen.

Charles H. Brent (1862-1929) said…

It makes a great difference in our feelings towards others if their needs and their joys are on our lips in prayer.

Rom 12: 10 Be devoted to one another in brotherly love. Honour one another above yourselves. 12 Be joyful in hope, patient in affliction, faithful in prayer. 13 Share with God’s people who are in need. Practice hospitality. 14 Bless those who persecute you; bless and do not curse. 15 Rejoice with those who rejoice; mourn with those who mourn.

Unlimited love and prayer cannot be separated. It brings healing and unity in church and society.

It is remarkable that Paul mentions faithful prayer in Rom 12 in the context of conflict, persecution and love. To be faithful in prayer obviously helps us to focus on God’s faithfulness, but it also makes us look at those who are giving us a hard time with different eyes. Prayer is not isolated communication, but leads to acts of love (12:10), like hospitality, sharing with others in their need, and blessings to those who persecute us (12:13). When we remember in prayer the needs and joys of all people, even those who oppress and persecute us, we rejoice with them when they rejoice, and mourn with them when they mourn (12:14,15).

Charles Brent rightly says that it makes a great difference in our attitude to others when we pray for them. It is also true, says Brent that “it makes a vast difference in their feelings towards us if they know that we are in the habit of praying for them.” They will only know this when sincere love accompanies our prayers.

Spirit of God, let our love and prayers bring us closer to our fellow human beings, through Jesus Christ our Lord. Amen.

Share

Week 8 – Dag 1/Day 1: Die krag van voorbidding/The power of intercession

Charles H. Brent (1862-1929) het gesê…

Daar is geen breuk in die gemeenskap wat nie kragtig en permanent oorbrug kan word deur voorbidding nie. Daar is geen dispuut of haat wat nie deur dieselfde beoefening van liefde gesond gemaak kan word nie.

Luk 6: 27 “Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word; 28 seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word.

Hoewel Christene deur die Gees van God aan mekaar verbind is en hulle deur die krag van die Gees in die samelewing behoort te lewe, kom daar steeds konflikte. Dit moet sonder twyfel aan ons eie sonde toegeskryf word. Soos die Gees en ons sondige natuur in ons persoonlike lewe ’n stryd voer, is daar ook ’n stryd tussen die Gees en die sondige natuur in die geloofsgemeenskap en samelewing.

Jesus se woorde verbind liefde en gebed (6:27,28). Hierdie liefde is onbegrens. Dit vra nie na die kwaliteite van die ander party nie. Inteendeel, die Christelike liefde se uitstaande kenmerk is dat dit juis vyande liefhet. Daarom trek ons in ons gebede ook nie grense nie. Elke mens, selfs hulle wat ons sleg behandel, is op ons gebedslys, want elke mens, selfs ons vyande, is op ons liefdeslys. Onbeperkte liefde is die motivering vir ons gebede. Grenslose gebed dra hierdie liefde.

Dis nie ’n droom nie. Dis die enigste manier waarop daar heling en genesing in die kerk en samelewing kom.

Gees van God, vul ons met onbeperkte liefde en gebede, sodat die kerk en ons samelewing geheel kan word, in Jesus se Naam. Amen.

Charles H. Brent (1862-1929) said…

There is no chasm in society that cannot be firmly and permanently bridged by intercession; there is no feud or dislike that cannot be healed by the same exercise of love.

Luke 6: 27 “But I tell you who hear me: Love your enemies, do good to those who hate you, 28 bless those who curse you, pray for those who mistreat you.

Although the Spirit binds Christians together in the church and although they live in the power of the Spirit in society, conflicts still arise. Without any doubt, it must be ascribed to our sin. Just as there is a constant struggle between our sinful nature and the Spirit in our personal lives, there is also a struggle between the Spirit and the sinful nature in the faith community and society in general.

Jesus’ words bind love and prayer together (6:27,28). This love is without borders. It is not concerned about the character of the object of our love. On the contrary, the extraordinary aspect of our Christian love is that we love enemies. Therefore we exclude nobody in our prayers. Every person, even those who mistreat us, is on our prayer list, because every person, even our enemies, is on our love list. Limitless love is the motivation for our prayers. Limitless prayers carry this love.

This is not a dream. It is the only way to bring healing and unity in the church and society.

Spirit of God, fill us with unlimited love and prayers, so that the church and our society may become whole, in Jesus’ name. Amen.

 

Share

Week 7 – Dag 5/Day 5: Hoe sal die wêreld weet?/How will the world know?

Henry Drummond het gesê…

Wanneer jy eendag op jou lewe terugkyk, sal jy ontdek dat die oomblikke toe jy werklik geleef het, die oomblikke was toe jy dinge in die gees van liefde gedoen het

Joh 13:1,34,35: Hy het sy eie mense wat in die wêreld is, liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste toe liefgehad. Ek gee julle ’n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”

Net nadat Jesus sy dissipels se voete gewas het en hulle die opdrag gegee het om dieselfde gesindheid teenoor mekaar te betoon (Joh 13:1-17), praat hy met hulle oor hulle getuienis in die wêreld.

As jy Jesus was en jy laat jou dissipels binnekort agter, wat sou jou opdrag aan hulle wees? Hoe sal die wêreld weet dat hulle navolgers van Jesus, die voetewasser, die dienskneg, die Heer is? Sal jy die opdrag gee dat hulle wonderwerke moet doen? Sal jy die opdrag gee dat hulle evangelisasieveldtogte moet hou?

Jesus gee die antwoord. Liefde vir mekaar is die daadkrag van die navolgers van Jesus (13:34-35). Nie vissies op ons karre of groot wonderwerke of indrukwekkende gawes van die Gees nie, maar liefde. Hierdie liefde is nie vaag of onbegryplik is nie. Die basiese kenmerk van die liefde waarvan Jesus praat, is dat die soos Jesus se liefde moet wees. Dit sou vreemd wees as Jesus se liefde vir ons net ’n emosie was wat op geen dade uitgeloop het nie. Nee, sy liefde is dade.

Uit die konteks van Johannes 13 beteken sy liefde algehele diens. Dit beteken dat Petrus, die onbetroubare een, die een wat nie sy woord kan hou nie, bedien word. Johannes sê dat Jesus reeds geweet het dat Judas Hom sou verraai (13:2). En tog was hy sy voete ook. Selfs die mees verraderlike persoon word ’n voorwerp van liefde.

Ja, Jesus se liefde is uiteraard diens aan ons. Dit beteken dat ons eer, status of belangrikheid nooit voor diens aan mekaar mag kom nie. Dit beteken egter meer. Hierdie diens en liefde word sonder voorbehoud aan elke mens betoon. Hierdie liefde vra nie of die ander party dit verdien nie. Dit word gewoon betoon.

Ek weet nie wat mense aan jou gedoen het nie en hoeveel maal hulle jou verraai en hoe dislojaal hulle aan jou was toe jy hulle nodig gehad het nie. Ek weet net dat Jesus sy mense tot uiterste toe liefgehad het (Joh 13:1) – Judas en Petrus ingesluit.

Here, leer my dien en liefhê soos U, sonder inagneming van die persoon, deur die krag van u Gees. Amen.

Henry Drummond said…

You will find, as you look back upon your life that the moments when you have truly lived are the moments when you have done things in the spirit of love.

Just after Jesus washed the feet of his disciples and gave them the command to show the same attitude to one another (13:1-17), He speaks to them about their witness in the world.

If you were Jesus and was at the pint of leaving your disciples behind, what would your command be? How would the world know that they are followers of Jesus, the man washing feet, the servant, the lord? Would you have given them the command to do miracles? Would you have told them to organise crusades and huge rallies?

Jesus gives the answer. Love is the answer. Love is the powerful deeds of the followers of Jesus (13:34-35). Not symbols on our cars of great miracles of impressive gifts of the Spirit, but love. This love is not vague or incomprehensible. The basic characteristic of this love is that it should be like the love of Jesus (13:34). It would have been strange if Jesus’ love were just an emotion that leads to no deeds. No, his love is deeds.

From the immediate context of John 13, his love is complete service. It means that Peter, who would deny Him, the man who could not keep his word, should be served. John says that Jesus already knew that Judas would betray Him (13:2). But he also washes his feet. Even the most treacherous person is an object of love.

Yes, Jesus’ love means that He served us. It means that our honour, status or importance should never stand in the way of serving one another. But it means much more. This service and love is shown unconditionally to all people. This love and service do not ask whether the other person deserves it. It is just given to all people.

I don’t know what someone did to you and how many times this person betrayed you, or broke his/her word, or has been disloyal to you when you needed him/her the most. I just know that Jesus showed them the “full extent of his love” (13:1) – including Judas and Peter.

Lord, teach me to serve and love the way you do, without any condition, by the power of your Spirit. Amen.

 

Share
1 2 3 5