Preekvoorstelle vir Heelheid/Sermon Outlines

Week 9: Heel mense het ’n sosiale gewete

Tema: Egte liefde

Perikoop: Eksodus 20:1-20.

Skopus: Ons reageer positief op die genade en bevryding van die Here as ons mense liefhet en dien. Dit beteken om af te sien van alles wat die lewe en verhoudinge tussen God se mense vernietig.

Opmerkings oor die teks

Dis onmoontlik om aan al die gebooie aandag te gee. Die fokus van hierdie opmerkings is om die eenheid tussen liefde vir God en ’n sosiale verantwoordelikheid te benadruk.

Die Tien Gebooie word doelbewus binne die konteks van ’n teofanie geplaas. Eks 20:18-20 vertoon heelwat karaktertrekke van die normale teofanieë. ’n Ander voorbeeld waar aspekte van die Tien Gebooie in die konteks van ’n teofanie voorkom, is Ps 50.

Volgens sommige geleerdes was Israel se aanbidding die primêre lewenskonteks vir die gebooie van Israel. Natuurlik is dit ook daarbuite gebruik (Sien ook 24:12 vir die kategetiese gebruik daarvan). Ook die profete haal dit aan (Jer 7:9 en Hos 4:1,2).

Die eerste vyf gebooie van die Tien Gebooie word gekenmerk deur die vyfvoudige gebruik van die uitdrukking: ‘die Here jou God.’ In die laaste vyf gebooie word geen verwysing na die Here gemaak nie. Dit het die gedagte laat ontstaan dat die eerste deel van die Tien Gebooie uniek aan Israel was, terwyl die tweede deel universeel in die Ou Nabye Ooste aangetref word. Slegs in Israel word die tweede aspek van die Tien Gebooie egter as vrug van God se opdrag en bevryding gesien.

Die bevryding uit Egipte dien as begronding vir die daaropvolgende gebooie. Die hele verhouding tussen die indikatief (toesegging) en imperatief (opdrag) word hier aan die orde gestel. Ongelukkig is die skeeftrekking van hierdie verhouding die oorsaak van baie probleme in die lewe van gelowiges. Dit is uit die Skrif baie duidelik dat die een nie sonder die ander sin maak nie.

Dit is ook gevaarlik om van ’n sogenaamde ‘balans’ tussen die indikatief en imperatief te praat. Hiervolgens moet ons dan praat van God se genade EN die mens se verantwoordelikheid. Die een hang dan later van die ander af. As ons … sal God. As God… moet ons. Wanneer ’n mens so oor die verhouding tussen indikatief en imperatief begin dink, is die gevaar van die skeeftrekking tussen regverdiging en heiliging ook lewensgroot. Daarom is dit belangrik om ’n paar belangrike sake te onthou.

Eerstens rus die imperatief in die indikatief. Hierdie indikatief is gewoonlik die dade van God in die verlede wat uitgeloop het op die kruis en opstanding van Christus.

Dit is slegs as ons die toesegging van God se genade ernstig neem dat die imperatief nie as ’n wet gesien word nie, maar as ’n dankbare reaksie wat veroorsaak word deur die indikatief. Iemand het dit goed uitgedruk toe hy gesê het: as jy van ’n slang bevry is, sal jy dit nie weer omhels nie!

Tweedens moet daar gewaak word teen die indikatief sonder die imperatief. Wie slegs die toesegging van God se genade verkondig, sonder om die verbintenis wat daarmee saamgaan te beklemtoon, verval maklik in ’n eensydige, universalistiese teologie.

Derdens moet daar ook gewaak word teen die verkondiging van die imperatief sonder die indikatief. Wie dit só doen, moet weet dat hy of sy nie meer met die evangelie besig is nie, maar met wettisisme wat uit enige ander boek verkondig kan word. ’n Mens het nie die Bybel nodig om ’n moralistiese boodskap oor te dra nie. Jy kan enige mooi boekie gebruik om moralisties te word. Wie die Woord van God verkondig, handhaaf die eenheid van die indikatief en imperatief. Dit was Calvyn wat gesê het dat ’n mens nie op grond van jou dade gered word nie … maar ook nie daarsonder nie! Verbintenis aan bevrydende God is wesenlik deel van die verbond.

Hierdie teks hou natuurlik baie in vir die debat oor Christelike spiritualiteit. Die Eksodus- en Christus gebeure is die agtergrondmusiek in die hele Bybel wanneer die verhouding tussen God en sy mense, sy mense en die nasies, natuur, vreemdelinge en hulle volksgenote aan die orde gestel word. So kom die Eksodus gebeure ter sprake by kinderopvoeding (Deut 6:20-22), hulle kontak met vreemdelinge, weduwees, wese en die waarheid (Lev 19), wanneer hulle nadink oor sy trou, ten spyte van hulle sonde (Ps 106:7-8,43-46), hoe hulle sy eiendom geword het (Ps 114:1,2), wanneer God hulle tot orde roep (Miga 6:3,4,8) en van plan verander wanneer Hy hulle wil straf (Hos 11:1,8-9).

Dit gaan in die Tien Gebooie nie om individualistiese sake nie, al word die individu aangespreek. Dit gaan in die Tien Gebooie oor die welsyn van die gemeenskap. Mense word beskerm teen gedrag wat oor die potensiaal beskik om die gemeenskap en gemeenskapsbande te vernietig.

Natuurlik veronderstel die negatiewe bevele ook ’n positiewe keersy. Om geen vals getuienis te lewer nie, veronderstel opbouende woorde ten opsigte van jou naaste. Om nie dood te maak nie, veronderstel die behoud en beskerming van alle lewe. Die weerhouding daarvan om die Naam van die Here te misbruik veronderstel lof aan God, die heiliging van sy Naam. Dit gaan hier oor die persoonlike aanspraak van God op mense se lewens ogv die bevryding.

Net so word daar in die Nuwe Testament op grond van die Christus gebeure ’n bepaalde spiritualiteit geskets wat by bevryde mense pas. Rom 12 skets hierdie spiritualiteit. Die ontferming van God dien as basis vir ’n lewe wat soos ’n offer vir God en jou medemens verbrand word. God as bevryder is die basis van ’n bevryde lewe, maar ook van ’n bevrydende lewe in diens van jou medemens wie se welsyn bedreig kan word of reeds bedreig word. Uiteraard word die onskeibaarheid van ons verhouding met God en ons medemens ook hierdeur aangeraak. Geen mens kan sê hy of sy het God lief, maar nie ook lief wees vir ander nie (1 Joh 4).

Lojaliteit teenoor God het implikasies vir lojaliteit en sorg teenoor ander. Eintlik gaan dit hier om die diepste en belangrikste van alle gebooie, naamlik liefde. Liefde word sigbaar in ons daaglikse kontak met ons medemens. Die wet van die liefde word in die Tien Gebooie geradikaliseer in die verskillende lewenskontekste van ons verhouding met God, geld, gesag, besittings, verhoudings, waarheid, lewe …Die verlossing laat ons telkens nuwe moontlikhede raaksien om God en ons medemens. Die Tien Gebooie plaas alle ‘issues’ op die tafel wat God en sy skepping bedreig. Die regte van die natuur, vroue, slagoffers van persoonlike en strukturele geweld, aborsie, die onreg van rassisme én regstellende aksie, belastingontduiking, bedrog, materialisme, lotery en dobbelary is die moderne vorme van die gebooie. Dit daag ons uit om ’n sosiale gewete te hê.

Voorstel vir ’n preek

Inleidend kan verwys word na ervarings wat baie mense uit hulle kinderdae kan onthou. In ons ouerhuis was daar ’n geweldige respek vir die Bybel as boek. Ons is nie toegelaat om enigiets op die Bybel neer te sit nie (veral nie ’n asbakkie nie!), omdat dit die Woord van God is. Ook die kerkgebou is gesien as die huis van God. Daar dra jy bepaalde klere, sit jy stil en praat jy (as dit moet!) baie sag. Hierdie soort vroomheid is natuurlik nie net negatief nie. Ons voorouers het ontsag vir God gehad. In ’n sekere sin mis ons deesdae so ’n bietjie van hierdie vroomheid.

In ’n tweede gedeelte sou verwys kon word na die reaksie van die volk op die woorde van God in die Tien Gebooie . Die teofanie by Sinai vul die mense met soveel angs dat Moses vir hulle moet intree. Moses sê dan dat hulle nie bang hoef te wees nie, maar dat God wil hê dat hulle ontsag vir Hom moet hê.

Wat is ontsag vir God? Wat is dit om Hom te vrees? Is dit om so bang te wees vir Hom dat jy sy Woord respekteer en ver van Hom af moet bly? Is dit om niks op ’n Bybel neer te sit, reg aan te trek kerk toe of stil te sit in die kerk? Klaarblyklik is ontsag vir Hom baie meer as dit.

Die prediker kan dan aandui dat ontsag vir God word in Eks 19-24 as ’n intieme verhouding met God uitgebeeld word. Die doel van God se selfverklaring in Eks 19-24 is dat die volk sal ontdek wie hulle is en watter implikasies dit vir hulle lewe het. ’n Paar gedagtes kan dalk rigting gee vir die prediking:

  1. Ontsag vir God word gekweek wanneer ’n mens sy liefde leer verstaan. Die Here se selfverklaring in die Tien Gebooie benadruk dat Hy die Bevryder uit slawerny is. Oor die belangrikheid van hierdie motief in die Ou Testament kan die prediker behoorlik uitbrei. Luther het gesê dat ’n mens bo aan elke gebod eers die woorde moet lees: ek is die Here jou God wat jou bevry het! Dit is die basis, die motivering, die wegspringblokke vir ’n lewe in diens van God en die medemens. Natuurlik behoort die prediker die Christus gebeure as basis vir die Christen se vryheid en liefde hier te beklemtoon. Die Tien Gebooie is nie soos tien honde wat knor as jy wil beweeg nie. Dat die Heidelbergse Kategismus die Tien Gebooie onder die afdeling van dankbaarheid behandel, beklemtoon die funksie daarvan ons ons lewe.
  2. Ontsag vir God is nie in die eerste plek ’n gesindheid of houding nie. Ontsag vir God is ’n leefwyse. ’n Mens kan God respekteer, sonder om Hom lief te hê. ’n Mens kan sy Woord respekteer deur niks daarop neer te sit nie, sonder om te doen wat Hy daarin vra. Ontsag vir God beteken om as bevryde mens te lewe volgens die wil van God. Hierdie wil van God sluit ons verhouding met Hom, ons medemens, die natuur, ons besittings en onsself in. ’n Verwysing na die teofanie van Ps 50 en die byhaal van die voorskrifte van die Tien Gebooie in daardie konteks, beklemtoon dat ontsag vir God se Woord baie meer is as kennis daarvan. Die prediker kan die ‘issues’ van die dag hier op die tafel sit. Miskien kan die prediker hier ’n koerant gebruik om Tien Gebooie in die hedendaagse sake te ‘vertaal’, of ’n ‘eie’ Eks 20 skryf.

God vra van sy kinders ’n verbintenis om van die wêreld ’n plek te maak waar sy bevryding sigbaar sal wees. God vra van bevryde mense om deur hulle liefdevolle optrede bevrydend op te tree waar die sonde nuwe slaweboeie in gemeenskappe tot gevolg het.

Nog iets om oor na te dink

Die aangrypende verhaal wat Piet Naudé is sy boek, Stories vir elke dag, opgeteken het kan vertel word. Petrov was die ‘getroue kerkganger’. Daarin word vertel van ’n brandarm houtkapper, ‘n godvresende mens, wat skielik minder in die kerk gesien is. Later het die gemeenskap begin skinder omdat hy selfs op ’n Sondagoggend met sy kat in die bos ingegaan en die aand daarsonder teruggekom het. Hulle het geglo dat hy met Satansdinge besig was. Na ’n waarskuwingsbrief van die predikant, is Petrov onder sensuur geplaas en later afgesny uit die gemeente. Na sy dood het dit geblyk dat hy melaatse mense in die bos versorg het, sy kat vir hulle geneem het om te streel en ’n skuiling vir hulle gebou het. Hy was bang dat hy die dorpsmense sou aansteek en het daarom nie meer in die kerk gekom nie. In die brief wat deur die prokureur na sy dood aan die predikant oorhandig is, sê hy dan: ‘Ek vra om vergifnis vir my gedrag. Ek vra julle om tog asseblief na my dood voort te gaan om die melaatses te versorg en my katte kos te gee.’ Dít is ontsag vir God!

Antoine de Saint-Exupéry het tereg gevra watter waarde ons liefde vir God en ons godsdiens het as ons nie kans sien om die voorwerp van dié liefde, ons naaste, in ons arms vas te druk nie?

Moontlike hulpmiddel(s)

Kyk na hierdie eenvoudige video wat die eenheid tussen liefde vir God en mekaar uitdruk: https://www.youtube.com/watch?v=VlbnaOV8Ehk

Week 9: Healed people have a social conscience

Theme: Sincere love

Passage: Exodus 20:1-20.

Main focus: We respond positively to God’s grace and liberation if we love people and serve them. It means to reject everything that destroys life and relationships between God’s people.

Comments on the passage

It is not possible to address all the commandments with the space available. The focus of these comments is the unity between love for God and social responsibility.
TheTen Commandments are intentionally placed within the contextofatheophany.Exodus 20:18-20showsseveralcharacteristicsofnormaltheophanies. It is similar to another example in Psalm 50,whereaspectsoftheTen Commandments occur in thecontext of atheophany.

According to some scholars, Israel’s worship was the primary life context for the commandments of Israel. It is obviously also used outside this context (see also 24:12 for catechetical use). The prophets also quote it (Jeremiah 7: 9 and Hosea 4: 1,2).

The first five commandments of the Ten Commandments are characterised by the five-fold use of the phrase, “the Lord your God.” In the last five commandments there is no reference to God. This fact gave rise to the idea that the first part of the Ten Commandments was unique to Israel, while the second part was universally used in the Ancient Near East. However, we should keep in mind that the second part of the Ten Commandments is seen only in Israel as fruit of God’s command and liberation.
The liberation from Egypt serves as basis for the subsequent commands.

The relationship between the indicative (the gift) and imperative (the command) is dealt with in this section of Scripture. Unfortunately, the distortion of this relationship is the cause of many problems in the life of believers. From Scripture it is very clear that one does not make sense without the other. It is dangerous to seek a so-called “balance” between the indicative and imperative. If we speak about balance, we begin to speak of God’s grace AND human responsibility. The one depends on the other. If we … God will. If God … we should. The risk of distortion between justification and sanctification is a possibility when we have such a view on the relationship between indicative and imperative. Therefore it is important note of a few pointers in this matter.

Firstly, the imperative rests in the indicative. This indicative is the work of God in the past that resulted in the cross and resurrection of Christ. Only if the gift of God’s grace is taken seriously, the imperative will not be seen as a law, but as a response of gratitude caused by the indicative. Someone expressed it very well: When you have been freed from a python, you will not embrace it again!

Secondly, we should guard against the indicative without the imperative. If we preach the gift of God’s grace, without emphasizing the commitment that goes with it, the result is a one-sided, universalist theology.

Thirdly, we should also guard against preaching the imperative without the indicative. If we do it this way, we are no longer preaching the gospel, but legalism that can be preached from any other book. A person does not need the Bible to convey a moralistic message. You can use any nice little book to be moralistic. If we preach the Word of God we need to maintain the unity of the indicative and imperative.

The preaching of the Ten Commandments emphasises this fact. The liberation is God’s free act of grace. Calvin said that we are not saved because of your deeds, but also not without it!

This passage obviously leads us into the debate on Christian spirituality. The Exodus and Christ events form the background music in the Old and New Testaments when the relationship between God and his people, the nations, nature, strangers and people is discussed. For example, raising children is mentioned in the context of the Exodus (Deuteronomy 6:20-22). The Exodus is mentioned in their contact with strangers, widows, orphans and the truth (Lev 19), the praise of his love in the temple (Ps 136: 10-16) when they think about his faithfulness in spite of their sin (Psalm 106: 7-8,43-46), how they became his possession (Psalm 114:1,2), when God tells them how to live (Micah 6: 3,4,8) and how the Lord changed is mind while they deserved punishment (Hosea 11:1,8-9).
The Ten Commandments is not about individualistic affairs, addressed only to the individual. The Ten Commandments is about the welfare of the community. It protects against behaviour that has the potential to destroy the community and relationships in the community.

The negative commands also have a positive counterpart. If you do not give false testimony, you supposedly speak positive words regarding your neighbour. If we do not kill, it assumes that we choose for the preservation and protection of all life. The opposite of misusing the name of the Lord is to praise God and to sanctify his name. The Commandments are about the personal claim of God on us on the basis of the liberation.
Similarly, the Christ event provides the foundation for a specific kind of spirituality of liberated people. Romans 12, for example, outlines this spirituality. The mercy of God is the basis for a life as a sacrifice to God and our fellow human beings. God as liberator is the basis of a liberated life, but also a liberating life in service of our fellow beings whose welfare might be in jeopardy or has already been threatened. The inseparability of our relationship with God and our fellow human is therefore affirmed. No one can say he or she loves God, but hate his or her brother (1 John 4).

Loyalty to God has implications for loyalty and care towards others. Basically, it involves the deepest and most important of all commandments, love. At the heart of love is that is should be visible in our daily dealings with our fellow human beings. The law of love is radicalised in the Ten Commandments in the different life contexts of our relationship with God, money, power, possessions, relationships, truth and life. Salvation always enables us to see new opportunities to serve God. The Ten Commandments place all “issues” on the table that threaten our service to God and his creation. The rights of nature, women, victims of personal and structural violence, abortion, the injustice of racism, tax evasion, fraud, materialism, lottery and gambling are addressed by these commandments. It challenges us to have a social conscience.

Proposal for a sermon

As introduction one could refer to experiences that many people have about their childhood. In our home there was a tremendous respect for the Bible as a book. We were not allowed to place anything on the Bible, because it was the Word of God. The church building was the house of God and we had to wear specific clothes when we went there. We had to sit quietly and speak very softly (only if we had to talk). This kind of piety is not totally negative. Our parents and grandparents had respect for God. I think we lack a bit of this respect and awe nowadays.

In a second part one could refer to the response of the people to the words of God in the Ten Commandments. The theophany at Sinai filled the people with so much anxiety that Moses had to intercede for them. Moses told them not to be afraid. God wants them to revere him.

What is respect for God? What is it to fear him? Does it mean that we should respect his word and stay away from Him? Is it to put nothing on a Bible, dress appropriately for worship or be quiet in church? Clearly, awe of Him is much more than that.

The preacher could then indicate that fear of God in Exodus 19-24 is portrayed as an intimate relationship with God. The purpose of God’s own statement in Exodus 19-24 is that the people would know who they are and what implications this identity has for their lives. A few thoughts may give direction to the listeners:

  1. Reverence for God is the product of understanding his love for us. God’s own statement in the Ten Commandments emphasises that He is the liberator from slavery. Luther said that we should read the following words before each of the commandments: I am the Lord your God, who saved you! This is the basis, the motivation, the launching pad for a life of service to God and our neighbours. If we misunderstand God’s love for us, we will live in fear and try to be obedient to the law as something that we have to do to win God’s favour. When would we have done enough? The sermon should obviously also focus on the Christ event as the basis for the Christian’s freedom and love. The Ten Commandments is not like ten dogs growling if you make the wrong The Heidelberg Catechism says that the Ten Commandments are about gratitude, about the way we respond to God’s grace.
  2. Reverence for God is not first and foremost a disposition or attitude. Fear of God is a way of life. One could respect God, without loving him. One respects God’s word by doing it, not by respecting it as a book. Reverence for God means to live according to the will of God because we have been set free. This will of God includes our relationship with Him, our fellow human beings, nature, our possessions and ourselves. Psalm 50 as a theophany using some of the Ten Commandments could be a helpful illustration. It says that respect for God’s Word is much more than a mere knowledge of it. Perhaps the preacher could use newspaper articles to “translate” Exodus 20 to the listeners. God requires a commitment to the world so that it will become a place where his liberation will be visible. God asks, requires liberated people to be liberating by their loving actions in order to break the shackles of slavery caused by sin in communities.

Something else to think about

Petrov, a very poor woodcutter, was a very faithful churchgoer, and always loved God. He went to church every Sunday, but one day people saw that he did not turn up. One Sunday, just before the service commenced, some members of the congregation saw him walking into the forest. In the evenings, after church, they saw him coming back from the forest. This happened Sunday after Sunday.

The people in town also experienced that he was avoiding them. As a very poor man, he sold the wood that he gathered from the forest every day. Normally, when he brought his wood to be sold, he spoke to everybody. Now he was not doing it anymore.

People started to wonder about him. What is he doing in the forest? When one of the elders saw Petrov going into the forest with a black cat under his arm, hell broke loose. He went into the forest with the cat, and came back without it. He is certainly involved in Satanism, they thought. They were sure that the poor animal was sacrificed.

They decided to write a letter to Petrov. He had to repent from his wicked ways. If he did not turn away from his wicked ways, he would be disciplined. He should remember that he would need the church when he dies. Petrov just continued with the strange behaviour. Everybody was shocked about the lack of remorse. Then Petrov died. They refused to give him a church funeral. The neighbouring town said that he could be buried in their cemetery.

Shortly after his death an attorney brought a letter to the minister of the church. It was a letter from Petrov. He wrote. “I am sorry that I had to leave the church. It happened like this: one day, while I was gathering wood in the forest, I saw a group of lepers. They were hiding in the forest and had no one to look after them. They were not allowed to come closer to the town. On Sundays, I took food for them to eat. During the week, I built a shelter for them. I also could not go to the town anymore, because I was afraid that I would transmit this contagious disease to the rest of the town. Oh yes, and I heard about the cat. You see, the lepers, ill people, needed to hold something, to touch something, something that would not be afraid of them. This is why I took the cat to them.”

Antoine de Saint-Exupéry asked rightly what value our love for God and our religion has if we are not able to embrace our neighbour, the object of our love.
Possible Resource(s)

Look at this very good and simple video clip expressing the unity between love for God and each other: https://www.youtube.com/watch?v=VlbnaOV8Ehk

Week 8: Heel mense het enkelvisie

Tema: Onverdeelde liefde

Perikoop: Gen 22:1-14

Skopus: God toets ons sodat ons Hom onvoorwaardelik kan vertrou en bo alles kan liefhê.

Opmerkings oor die teks

Die verhaal van Abraham word gekenmerk deur konstante spanning. Gen 22 is sekerlik die strafste toets vir die gehoorsaamheid aan God. Die hele Abraham-verhaal is egter een van toetsing. Hy moes sy land verlaat en moes God se beloftes ernstig neem toe daar fisies geen moontlikheid vir ’n nageslag was nie. Daarom het hy soms in twyfel verval en soms selfs die Here se woord geminag deur te lieg (Gen 12:10-20; Gen 15). Soms het hy en Sara hulle eie planne gemaak (Gen 16) en soms was God se belofte niks anders as belaglik soos ’n grap nie (Gen 17,18). Op ’n keer moes Abraham selfs sy geliefde kind laat gaan omdat sy vrou nie vrede gehad het dat daar nog ’n moontlike erfgenaam kon wees nie (Gen 21). Maar nou is dit die ergste toets vir sy geloof.

Die inleidende vers van die gedeelte gee reeds die storie weg. Dit gaan oor ’n geloofstoets. Dit nie korrek om te beweer dat God nie sy eie opdrag baie ernstig opneem omdat Hy die uitkoms sou gee nie. Vir Abraham is die toetsing ’n doodsaak. Abraham moes homself afsny van sy hele verlede in Gen 12. Nou, sê Gerard von Rad, moet hy hom van sy toekoms afsny.

Die uiters stadige tempo van die verhaal in 3-8 is opvallend. Abraham beweeg op God se bevel. Die verwysing na drie dae is waarskynlik om die “spanning” uit te rek en om die volgehoue geloof van Abraham te beklemtoon. Die spanning laai al meer op. Abraham se omgee vir sy seun word gesien. Hy dra die gevaarlike voorwerpe. Luther is van mening dat hierdie spanning wat oplaai so erg is dat hy dit byna nie kan uithou nie: “I could not have been a spectator, let alone a participant or the executioner.”

Gen 22:8 word deur kommentatore as een van die belangrikste uitsprake in hierdie verhaal gesien. Dit staan tussen die toets wat in vers 2 aangelê word en die uiteindelike doel van God met die toets, wat in vers 12 uitgespreek word. Abraham weet nie wat hierdie voorsiening sal behels nie, maar wéét dat die beloftes wat God gemaak het, God se beloftes is en dat Hy die alleenreg het om daarmee te handel. Met hierdie uitspraak word die eerste gebod duidelik onderstreep: naas God is daar niemand anders wat gedien mag word nie!

Voorstel vir ’n preek

’n Mens wonder wat daar in Abraham se gedagtes aangegaan het op pad Moria toe. Hy beleef die donker kant van God. Hy bevind hom in ’n tonnel van Godsverduistering, want God self tree anders op as wat Hy belowe het. God vra terug wat Hy gegee het. God vra nie net sy kind, sy enigste, sy liefling nie. God vra die ganse toekoms en hoop wat hy aan Abraham gegee het (Gen 12:2,3; 15:1-5; 17:15-17,19,20).

Calvyn skryf na aanleiding van Gen 22: “Abraham moes die genadebrief eiehandig verskeur en in die vuur werp.” Abraham sou kon vra: bedoel God dit ernstig met my? Alles waarvoor Abraham geleef het is verniet.

En tog lees ons na die opdrag van God in vers 3: Hy het gegaan. Is dit onrealisties? Het Abraham nie hier te ver gegaan nie?

Hoekom kon Abraham dit doen? Die gehoorsaamheid van Abraham was nie natuurlik nie. Dit is gebore uit die manier waarop God Homself aan Abraham geopenbaar het. God het Homself openbaar as een wat sy woord hou. Anders gestel: die getroue God wat die onmoontlike moontlik maak. Hy is die God wat van ’n grap ’n buitengewone belofte maak (17:17,18:13-15).

Wat gebeur as jy God só leer ken? Wat gebeur as God Homself só aan jou openbaar?

  • Abraham het deur God se betrokkenheid by hom ’n visie op God gekry wat hom in staat gestel het om te sê: die Here sal voorsien. Die Here sal sorg. Dit het hom geleer glo. Dit het hom geleer gehoorsaam wees. Dit het hom, in stryd met God, aan Gód laat vashou (Kierkegaard).

God se betrokkenheid by hom het hom laat glo dat God die onmoontlike moontlik sal maak (Heb 11:11,17-19). Abraham het by God geleer dat Gód se toekoms en beloftes sý beloftes is en dat Abraham nie self daaroor beskik nie. Daarom kan hy sy seun, sy toekoms, sy belofte aan God teruggee. Daarom: in die stikdonker tonnel waarin alles sinloos lyk, sien Hy vir God. Dáár kan hy sê: “my kind … die Here sal voorsien.” Abraham is op ’n punt waar hy weer van voor af moes leer dat God alleen aan hom sekuriteit gee. Dit is net soos die keer in Gen 12 toe hy die eerste maal sy sekuriteite prysgegee het. Vandat Hy die eerste maal ja gesê het, moes hy leer om altyd ja te sê vir God se visie. Daar was ook Abraham se mislukkings en twyfel (Gen 10 en 15). Maar nou is hy op pad met die woorde: die Here sal voorsien.

Abraham het iets verstaan wat Jesus later sou sê: “Hy wat sy pa of ma liewer het as vir My, is nie werd om aan my te behoort nie. Hy wat sy seun of dogter liewer het as vir my, is nie werd om aan My te behoort nie” (Mat 10:37-39). Abraham het verstaan wat ons in Eks 20:4,5 lees. Hy dien Hom met onverdeelde trou, stel sy wil en koninkryk eerste. Abraham sou kon gaan op die belofte van God en sê: “wat doen U nou?” Hy sou die Here seker daaraan kon herinner, maar hy loop God se pad.

Wanneer God Hom aan jou openbaar as die God wat altyd die toekoms in sy hand het, steek dit ’n vuur in jou hart aan die brand. Dan dien jy Hom met onverdeelde trou. Dan stel jy sy koninkryk eerste.

God sal ons nie vra om ons seun of dogter fisies te offer nie. Die verhaal wil eerder ’n ander punt maak. Uit die staanspoor is dit duidelik dat die verhaal ’n toets is. Die grootste gevaar vir individue en die kerk is dat ons lojaliteite en prioriteite maklik skeefgetrek word. Ons begin leef asof ons die beloftes van God besit. Ons begin leef en optree asof ons die beskikkingsreg het oor die gawes van God.

Iemand vertel die verhaal van kinders wat ’n jakkals probeer vang het. Die een seun het die jakkals gejaag tot in sy gat en daar ’n deel van die jakkals beetgekry. Hy het geskreeu: “Ek het hom! Ek het hom!” Kort daarna het sy wysie verander: “Hy het my! Hy het my!” Net so kan dit maklik gebeur dat die Here se mense mag dink dat hulle nog in beheer van ’n situasie is, terwyl hulle lankal vasgevang is in die spinnerak van nuwe lojaliteite.

Jy sien, ons mag nie dubbelvisie hê nie. Ons kan nie twee Here dien nie. Jesus waarsku dat ons altyd die een bo die ander sal stel (Mat 6:19-33).

Soos Abraham, maar nog méér as Abraham behoort ons met onverdeelde aandag op God te fokus. God het Homself deur Jesus op ’n nog duideliker wyse aan ons as die Getroue geopenbaar – Hy het alle beloftes vervul. Hy is só getrou dat ons in ons krisis nooit weer van God verlate sal wees nie. Hy is só getrou dat Hy self die grootste verlatenheid, die dood, kom oorwin het. Ja, geen dood, lewe of magte, teenswoordige of toekomstige dinge (Rom 8:35-39) kan ons meer van sy liefde skei nie.

Nog iets om oor na te dink

Martin Luther King het tereg gesê: “The ultimate measure of a man is not where he stands in times of comfort and convenience, but where he stands in times of challenge and controversy.

Moontlike hulpbronne

John Ortberg se boek, When the Game Is Over, It All Goes Back in the Box, pas goed in by hierdie tema. Kry ’n voorsmaak hiervan met hierdie video: https://www.youtube.com/watch?v=CzMirZUa_Es

Coenie Burger: Storie vir ons tyd. Die hoopvolle verhaal van Abram en Sara oorvertel vir ’n oorgangstyd. Kaapstad. Lux Verbi. 1994. D J Smit: Genesis 22:1-19, in Riglyne vir prediking oor die Genesisverhale. Woord teen die Lig II/3 (CW Burger, BA Müller, DJ Smit – reds).

 

Week 8: Spiritually and Emotionally healthy people have single vision

Theme: Undivided love

Passage: Genesis 22:1-14

Main focus: God tests us so that we can trust Him unconditionally and love Him above everything

Comments on the passage

The narrative about Abraham is characterised by constant tension. Genesis 22 is certainly the toughest test of obedience to God. The whole narrative is about testing faith. He had to leave his country and had to take God’s promises seriously when there was no physical possibility of having children. Therefore, he sometimes doubted and sometimes even despised the Lord’s word by lying (Genesis 12:10-20; Genesis 15). Sometimes he and Sarah made their own plans (Genesis 16) and thought that God’s promise was nothing but a ridiculous joke (Gen 17:18). At some stage Abraham even had to let go of his beloved child, because his wife did not have peace that there could be another potential heir (Genesis 21). Yet, Genesis 22 is the biggest test of faith.

The opening verse of the section already gives the story away. It is about a faith test. It is not correct to say that God was not very serious about his own words, because he would have given a solution in any case. Abraham’s test was a matter of life and death. Abraham had to cut himself off from his past in Gen 12. Now, says Gerard von Rad, he had to cut himself off from his future.

The extremely slow pace of 22:3-8 is striking. The tension builds up. Abraham acted on God’s command. The reference to three days is mentioned in order to increase the tension and to emphasise the perseverance of Abraham. We see how Abraham cares for his son. He carries the dangerous objects. Luther said that he could not bear this tension. He could not even be a spectator, let alone a participant or the executioner.

Genesis 22:8 is one of the most important verses in this narrative. It stands between the test that is applied in verse 2 and the ultimate purpose of God with the test, which is expressed in verse 12. Abraham did not know what this provision would entail, but knew that the promises made by God were God’s promises. He has the sole right to deal with His own promises. The first commandment is clearly underlined: besides God there is no one else who may be served.

Proposal for a sermon

One wonders what might have been the thoughts of Abraham’s heart on the way to Moriah. He experienced the dark side of God. He found himself in a tunnel with no light at the end of it, because God himself acted differently to what He had promised. God wanted to take back what he had given. God asked his child, his only and the apple of his eye. God wanted him to return his whole future and the hope that he gave to Abraham (Genesis 12:2,3; 15:1-5; 17:15-17,19,20).

Calvin wrote that nothing but death and hell must have been in his heart, because it was required of him not only to throw aside, but to cut in pieces, or cast into the fire, the charter of his salvation.

And yet we read after the command of God in verse 3 that he went. Is this unrealistic? Has Abraham taken it too far?

Why did he go through with it? The obedience of Abraham was not natural. It was born from the way God has revealed himself to Abraham. God has revealed Himself as one who keeps his word. In other words, He revealed himself as the faithful God who makes the impossible possible. He is the God who is able to change a joke into a special promise (17:17,18:13-15).
What happensif youget to know Godlike this?

– Through God’s involvement with him, Abraham received a vision from God that enabled him to say: the Lord will provide. It taught him to believe. It taught him to obey. It enabled him to hold on to God in spite of the of God’s demands (Kierkegaard).

God’s involvement enabled him to believe that God will make the impossible possible (Hebrews 11:11,17 to 19). Abraham learned from God that God’s future and promises are his promises and that Abraham does not possess it or the future. Therefore, he could return his son and his future to God. Therefore, in the pitch-dark tunnel in which everything seems pointless, he saw God. There he said, “My child … the Lord will provide.” Abraham had to learn that God alone could give him assurance again. It was just like the time in Genesis 12 when he had to give up all securities the first time. Since he said yes to God the first time, he now had to learn to always say yes to God’s vision. Yes, Abraham had failures and doubts (Genesis 10 and 15). Now, however, he is on the journey with the words in his heart and mouth, “The Lord will provide.”

Abraham understood what Jesus would later say, “Anyone who loves their father or mother more than me is not worthy of me; anyone who loves their son or daughter more than me is not worthy of me. Whoever does not take up their cross and follow me is not worthy of me. Whoever finds their life will lose it, and whoever loses their life for my sake will find it” (Matthew 10: 37-39). Abraham understood what we read in Exodus 20:4,5. He served him with passion and put his will and kingdom first. Abraham could have reminded God of his promises and could have said, “What are you doing?” but he followed God’s way.

When God reveals Himself to you as one who always has the future in his hand it lights a fire in your heart. Then you serve him with zeal. His kingdom and will come first.
God will not require you to physically sacrifice your son or daughter. The story makes a different point. From the outset it is clear that the story was a test. The biggest danger for individuals and the church is that our loyalties and priorities could be divided. We could live as if we owned the promises of God. We could live and act as if His gifts belong to us.
Someone told the story of children who were trying to catch a fox. A boy chased the fox into its hole and grabbed a part of the fox. He shouted, “I got it! I got it!” Almost immediately he changed his tune, “He got me! He got me!” Similarly, it is possible that the Lord’s people may think that they are in control of a situation while they have long been caught up in the web of new loyalties.

Double vision is not an option. We cannot serve two Lords. Jesus warned us that we would always love the one above the other (Matthew 6:19-33).

Like Abraham, but even more than Abraham we ought to serve God with undivided loyalty. God Himself revealed through Jesus Christ in an even much clearer way that He is faithful. He has fulfilled all His promises. He is so faithful that He will never abandon or forsake us in our crisis. He is so faithful that He went through the darkest experiences of humans and conquered death. Yes, no death, life or power, present or future events can separate us from his love anymore (Romans 8: 35-39).
Something else to think about

Martin Luther King said, “The ultimate measure of a man is not where he stands in times of comfort and convenience, but where he stands at times of challenge and controversy.”
Read more

John Ortberg’s book, When the Game Is Over, It All Goes Back in the Box, could be helpful. Watch this video clip to get a taste of it:

https://www.youtube.com/watch?v=CzMirZUa_Es

Week 7: Dissipline

Tema: Groter gehoorsaamheid as tevore

Perikoop: Hebreërs 12:18-29

Skopus: Dissipline is lewensbelangrik in die Christelike lewe, veral nadat God Homself in Christus aan ons geopenbaar het. Dit is nie ’n opsie wat ons mag uitoefen nie, want die alleroortreffende Christus vereis allesoortreffende toewyding.

Opmerkings oor die teks

Die groot kontras tussen die ou en nuwe verbond of ou en nuwe bedeling word nogeens in die brief benadruk. Hierdie keer word ons reaksie op hierdie radikale verskil sterk benadruk.

Wat gebeur as ons die genade ontvang het? Word ons roekeloos en onverskillig of vereis dit groter gehoorsaamheid? In hierdie gedeelte is Sinaï en Sion die kontras tussen die oue en die nuwe. Die kontras tussen verse 18-21 en 22-25 is dié van vrees en vreugde, afstand en nabyheid. Die twee groepe verse in die perikoop word geskei met ’n ‘maar’ en beide ingelui met die woorde ‘julle het gekom.’

Ons veronderstel dat die gebeure by Sinaï die agtergrond van 12:18-21 vorm. Die tema is afstand. Die heiligheid van God en die berg Sinaï word benadruk deur die feit dat niks aan die berg mag raak nie (Eks 19:12-13). Sewe elemente, wat in die Ou Testament in verband met ’n godsverskyning (teofanie) gebruik word, word genoem. Die “geklank van woorde” mag verwys na die Tien gebooie (Deut 4:13). Die opmerking dat hulle gesmeek het dat geen woord meer tot hulle gerig moes word nie, verwys na die versoek van die volk en leiers dat Moses namens hulle met die Here moes praat (Eks 20:19; Deut 5:27). Die volk was baie bang toe hulle dit alles gehoor het (Eks 20:18). Moses het die volk juis bemoedig dat hulle nie bang moet wees nie. Daar is geen rekord dat Moses self bang was nie. Dis duidelik dat die skrywer ander elemente van die Moses-verhaal insluit om die punt te maak dat die verskriklik is om in God se teenwoordigheid te kom.

Heb 12:22-24 word ingelui met ‘maar’, wat die teenstelling tussen die ou en nuwe verbond benadruk. Sewe beelde is gebruik om die Sinaï ervaring te beskryf. Nou word die stad van God ook met sewe beelde beskryf. Die agtergrond van hierdie begrippe word uitvoerig in kommentare bespreek. Sionsberg, die hemelse Jerusalem en die stad van die lewende God is sinonieme – simbole van die nuwe verbond (sien ook Ps 87 en 11:10). Die ‘hemelse Jerusalem’ is nie ’n aanduiding dat dit ’n stad in die hemel is nie. Dit benadruk eerder die goddelike oorsprong daarvan.

Volgens tradisie is Sionsberg die plek waar Abraham Isak geoffer het en waar die Messias homself sou openbaar (Ps 2:6). Die tema is dus nabyheid. Die verse sinspeel duidelik op dit wat vroeër in die boek genoem is, naamlik die vrye toegang tot die heiligdom deur die bloed van Christus (Sien 4:15–16; 9:11–14; 10:10, 12-14, 19-22). Die inwoners van die hemelse Jerusalem word genoem. Daar is drie groepe: miljoene engele, die vergadering van die eersgeborenes wie se name in die hemel opgeteken is en die geeste van dié wat vrygespreek en wat nou volmaak is.

Die mense wat nou ‘volmaak’ is verwys na hulle wat deur die offer van Jesus volkome van sonde vrygespreek is (10:14). Die geeste van die ‘vrygespreektes’ (regverdiges) sluit almal in wat die ware geloof vertoon het. Die hemel word dus bewoon deur hulle wat deur die Regter waardig geag is om daar te wees. Hierdie mense is nie regverdig deur hulle eie verdienste nie, maar was getrou aan God. Daar is ’n feestelike atmosfeer omdat die gemeenskap van gelowiges deur alle eeue hier vergader.

Die ‘alreeds’ en die ‘nog nie’ staan dus uit in hierdie verse. Dit is in ooreenstemming met die aard van geloof (Heb 11:1). Ons hoop op die dinge wat ons nie sien nie, maar het sekerheid. Die tema wat dwarsdeur die brief sterk funksioneer, naamlik dat die volk van God op ’n reis na die beloofde land toe is, kom dus weer na vore. Die gemeente is steeds op weg na die beloofde land. In Christus kan hulle reeds in God se teenwoordigheid kom, maar die finale werklikheid is steeds in die toekoms.

Jesus se bloed beseël die nuwe verbond (sien 9:14–26). Terwyl Abel se bloed van veroordeling en wraak getuig, is Jesus se bloed dié van versoening en vernuwing. Abel se bloed het vervloeking gebring. Jesus se bloed bring seën (8:6, 10-12; 10:15-18). Moses het aan die voet van die berg gesidder. Jesus, die Middelaar van die nuwe verbond, is reeds op die Sionsberg.

In Heb 12:25-27 neem die skrywer ’n tema op wat reeds in die eerste hoofstukke van die boek benadruk is. God het gepraat en gaan voort om te praat. Mense moet daarom ag slaan op wat Hy sê (2:1–4; 3:7–4:13; 5:11–14; 10:36–39; 12:25–29). Jesus is God se laaste en finale woord. Dit gaan nie net oor die luister na ’n stem nie, maar na die een wat praat. Dit is waar die volk van die Ou Testament die pad byster geraak het (3:7–4:13). Die implikasie word uitgespel en staan in noue verband met ander tekste in die brief wat die dringendheid om ag te slaan op God en sy genade benadruk (10:28–31). Onder die ou verbond is mense nie verskoon as hulle nie geluister het nie (3:16-19). Onder die nuwe verbond is die straf selfs groter.

Net soos in die res van die brief, moet die mense nie dieselfde foute as hulle voorvaders in die woestyn maak nie. Nou praat Hy uit die hemel met ons. As húlle nie vrygekom het toe Moses met hulle gepraat het nie, sal ons nog minder gespaar word as ons hierdie finale woord van God minag (sien 2:2-4 en 6:4-6). Jesus is groter as Moses, die nuwe verbond oortref die oue en daarom sal die sonde meer ingrypend wees. Die gevolge van ongehoorsaamheid onder die ou verbond was erg, maar kan nie vergelyk word met die gevolge van afvalligheid onder die nuwe verbond nie.

Die gevaar om dieselfde pad as die ou volk van God te stap, is dus lewensgroot. Daar is drie groot momente wat ons moet in ag neem. God het in die verlede by Sinaï gepraat. Hy praat in die hede met sy mense. Hy sal weer ‘nog een maal’ praat.

Die aarde het by Sinaï geskud, maar nou gaan die hemel en aarde skud. God sal dit doen. Die aarde is verteenwoordigend van die oue en die hemel van die nuwe. God sal dus kom om te oordeel. Mense sal verantwoording moet doen. Diegene wat deur God vrygespreek word, sal bly bestaan. Hulle sal die onwankelbare koninkryk ontvang. Die gemeente verlang na die ou bedeling. Hulle het egter die nuwe bedeling ontvang. As die straf onder die ou bedeling erg was, sal die straf onder die nuwe bedeling veel erger wees. Immers, die boodskap is nou soveel duideliker!

Die natuurlike reaksie op die ontvangs van ’n onwankelbare koninkryk is die dankbaarheid. Hulle besit nie die koninkryk nie. Dit is ’n gawe wat aan hulle gegee word en steeds gegee sal word (Griekse tydsvorm). Moses het gesê dat die Here ’n verterende vuur en jaloerse God is (4:24). Hoewel die gemeente met vrymoedigheid en volle geloofsekerheid die genadetroon van God kan nader (4:16 en 10:19-22) moet hulle besef dat God ’n jaloerse God is. Here ywerig is om te bekom wat Hom toekom.

Voorstel vir ’n preek

Een van my vriende kan nooit kies tussen ’n BMW en Mercedes nie. Dis net te moeilik. Dis soos ’n keuse tussen die verskillende modelle selfone. Vir baie ander mense maak dit nie saak nie. Om die waarheid te sê, die ou kar en die ou selfoon werk net so goed, sê hulle.

Is dit waar? Die oues mag dalk nog werk, maar dis swakker, het beperkte vermoë en werkverrigting. Die nuwe is beter! Die nuwe is eenvoudiger en meer gemaklik.

As daar een aspek van ons lewe is waar ons nie na die ‘goeie ou dae’ mag verlang nie, is dit wanneer dit by die verlossing in Christus kom. Die brief aan die Hebreërs wys daarop dat met Christus alles nuut geword het. Dit is beter as wat dit was. Die verlossing is meer volkome. Dit is superieur! Jesus is groter as Moses. Jesus is groter as die ou priesters. Jesus se offer is beter as die offers van die priesters. Die prediker kan hierdie gedeelte van die brief gebruik om die Sinaï lewe teenoor die Sionservaring te stel – die oue teenoor die nuwe. Die prediker kan al die ‘beter as’ gedeeltes in die brief uitlig (daar is dertien gedeeltes).

Hoekom maak die skrywer hierdie punt? Vir die Hebreërskrywer is daar ’n baie groot gevaar wat aan die wortel van alle sonde lê. Dit kom nie van buite nie. Dit is in die gemeente self. Die dreigende ongeloof van die kerk is die grootste vyand.

Hierdie sonde terug gevoer word na een groot probleem. Dit is wanneer die gemeente die een wat praat afwys (10:25).

Die waarskuwings van Hebreërs 3 en 4 hou hiermee verband. Hierdie sonde van hardhorendheid is ’n herhaling van die verlede. ’n Mens kan verwag dat die gemeente sou leer uit die foute van die voorvaders in die woestyn. Die gevaar is egter dat ons nie sal luister nie. Die gevolge is verskrikliker as vir die mense van die ou verbond. In die boek, Die geloof dan is (Lux Verbi) skryf Dirkie Smit: ‘Dit is eenvoudig omdat Christene, ook ons, in ’n soort woestynsituasie leef. Ons leef in ’n situasie van beproewings, nood, onsekerhede, vervolging, teenstand, aanvegtinge, probleme, bekommernis. Kortom: in ‘n situasie waarin die beloftes van God nog maar beloftes is en nog nie in vervulling gegaan het nie. Ook ons is nog op weg na die eintlike bevryding en rus. Dit is ‘n situasie waarin dit dikwels lyk asof die beloftes en die redding ook nie so ‘n groot verandering teweeggebring het nie en in elk geval nie veel van ‘n verbetering nie. En die rede daaragter verstaan die Hebreërskrywer ook. Dis maar net dat ons ons visie van die toekoms, van die beloftes van God, van Jesus Christus, verloor het. Daarom word die hede vir ons so swaar en daarom twyfel ons of geloof die moeite werd is en daarom dryf ons weg … Jy verloor jou visie van God en Christus, jy sien net wat voor oë is, jy kies hier en daar teen Christus en dryf jy al hoe verder weg.’

Aan hulle aan wie baie gegee is, sal baie gevra word. Calvyn was reg toe hy geskryf het “Hoe wonderliker ons roeping, hoe groter skande is ons ondankbaarheid en hoe minder kan dit vergewe word.”

Dis duidelik dat die hede daarom so ontsettend belangrik is. Om vandag na God se stem te luister, om nóú te aanvaar dat Jesus die Verlosser is, het ewigheidbetekenis. Op die pad van geloof, moet ons sensitief vir sy stem wees. Immers, Hy sal weer oordeel (10:27-29). Ons ontvang die koninkryk as geskenk, maar daar kom ’n dag wanneer Hy nog een maal sal praat.

Die enigste aanvaarbare reaksie is daarom om in die hede reg te reageer op die lewende God se geskenk, naamlik om Hom in die lewe van elke dag volgens sy wil te aanbid (10:28). A. W. Tozer skryf: ‘If you do not worship God seven days a week, you do not worship Him on one day a week. There is no such thing known in heaven as Sunday worship unless it is accompanied by Monday worship and Tuesday worship and so on.’ Ware aanbidding begin wanneer ons leer om elke dag te luister.

Nog iets om oor na te dink

Geloof is ’n marathon, nie ’n kort wedloop (’sprint’) nie. Sonde word gepleeg gebeur deur stadig maar seker moeg te word vir hierdie pad en terug te verlang na die ou soort lewe sonder Christus. Die daaglikse sonde van laksheid, hardhorendheid en traak-my-nie-agtigheid vreet soos ’n kanker aan die wortel van die boom. Uiteindelik sal die boom verdroog en doodgaan. Die klein, alledaagse sonde speel dus ’n groot rol om die uiteindelike ‘doodsonde’ te pleeg, naamlik om die offer van Christus te verwerp. Hierdie doodsonde word in 10:26-29 beskryf. Dirkie Smit skryf: “Sonde is afval, terugkeer, terugverlang, terugdraai, uitval uit die stoet uit, om jou plek in die Godsvolk te verlaat of prys te gee, en terug te draai. Dit, sê Hebreërs, is sonde. Dié sonde! Die hart agter elke ander stuk sonde! Dis ’n keuse teen Christus, terug na Egipte. En al die klein keusetjies saam, al die enkele sondetjies saam, word later ’n gewoonte, ’n lewenstyl, wat ’n mens net nie meer kan of wil breek nie. Dit word ’n lewenstyl los van die kerk en los van Christus. Die Hebreërboek sê: Sonde is ongeloof, en ongeloof is om jouself geleidelik los te maak van Christus en sy kerk en weg te dryf. Om weg te draai, om terug te draai van die goeie pad af – dit is ongeloof, en dit is sonde.’

Moontlike hulpmiddels

Kyk na die video van Dallas Willard met die titel: Taking Theology and Spiritual Disciplines into the Marketplace https://www.youtube.com/watch?v=uBh8Kz9uqG8

As jy ’n kopie van Dirkie Smit se boek, Die geloof dan is (Lux Verbi 1987) in die hande kan kry, sal dit jou baie help in die voorbereiding. Hou steeds in gedagte dat daar preekstudies beskikbaar is om Communitas se webblad, insluitende ’n meer uitgebreide weergawe oor hierdie teksgedeelte.

Week 7: Discipline

Theme: Greater obedience than before

Passage: Hebrews 12:18-29

Main focus: Discipline is vitally important on the Christian journey especially after God has revealed Himself to us in Christ. It is not an option we can exercise because the superior Christ requires superlative dedication.

Comments on the passage

The contrast between the old and new covenant, or old and new dispensation is emphasised once again in the letter. This time our response to this radical change is the focus. What happens when we have received grace? Do we become careless and indifferent or does it require more obedience?

In this section, Sinai and Zion are contrasted as symbols of the old and the new. The contrast between verses 18-21 and 22-25 is between fear and joy, distance and closeness. The two groups of verses in the passage are separated by “but” and both are introduced with the words “you have (not) come.”

Weassume thattheevents atSinai are the background of 12:18-21. The themeisdistance. The holinessof GodandMount Sinai areemphasised bythefact thatnothing could come close to themountain (Ex 19:12-13). Seven elements connected in the OldTestament to a theophany (appearance of God) arementioned.The“voice speaking words” may refer to theTenCommandments(Deut. 4:13).

According to this passage they begged that not a word should be addressed to them, referring to the request of the people and leaders that Moses should speak on their behalf to the Lord (Exodus 20:19; Deuteronomy 5:27). The people were very afraid when they heard it all (Exodus 20:18).

This is a slight deviation from written tradition. Moses and the people very encouraged that they should not be afraid. There is no record that Moses himself was afraid. It is clear that the author includes other elements of the Moses narrative to make the point that it is that terrible to come into God’s presence.

Hebrews 12:22-24 starts with “but”, which emphasises the contrast between the old and new covenant. Seven images were used to describe the Sinai experience. Now the city of God is also described by seven images. The background behind these concepts is discussed extensively in commentaries.

Mount Zion, the heavenly Jerusalem and the city of the living God are synonymous – symbols of the new covenant (see also Psalm 87 and 11:10). The heavenly Jerusalem’ is not an indication that it is a city in heaven. It rather refers to its divine origin. According to tradition, Mount Zion was the place where Abraham sacrificed Isaac and where the Messiah would reveal himself (Psalm 2: 6). The theme is closeness. The verses clearly allude to what is mentioned earlier in the book, namely the free access to the sanctuary by the blood of Christ (see 4:15-16; 9:11-14; 10:10, 12-14, 19-22).

The inhabitants of the heavenly Jerusalem are mentioned. There are three groups. Thousands of angels in joyful assembly, to the church of the firstborn, whose names are written in heaven, and the spirits of the righteous made perfect (12:22,23). The people who are perfect now are referring to those who were completely acquitted from sin by the sacrifice of Jesus (10:14). The “spirits of the righteous made perfect” include all who showed true faith. Those who have been approved by the judge to be there thus occupy heaven. These people are not justified by their own merit, but were faithful to God. There is a festive atmosphere for the community of believers of all ages is gathered here.

The ‘already’ and the ‘not yet’ thus stand out in these verses. This is consistent with the nature of faith (Hebrews 11:1). We hope in things we do not see, but we have certainty. It underlines a prevalent theme throughout the letter, namely that the people of God are on a journey to the Promised Land. The church is still on the way to the Promised Land. In Christ they are in God’s presence, but the final reality is still in the future.
Jesus’ blood sealed the new covenant (see 9:14-26). While Abel’s blood witnesses about condemnation and revenge, Jesus’ blood speaks about reconciliation and renewal. Abel’s blood brought curse. Jesus’ blood brings blessing (8: 6,10-12; 10:15-18). Moses trembled at the foot of the mountain. Jesus the mediator of the new covenant, is already on Mount Zion.
In Hebrews 12:25-27, the author takes up another theme that has already been stressed in the first chapters of the book. God spoke and continues to speak. People should therefore heed to his voice (2: 1-4; 3: 7-4: 13; 5: 11-14; 10: 36-39; 12: 25-29). Jesus is God’s last and final word. It is not just about listening to a voice, but to the One who speaks. This is where the people of the Old Testament have lost their way (3:7-4: 13). The implications are spelled out and have a close relationship with other passages in the letter about the urgency to understand God and his saving grace (10:28-31). Under the old covenant people were not excused if they had not listened to God (3: 16-19). Under the new covenant the punishment is even worse.

Just as in the rest of the letter, the people should not make the same mistakes as their ancestors in the desert. He now speaks from heaven to us. If they have not escaped when Moses spoke to them, we shall not be spared if we despise this final word of God (2:2-4 and 6:4-6). Jesus is greater than Moses, the New Covenant surpasses the old. The judgment on sin will therefore be more radical. The consequences of disobedience under the old covenant was terrible, but cannot be compared with the consequences of apostasy under the new covenant.

The danger that we would do the same as the old people of God is clear. There are three major aspects that we should consider. God has spoken in the past at Sinai. He speaks in the present with his people. He will be speaking again one more time. The earth shook at Sinai, but now the heavens and the earth will shake. God will do it. The earth is representative of the old and heaven of the new. God will come to judge. People will be held accountable. Those who are acquitted by God will be sustained. They will receive the unshakable kingdom.

It is clear that the author is very concerned about those who have become hard of hearing. Some people in the congregation wanted the old order. However, they received the new dispensation. If the sentence under the old system was terrible, the penalty under the new dispensation will be much worse. After all, the message is now so much clearer!
The natural response to receiving an unshakable kingdom is gratitude. They do not possess the kingdom. It is a gift that was given to them and will continue to be given (Greek tense). Although the church can boldly and with full assurance of faith approach the throne of God (4:16 and 10: 19-22), it does not take away the fact that the Lord is jealous. He wants our lives just for Himself. Moses said that the Lord is a consuming fire and jealous God (4:24).

Proposal for a sermon

One of my friends cannot decide between a BMW and Mercedes. It is just too hard. It is like a choice between the different models cell phones. For many people it does not matter. In fact, the old car or the old phone works just as well, they say.
Is this true? The old ones might still work, but it is not as good as the new ones. It is limited in capacity and performance. The new is better! The new is simpler and more comfortable.
If there is one aspect of our life where we cannot hold on to the so-called “good old days”, it is when it comes to salvation in Christ. The letter to the Hebrews shows that with Christ all things have become new. It is better than it was. The redemption is more perfect. It is superior! Jesus is greater than Moses. Jesus is greater than the old priests. His sacrifice is better than the offerings of the priests. The preacher can use this part of the sermon to make a clear distinction between Sinai and Zion – the old and the new. If you want to, you could refer to all the “better than” sections in the letter (there are thirteen sections).

Why does the author make this point? There was a great danger that lies at the root of all sin. It does not come from outside. It is in the congregation itself. The looming unbelief of the church is the biggest enemy.

This sin is connected to the biggest problem. This problem is when the church refuses to listen to Him that speaks (10:25). The warnings of Hebrews 3 and 4 are related to this. This sin of impaired hearing is repeating and re-living the past. One could have expected that the congregation would have learned from the mistakes of their ancestors in the desert. However, the danger is that we do not listen. The consequences are worse than the people of the old covenant. In the book, Die geloof dan is (Lux Verbi – Faith then is…) Dirkie Smit writes, “This is simply because as Christians, we too are in a kind of desert situation. We are living in a situation of trials, distress, uncertainty, persecution, opposition, temptations, difficulties, and worries. In short, in a situation in which the promises of God are only promises and have not yet been fulfilled. Also, we are still on the way to the actual liberation and peace. In this situation it often seems as if the promises and the salvation also did not change much and is in any case not much of an improvement. And the reason behind it the author of Hebrews also understands. It is just that we have lost our vision of the future, the promises of God, Jesus Christ. Therefore, the present is difficult for us and we doubt that faith is worth it and therefore we drift away … You lose your vision of God and Christ, you see only what is here and now, you choose against Christ here and there and move further and further away.”
To those to whom much is given, much will be asked. Calvin was right when he wrote that the more wonderful our calling, the greater shame our ingratitude is and the less it can be forgiven.
For this reason the present, therefore, is so terribly important. To listen today to the voice of God, to accept now that Jesus is the Saviour, has eternal significance. On the journey of faith, we must be sensitive to His voice. After all, he will judge again (10:27-29). We have received the Kingdom as a gift, but there comes a day when he will still speak once more.
The only acceptable response is therefore to respond appropriately to God’s gift today, namely to worship Him in the life of every day the way He wants us to worship Him (10:28). AW Tozer writes, “If you do not worship God seven days a week, you do not worship Him on one day a week. There is no such thing known in heaven as Sunday worship unless it is accompanied by Monday worship and Tuesday worship and so on.’ True worship begins when we learn to listen to Him every day.
Something else to think about

Faith is a marathon, not a sprint. Sin is committed by becoming slowly but surely tired of this road and by longing for the old kind of life without Christ. The daily sins of laziness, impaired hearing and becoming careless in matters of faith eat like a cancer at the root of the tree. The tree will eventually become dry die. The small, everyday sins therefore play a major role in the ultimate mortal sin, namely to reject the sacrifice of Christ. This mortal sin is described in 10:26-29. Dirkie Smit writes: “Sin is to fall away, returning, longing, turning around, dropping out of the procession, to leave your place in the people of God or giving it up and turning back. This is sin, says Hebrews – the sin of sins. It is the heart of every other sin! It is a choice against Christ, going back to Egypt. And all the little choices together, all the single sins together later becomes a habit, a lifestyle that one just does not want to leave or cannot break. It is a lifestyle free from the church and free from Christ. The book of Hebrews says that sin is unbelief and unbelief is to gradually separate yourself from Christ and his church and to drift away. To turn away, to turn back from the good path – this is unbelief and this is sin.”
Possible resources

Watch the very gripping video clip of Dallas Willard on taking Theology and Spiritual Disciplines into the Marketplace https://www.youtube.com/watch?v=uBh8Kz9uqG8

 

Week 6: Lewenswysheid

Tema: Die sleutel tot lewenswysheid

Perikoop: 1 Kon 2:10-12 en 3:1-14

Skopus: Wysheid kon nie met die grysheid nie, maar van God. Onverdeelde gehoorsaamheid aan Hom is die sleutel tot geestelike en emosionele volwassenheid

Opmerkings oor die teks

Hoekom het Israel in ballingskap beland? Hoe moet hulle nou lewe om dieselfde ramp te voorkom? Deur die loop van die hele geskiedenis het God sy profete gestuur om die volk te vermaan, maar hulle wou nie hoor nie. Die volk het afgode aanbid in plaas daarvan om God se opdrag om op een plek Hom alleen te aanbid, uit te voer. Die ideaal om God op een plek te aanbid, was belangrik vir die geskiedskrywer van hierdie gedeelte.

Dawid, die groot koning van Israel is dood. Hy word in Jerusalem begrawe – die stad van Dawid in plaas van Betlehem, waar sy familiegraf sou wees. Salomo het hy nou die alleenheerser geword.

Salomo word wel beskryf as iemand wat liefde vir die Here betoon het “deur alles te doen wat Dawid, sy pa, hom voorgeskryf het”, maar hy het “egter nog op die hoogtes offers gebring.” Die hoogtes is met die Kanaänitiese vrugbaarheidskultus verbind. Die baie offers wat Salomo daar gebring het, bevestig dat die Here die plek as offerplek aanvaar het.

Die geskiedskrywer kleur dit dus op die sagste moontlik manier in. Die punt is nou dat die nuwe koning wat by Dawid oorneem net soos Dawid ’n mens van integriteit is. Liefde teenoor die Here is die somtotaal van alle gehoorsaamheid aan God.

Drome is dikwels as deel van God se openbaring gesien. Die Here vra vir Salomo wat hy nodig het. Die inleiding tot die vra-gedeelte van Salomo se gebed is lank. Die fokus van hierdie verse is op die trou van God, die geweldige omvang van die taak en die onvermoë van Salomo om die taak uit te voer. Die trou van God aan Dawid word benadruk. Dawid was getrou, gehoorsaam en opreg teenoor die Here. Die hoogtepunt daarvan is dat Dawid se koningskap deur sy eie seun voortgesit kan word.

Die taak van Salomo is geweldig groot. Dis ’n volk wat deur God “uitgekies is, ’n groot volk, te veel om te tel.” Die grootheid van die volk word weer in 3:9 benadruk.

Salomo verwys na homself as ’n klein seuntjie (na‘ar qatōn). In die oorspronklike taal sê Salomo dat hy nog nie weet hoe om in of uit te gaan nie – ’n aanduiding van die ganse lewenswyse van ’n volwasse mens. Hy weet nie hoe om so te lewe nie.

Die vra-gedeelte van Salomo se gebed volg nou. Salomo vra in Hebreeus vir ’n “horende/luisterende hart.” Daar is geen twyfel dat dit op gehoorsaamheid aan God dui nie. Die grond vir wysheid word juis hierin gevind. Juis hierdie gehoorsaamheid of horende hart sal Salomo in staat stel om tussen reg en verkeerd te onderskei. Om die Here te ken en te dien is immers die begin van wysheid (Spr 1:8; 2:6; 9:10).

Die geskiedskrywer maak nou duidelik wat van elke koning verwag word. Dit gaan nie oor hulle eie begeertes en verlangens nie, maar oor die goddelike ideaal van reg en geregtigheid. Die koning in die Ou Testament het die Here dikwels vir oorwinning oor vyande, ’n lang lewe en rykdom gedank (Sien Ps 21:2-6).

Die Here se reaksie op Salomo se gebed verwys presies na hierdie drie dinge. Omdat Salomo nie vir hierdie dinge gevra het nie, belowe die Here wysheid en hierdie dinge.

Salomo is dankbaar vir die openbaring van die Here deur die droom. Dit doen hy deur die offers wat hy gebring het. Dis sluit twee belangrike aspekte in, naamlik nuwe dankbaarheid en nuwe liefde. Hy bied ook ’n gemeenskaplike maaltyd vir die volk aan, wat ook die praktiese doel kon dien om die seën wat hy van die Here ontvang het, met die volk te deel. Die belangrike punt hier is dat hierdie beloftes van die Here nog nie vervul is nie. Salomo reageer gewoon op die beloftes van die Here.

Voorstel vir ’n preek

Die preek kan begin met ’n verwysing na die groot voorreg wat ons het om te bid. Salomo ontvang ’n uitnodiging wat amper soos ’n blanko tjek klink. Jesus benadruk ook dat ons kan vra en God sal gee (Luk 11:9; sien ook Joh 16:23).

Die prediker sou kon fokus op die beeld van God wat hiermee gekommunikeer word. God is nie die een wat oorgehaal moet word om te gee nie. Hy gee graag. Walter Lüthi vertel dat hy in sy kinderdae ’n buurman gehad het waarvoor hy ietwat versigtig was. Die buurman het egter ’n wonderlike perskeboom in sy tuin gehad. Dit het die heerlikste groot geel perskes gedra. Een jaar het daar ’n tak in hulle erf oorgehang. Daar was ’n paar perskes wat aanloklik gelyk het. Hy moes ver strek om by een van hulle uit te kom. Toe hoor hy skielik ’n stem van die buurman bo uit die boom. Lam geskrik, hoor hy die buurman sê: ‘Wil jy perskes hê? Kom ek pluk vir jou lekker grotes hier bo uit die boom.’ Die buurman het arms vol gegee. Dis soos God is. Hy is die vrygewige.

Wat vra ’n mens wanneer jy hierdie “blanko tjek” gegee word? Miskien kan hoorders in hulle eie gedagtes ’n lysie saamstel van dit wat hulle sou vra indien hulle Salomo was. Salomo doen dit nie. Die fokus van sy gebed is anders.

– Die eerste punt wat hier gemaak kan word is dat ons maar mag bid, omdat God getrou is. Salomo fokus op die trou van God. God was getrou in sy pa se lewe.

– Die tweede punt wat gemaak kan word is dat ons moet bid, omdat die uitdagings van die lewe vir ons te veel is. Salomo kyk na sy taak en dan na homself. Hy is geheel en al te onervare om hierdie taak uit te voer. In ons dag sou ons sê dat dit bitter baie sou help as Salomo ondervinding gehad het. Dis mos hoe ons mense kies vir belangrike posisies. Mense moet ervaring, die regte kwalifikasies en ’n goeie agtergrond en opvoeding hê.

Salomo dink nie so oor homself nie. Inteendeel. Hy het niks wat hom in staat stel om sy taak uit te voer nie. Voor God is hy ’n gewone mens. Hy is hulpeloos en onseker oor die toekoms. Dink aan ander mense in die geskiedenis wat ook so hulpeloos gevoel het.

– Die derde punt is dat Salomo se vra-gedeelte in die gebed baie kort is. In die lig van die trou van God, sy taak en sy tekortkominge vra hy slegs een ding: ’n horende/luisterende. Hy besef dat daar net een manier is om God se werk in die wêreld te doen en dit is deur ’n hart wat ge-hoor-saam gemaak word! Spurgeon het treffend gesê: Wie bid, moet goed hoor. Dit beteken dat ons moet luister voor ons kan vra. Hoewel Salomo niks van Christus geweet het nie, is sy gebed reeds die voorspel van ’n gebed van mense wat onder die kruis staan. Om onder die kruis te staan beteken om alles aan God te onderwerp, alles in sy diens te stel, alles tweede te stel of prys te gee, ter wille van die eer, koningskap en wil van God. Salomo sou soos die konings van sy tyd vir mag (oorwinning oor vyande), rykdom en ’n lang lewe (meer tyd) kon vra. Dit is alles moderne gebede. Sy fokus is egter gehoorsaamheid.

Die preek kan dan benadruk:

– Ons het nie meer tyd nodig nie. Ons het nie ’n langer lewe nodig nie. Ons het gehoorsaamheid nodig om die tyd wat ons het na die beste van ons vermoë te gebruik.

– Ons het nie beter posisies en meer mag nodig nie (oorwinning oor ons vyande). Dis ’n moderne gebed om te bid om meer mag of ’n beter posisie te gee. Die vraag is nie of jy die president of besturende direkteur is nie, maar of jy die posisie wat jy het gebruik om God te verheerlik.

– Ons het nie meer besittings en rykdom nodig nie. Ons het nie meer nodig nie, maar gehoorsaamheid om dit wat ons het, die beste te gebruik, sodat God se koninkryk daardeur gedien kan word

Hoe reageer die Here hierop? God belowe om aan Salomo wysheid maar ook al die ander dinge te gee. Hier is nie sprake van ’n voorspoedteologie nie. Dit gaan nie daaroor dat mense wat die Here dien, ryk sal word, lank sal lewe en goeie posisies in die samelewing sal beklee nie. Dit gaan eerder oor dit wat Jesus in Matt 6:33 in verkondig. Elke mens wat God se koninkryk en sy wil eerste sal stel, kan onbekommerd die toekoms saam met God aanpak.

Salomo se reaksie op God se beloftes is verstommend. Het Salomo enigiets gesien? Het enigiets konkreet ontvang? Nee. Was hy reeds ’n koning bo alle konings van sy tyd? Nee. Hy wag nie eers om te sien of God se woorde en beloftes gaan waar word nie. Hy begin eer aan God bring.

Nog iets om oor na te dink

Volgens die Heidelbergse Kategismus is die Onse Vader en die Tien Gebooie deel van ons dankbaarheidslewe. Gebed is egter, volgens die Heidelbergse Kategismus die “vernaamste deel van ons dankbaarheid”. Die Heidelbergse Kategismus sê dat God sy genade en Heilige Gees deur gebed aan ons gee. Hoe vaar ons in ons persoonlike lewe en in gemeentes met hierdie sleutel tot volwassenheid en groei?

Die teks in 1 Kon 3 roep ’n baie sterk verband met die Nuwe testament op. Die onverdeelde hart of rein hart waartoe Jesus sy navolgers oproep, impliseer algehele oorgawe aan God se wil. Daarvan is die Onse Vader in die Bergrede die kern van alles.

Die gebed van Salomo lei uiteindelik ook tot diens aan die mense oor wie Salomo regeer.

Daar is ’n eis wat aan God se beloftes verbonde is. Belofte en opdrag is ’n eenheid. Die belofte vir ’n lang lewe vir die koning kan nie losgemaak word van gehoorsaamheid aan die gebooie van die Here.

 

Moontlike hulpmiddel

Kyk na die volgende video van Dallas Willard oor die vernuwing van ons denke. https://www.youtube.com/watch?v=VwIsp67Lg1E

Ek het uitvoerig aandag gegee aan hierdie in Die gebed van Salomo: ’n gebed om lewenswysheid (Lux Verbi_BM).

 

Week 6: Wisdom in life

Theme: The key to wisdom

Passage: 1 Kings 2: 10-12 and 3:1-14

Main focus: Wisdom does not come with age, but from God. Undivided obedience to Him is the key to spiritual and emotional maturity.

Comments on the passage

Why did Israel land up in exile? How should they live to prevent the same disaster? Through the course of history, God sent the prophets to exhort the people, but they would not listen. The people worshipped idols instead of worshipping, as God’s demanded, one God at one place. The author of this history wants to focus on the importance of worshipping God at one place, namely Jerusalem.

David, the great king of Israel died. He was buried in Jerusalem – the city of David – instead of Bethlehem, where his ancestors came from. Solomon became the sole king.

Solomon is described as someone who “showed his love for the Lord by walking according to the instructions given him by his father David.” However, there was one flaw, “he offered sacrifices and burned incense on the high places.” (3:3). The heights are connected with the Canaanite fertility cult. The many offerings that Solomon offered there, confirmed that the Lord has accepted the place as an offering location.

The author describes this flaw in the softest possible way. The point is that the new king, who came to take over from David, was, just like David, a man of integrity. Love for the Lord is the sum total of all obedience to God.

Dreams were often part of God’s revelation. The Lord asked Solomon what he needed. The introduction to the “asking” part of Solomon’s prayer is long. The focus of this text is on the faithfulness of God, the enormity of the task and the inability of Solomon to carry out the task. This part focuses on God’s faithfulness to David. David was also faithful, obedient and true to the Lord. The highlight is that his son may now continue the rule of David.

The task of Solomon is huge. The people of God are a “great people, too numerous to count or number” (3:8,9).

Solomon referred to himself as a little boy (na’ar qatōn). In the original language Solomon says that he does not know how to go in or go out – an indication of the way of life of a grown man. He does not yet know how to live this way.

The petition of Solomon’s prayer follows. Solomon asked in Hebrew for a “hearing/ listening heart.” This is a simple description of obedience to God. This is precisely the foundation of wisdom. This obedience or listening heart enables Solomon to distinguish right from wrong. To know God and to serve Him is indeed the beginning of wisdom (Proverbs 1:8; 2:6; 9:10).

The historian clarifies what is expected of each king. It is not about their wishes and desires, but about the divine ideal of justice. The king in the Old Testament often thanked God for victory over enemies, long life and wealth (See Psalm 21: 2 -6). God’s response to Solomon’s prayer refers to these three things. Because Solomon did not ask for these things, the Lord promises wisdom as well as these blessings.

Solomon is grateful for the revelation of the Lord in the dream. He shows it by bringing sacrifices. It includes two main aspects, namely new gratefulness and new love. He also offers a communal meal for the people. It could serve the practical purpose to share with the people the blessing he has received from the Lord. The important point here is that these promises of God had not yet been fulfilled. Solomon just responded properly to the promises of God.

Proposal for a sermon

The sermon could begin with a reference to the great privilege of prayer. Solomon received an invitation that was almost like a blank cheque. Jesus also said that we can ask and God will give (Luke 11:9; see also John 16:23).

The preacher could focus on the image of God which is communicated with this invitation to ask. God does not have to be persuaded to give. He gives freely. Walter Lüthi told a beautiful story about his childhood. Their neighbour (Lüthi was a bit scared of him) had a beautiful peach tree with very desirable, big yellow peaches. One year there was a branch hanging over their fence. There were some peaches that looked tempting. He just had to should stretch far to get to one of them. As he was stretching, he suddenly heard the voice of the neighbour sitting between the top branches. He got a real fright. The neighbour said, “Would you like some peaches? Let me pick nice big ones from the top of the tree.” The neighbour gave arms full of peaches. This is how God is God. He is generous.

What does one ask when this “blank cheque” is given? Perhaps the listeners could make a list in their minds of what they would have asked if they were Solomon. Solomon does not make a list. The focus of his prayer is different.

– The first point to be made here is that we are allowed to pray, because God is faithful. Solomon focussed on the faithfulness of God. God has been faithful in his father’s life.

– The second point that could be made is that we need to pray, because the challenges of life are too much for us to handle. Solomon looked at his task and then saw himself. He was too inexperienced to perform this task altogether. In our day we would say that it is very important to have experience. This is how we select people to important positions. People need experience, the right qualifications and should have a good background and education.

Solomon does not think about himself in this way. Quite the contrary! He has nothing that enables him to carry out his task. In God’s presence, he is an ordinary man. He was helpless and uncertain about the future. Think of other people in history who also felt so helpless.

– The third point is that Solomon’s petition is very short. In the light of the faithfulness of God, his task and his shortcomings, he asked only one thing: a hearing/listening heart. He realized that the only way to do God’s work in the world is by having an obedient heart Spurgeon aptly said, “Whoever prays should listen well.” This means that we must listen before we can ask. Although Solomon knew nothing about Christ, his prayer is already predicting a prayer of people standing beneath the cross. Beneath the cross we subject all things to God, uses everything in his service, places everything second for the sake of the glory, kingdom and will of God. Solomon could have asked what the kings of his time requested: power (victory over enemies), wealth and long life (more time). These are all modern prayers. However, his focus is obedience.

The sermon can emphasise:

– We do not need more time. We need obedience to use the time we have to the best of our ability.

– We do not need power or better positions (victory over our enemies). It is a modern prayer to pray for more power or to have a better position. The question is not whether you are the president or managing director, but if you use the position you have to glorify God.

– We do not need more possessions and wealth. We need obedience to use what we have so that God’s kingdom can be served.

How does the Lord react? God promised Solomon wisdom but also all the other things. This is not prosperity theology. People who serve the Lord will not necessarily be rich, live long or hold so-called good positions in society. Jesus says in Matthew 6:33 that each person seeking God’s kingdom and His will, can approach the future without worries.

Solomon’s response to God’s promises is amazing. Did Solomon see anything? Has he received the blessings already? No. Was he already an important great king? No. He did not even wait to see if God’s words and promises would come true. He began to bring glory to God.

Something else to think about

According to the Heidelberg Catechism the Lord’s Prayer and the Ten Commandments describe our life of gratitude. Prayer, however, according to the Heidelberg Catechism is the “most important part of the thankfulness God requires”. It is through prayer that God gives us his grace and the Holy Spirit. Are these things reflected in our personal lives and in churches in light of the fact that it is the key to maturity and growth?

The text in 1 Kings 3 calls for a very strong connection with the New Testament. The undivided heart or pure heart, to which Jesus calls his followers, implies total surrender to God’s will. It is the Lord’s Prayer in the Sermon on the Mount is the core of everything.

There is a demand attached to God’s promises. Promise and demand form a unit. The promise of a long life for the king cannot be separated from obedience to the commandments of the Lord.

Possible resources

Watch this video clip of Dallas Willard on renewal of our minds: https://www.youtube.com/watch?v=VwIsp67Lg1E

Week 5: Heelgemaak saam met ander

Tema: Ons word geestelik volwasse in die gemeenskap van gebrokenes

Perikoop: Rom 12:9-21

Skopus: Die uitdaging van die Christelike geloofsgemeenskap is om saam met te groei – saam met hulle waarvan jy hou en hulle wat jou nie goedgesind is nie. Ons oorwin die kwaad met die goeie deur onbeperkte liefde.

Opmerkings oor die teks

Weens gebrek aan spasie is dit nie moontlik om elke vers van hierdie perikoop te bespreek nie. Die fokus sal op die groter idee val.

Rom 12:9 en 21 is die opskrif en afsluiting van die hele gedeelte. Rom 12:9 sluit aan by die vorige gedeelte waarin die genadegawes vir die liefdesgemeenskap van die gemeente verduidelik is. Die liefde onderskei die gemeente in die wêreld. Die liefde is nie skynheilig nie. Wat volg in 12:9-21 gee uitdrukking aan hierdie on-skynheilige liefde. Dit is die manier waarop ons op die genade van God reageer (Rom 12:1,2).

Gelowiges oorwin die kwaad met die goeie (12:21). Die manier waarop dit gedoen word, is alles uitdrukkings van opregte liefde. Alles wat tussenin voorkom, gee uitdrukking aan hierdie liefde (die goeie) wat die kwaad oorwin en verafsku.

Broederliefde (12:10) is ’n begrip wat liefde binne die huisgesin uitdruk. Dit kom uit die hart. Dis nie oppervlakkig nie. Binne hierdie verhouding betoon mense eerbied of respek vir mekaar.

Die gelowige moenie in toewyding verslap nie (12:11). Hulle moet vurig van Gees/gees wees, vol blydskap en mense van gebed wees. Blydskap is gebou op die Christelike hoop. God sal doen wat Hy belowe het. In gebed kyk ons verder as ons omstandighede. Deur volharding hou ons ons oë op Hom gevestig.

In 12:16 word na verhoudinge binne die gemeente teruggekeer. Gelowiges praat dieselfde taal. In ’n vyandige omgewing is dit uiters belangrik. Hooghartigheid of eiewysheid verbreek hierdie eenheid (sien ook Rom 12:3). Dat ons nie eiewys moet wees nie, slaan terug op die Ou Testamentiese wysheid (Spr 3:7). Om by nederiges te skaar is een van die eienskappe van die Christelike gemeenskap.

Christene deel hulle besittings met alle mense (Sien Fil 4; Rom 15; 2 Kor 8,9 Hand 2:42-47; 4:32-35 en Hand 6). Israel sou onthou dat hulle vreemdelinge was en moet daarom na vreemdelinge omsien (Lev 19:34 en Deut 10:19) – sien Robert Vosloo se studie in Woord teen die Lig III/4 oor gasvryheid).

Mense buite die gemeente is ook voorwerpe van liefde. Uit Rom 8:36 is dit duidelik dat die gelowiges moeilike tye beleef het. Die versoeking was om op dieselfde manier as hulle op te tree deur vloeke oor hulle uit te spreek. Ons oorwin die kwaad met die goeie deur ’n seënbede oor ons vervolgers uit te spreek. Die seën in plaas van vloek wat ons oor ander moet uitspreek, kom tot uitdrukking in positiewe en negatiewe stellings: wees bly en treur.

Rom 12:17-19 benadruk dat wraak en vergelding nie die Christelike lewenstyl vertoon nie. Verse 17b en 18 benadruk die positiewe lewensingesteldheid: om goed te doen en vrede te soek.

Rom 12:18 benadruk dat gelowiges ambassadeurs van vrede is. Dit gaan nie om vrede ten alle koste nie. Hoewel daar nie altyd vrede sal wees nie, moet vyandskap nooit van hulle kant af kom nie. Daar is dus wel ’n grens aan vrede, maar dit kom van die ander party af.

Rom 12:20 is ’n praktiese illustrasie van die seën wat aan vervolgers gegee moet word, asook hoe ons die kwaad met die goeie oorwin. As ’n vyand goed behandel word, teenoor die normale norme van die samelewing waarvolgens die vyand sleg behandel sou word, word die kwaad op die beste moontlike manier deur die goeie oorkom.

Voorstel vir ’n preek

Hierdie gedeelte in Paulus se brief is vol emosie. Woorde wat gebruik word, is liefde, haat, vashou aan die goeie, hartlike broederliefde, eerbied, toewyding, geesdriftig, verbly, volhard, help, gasvryheid, seën, nie vervloek nie, treur… ons kan aangaan. Dis asof ons hele menswees in beslag geneem word.

Dis ook hoe dit behoort te wees. Die hoofstuk begin met God se genade. Net soos die Tien Gebooie met God se bevryding begin en uitloop op liefde vir God en ander, word ons herinner aan God se ontferming in Christus (12:1). Dit lei tot ’n lewe van totale oorgawe aan God se wil. Dit bring ’n metamorfose, ’n hervorming in ons tot stand (12:2). Die manier waarop die wêreld optree (12:2), die skemas van die wêreld maak nie meer sin nie.

Ware liefde word gebore. Dis ’n liefde sonder voorwaardes en maskers. Dit kom uit die hart en sluit alle mense in – die geloofsgemeenskap en hulle buite die geloofsgemeenskap.

Besluit self of jy in jou preek kortliks deur elke vers wil gaan. ’n Ander en dalk beter alternatief is om opregte liefde na binne die geloofsgemeenskap en opregte liefde na buite die geloofsgemeenskap te beklemton. ’n Basiese goue draad wat in die preek moet loop is dat mense wat die genade van God ontvang het, wat geestelik en emosioneel volwasse word, gedurig aan die versoeking blootgestel sal word om toe te gee aan waardes wat teenstrydig met die evangelie is.

Baie Christene en leraars voel dat hulle uitbrand omdat hulle aanhou probeer om soos Christus op te tree, maar dit maak nie ’n verskil nie! Hierdie gedeelte daag ons egter uit om aan te hou! Dit daag ons uit om radikaal anders te wees. Dis juis wat ons onderskei as mense wat heelgemaak word.

Hoe sal ons dit regkry? Iemand skryf dat daar geen lig kan wees sonder iets wat brand nie. Hoe bly die vuur brand? Paulus gee die antwoord in Rom 12:11,12. Die Heilige Gees hou die vuur aan die brand. Ons geesdrif sal gedemp word as die Heilige Gees nie ons gees brandend hou nie. Volhardende gebed en toewyding aan God bly die bron van ons krag in alle omstandighede. Gebed vestig ons oë op die bron van alle hoop – God self (Rom 15:5).

Prof J H Bavinck vertel dat hy eenmaal die inwyding van ’n kerk bygewoon het. Op die vensters van die kerk was die volgende woorde: geloof, hoop en liefde. Ons weet dat dit die drie-eenheid van die Christelike lewe is. So lyk die styl van Geesvervulde mense. As jy aan die binnekant van die gebou gestaan het, het jy die woorde ook in hierdie volgorde gelees. As jy aan die buitekant gestaan het, het jy dit in teenoorgestelde volgorde gelees: liefde, hoop, geloof. Só, sê Bavinck, is dit in die regte lewe. Binne die kerk is die orde dat ons moet glo. Geloof lei tot hoop en dade van liefde.

Buite die kerk is die orde omgekeerd. Ons moet liefde betoon. Dit lei tot hoop en geloof. Mense wat nie glo nie, sal alleen na die kerk getrek word wanneer hulle die liefde van mense raaksien. Ons kan ongelowige mense nie in die kerk kry op ’n Sondag nie. Ons kan wel ’n erediens hou waar ons ookal beweeg. Die erediens van die daaglikse lewe is niks anders as die betoning van liefde aan die wêreld nie.

Nog iets om oor na te dink

Dietrich Bonhoeffer skryf dat Christene van geweld afstand gedoen het. Jesus se navolgers, sê hy, handhaaf vrede deur te kies om te ly, in plaas daarvan om lyding vir ander te veroorsaak. Hulle hou die gemeenskap in takt wanneer ander dit wil vernietig.

Calvyn het in sy kommentaar op Romeine breedvoerig hieroor geskryf. Hy waarsku ons op twee vlakke. Hy sê dat ons nie só die goedkeuring van mense moet soek dat ons weier om die haat van enigiemand ter wille van Christus te verduur nie. Daar is mense, sê Calvyn, wat regtig vredeliewend en aangenaam is en tog deur hulle naaste familie as gevolg van die evangelie gehaat word. Die tweede vermaning is oor hoflikheid. Dit moenie in kompromieë verval waardeur ons die boosheid van mense ter wille van vrede sal prys of duld nie. Ja, sê Calvyn, ons moet baie dinge verdra, oortredings vergewe, en die volle wet op ’n goedgesinde wyse na kom omdat ons vrede soek. Tog moet ons dit op so ’n manier doen dat ons bereid sal wees, wanneer dit noodsaaklik is, om moedig te stry. Dis tog onmoontlik dat die soldate van Christus ewigdurende vrede met die wêreld, waarvan Satan die prins is, sal hê!

Moontlike hulpmiddel

Lees gerus die boek van Walter Wink, Jesus and Nonviolence. A Third way (Fortress Press).

Week 5: Healed with others

Theme: We become spiritually mature in the community of broken people

Passage: Romans 12:9-21

Main focus: The challenge of the Christian community is to grow together – along with them you love and those who do not like you. We overcome evil with good when we love without boundaries.

Comments on the passage

It is not possible to discuss every verse of this passage with the space available. The focus will be on the bigger ideas in the passage.

Romans 12:9 and 21 are the heading and summary of the entire section. Romans 12:9 links up with the previous section, in which the gifts for the community of love in the church is explained. Love distinguishes the church in the world. Love is not hypocritical. What follows in 12:9-21 expresses this non-hypocritical love. This is the way we respond to the grace of God (Romans 12: 1,2).

Believers overcome evil with good (12:21). The way it is done is expressions of true love. Everything that should be done between these verses expresses this love (the good) that overcome evil and hatred.

Brotherly Love (12:10) is a concept that expresses love within the family. It comes from the heart. It is not superficial. Within this relationship we show reverence or respect for each other.

The believer must not lapse in devotion (12:11). They should be fervent in spirit, be full of joy and be people of prayer. Christian hope is the foundation of joy. God will do what He has promised. In prayer we look beyond our circumstances. Through persistent prayer we keep our eyes fixed on him.

12:16 focus on relations within the church. Believers speak the same language. This is extremely important in a hostile environment. Pride breaks this unity (see also Romans 12:3). The warning against pride links up with the Old Testament wisdom (Proverbs 3:7). To associate with people of low position is one of the characteristics of the Christian community.

Christians share their possessions with all people (See Philippians 4; Romans 15; 2 Cor 8,9; Acts 2:42-47; 4: 32-35 and Acts 6). Israel would remember that they were strangers and should therefore be hospitable when they meet strangers (Leviticus 19:34 and Deuteronomy 10:19).

People outside the church are also objects of love. Rom 8:36 indicates that believers have experienced difficult times. The temptation was to act with retaliation and curse them. We overcome evil with good by blessing our enemies. Blessing instead of cursing is shown in positive and negative statements, namely to share the joy and pain of other.

Romans 12:17-19 emphasises that revenge does not display a Christian lifestyle. Verses 17b and 18 emphasise a positive attitude to life: to do good and to seek peace.

Romans 12:18 says that believers are ambassadors of peace. This is not about peace at all costs. Although peace in all circumstances is impossible, the hostility should never come from us. Therefore, there is a limit to peace, but it comes from the other party.

Romans 12:20 is a practical illustration of the blessing to be given to enemies and how evil is overcome with good. If an enemy is well treated, compared to the usual norms of the society in which the enemy would be mistreated, we overcome the evil with good in the best possible way.

Proposal for a sermon

This passage in Paul’s letter is full of emotion. Words used is love, hate, to stick to the good, brotherly love, respect, commitment, enthusiasm, joy, perseverance, help, hospitality, blessing, not to curse, sharing in grief, etc. These emotive words take possession of our whole being.

This is also how it should be. The chapter begins with God’s grace. Just as the Ten Commandments speaks of God’s deliverance that leads to love for God and others, we are reminded of God’s mercy in Christ (12:1). This leads to a life of total surrender to God’s will. It brings a metamorphosis, a transformation of our whole being (12:2). The way the world behaves (12:2), yes the schemes of the world do not make sense anymore.

True love is born. It is a love without conditions and masks. It comes from the heart, and includes all people – those inside the faith community and those outside the community of believers.

You should decide if you are going to focus on every verse in this passage to illustrate this love. A different, and perhaps better alternative, is to emphasise the nature of genuine love for the community of faith and sincere love to those outside this community. A basic golden thread in the sermon should be that people who have received the grace of God, who are spiritually and emotionally mature, are constantly being exposed to the temptation to give in to values contrary to the Gospel. Many Christians and pastors feel that they burn out because they keep on trying to act like Christ, but it does not make a difference. This section, however, challenges us to continue! It challenges us to be radically different. This is what distinguishes us as people who were healed by the grace of God.

What motivates us to continue? Someone wrote that there would be no light without something to burn. How shall we keep the fire burning? Paul gives the answer in Romans 12:11,12. The Holy Spirit keeps the fire burning. Our enthusiasm will be extinguished if the Holy Spirit does not keep our spirit alive. Persistent prayer and devotion to God remains the source of our strength in all circumstances. Prayer draws our eyes to the source of all hope – God Himself (Romans 15: 5).

Prof JH Bavinck wrote that he once attended the dedication of a new church. On the windows of the church were the following words: faith, hope and love. We know that is the ‘trinity’ of the Christian life. This is a Spirit-filled life. If you were on the inside of the building, this was the order of the words. In the same way, says Bavinck, it is in everyday life. This is the order inside the church. Faith leads to hope and acts of love. If you are on the outside of the church and walked towards the door you would pass the words in reverse order: love, hope and faith. This is how it should be. We must love each other. This leads to hope and faith. People who do not believe, will only be drawn to the church when they experience the love of God’s people. If love is absent, so are hope and faith. Unbelievers normally do not attend a worship service. However, we can worship wherever we go by demonstrating the love of Christ.

Something else to think about

Dietrich Bonhoeffer writes that Christians waived their “right” to violence. Jesus’ followers, he said, should maintain peace by choosing to suffer, instead of causing suffering to others. They keep the community intact when others want to destroy it.

Calvin wrote extensively about this in his commentary on Romans. He warns on two levels. He says that we do not seek the approval of people and should be willing to endure hatred for the sake of Christ. There are people, says Calvin, who are really peaceful and pleasant, yet hated by their close relatives because of the gospel.

The second warning is about politeness. It should not lure us into compromises that would tolerate evil for the sake of peace. Yes, Calvin says, we need to endure many things: forgiving offenses and fulfil the law in a friendly manner because we seek peace. Still, we must be willing to live in such a way that we will be prepared, when necessary, to fight courageously. It is not possible for the soldiers of Christ to have eternal peace with the world of which Satan is the prince.

Possible resource

Read the book of Walter Wink, Jesus and Nonviolence. A Third Way (Fortress Press).

Week 4: Die Gees maak ons heel

Tema: Lewe uit die dood

Perikoop: Eseg 37:1-14

Skopus: Die profeet benadruk die eensydige, onverdiende genade van God wat mense en gemeenskappe deur die krag van sy Woord en Gees herskep. God maak ons en ons geloofsgemeenskappe deur die Woord en Gees heel.

Opmerkings oor die teks

In die geskiedenis is hierdie gedeelte dikwels in die Joodse tradisie as ’n aanduiding van ’n werklike opstanding van dooies gesien. Daar word selfs deur mense uit hierdie tradisie beweer dat van sommige van die opgewektes liedere gesing het, ander dadelik weer gesterf het en ander het getrou en kinders gehad. Justinus, Irenaeus, Tertullianus, Ciprianus en ander het hierdie gedeelte ook gesien as ’n voorspelling van die opstanding uit die dood. Uiteraard het dit ook gelei tot prediking wat die betekenis van die Nuwe-Testamentiese opstanding uit die dood op die teks afgedwing het, sonder om die oorspronklike konteks ernstig te neem.

Tereg sê Walther Zimmerli dat hierdie verklarings nie die bedoeling van Esegiël weergee nie. Dit moet duidelik en ondubbelsinnig gesê word dat Eseg 37:1-14 twee beelde (droë bene en grafte) gebruik om “the event of the restoration and the regathering of the politically defeated all-Israel” te beskryf.

Die profeet word geroep om te profeteer onder die mag van die Here. Dit kan in twee gedeeltes opgedeel word, naamlik ’n beeld (37:1-10) en ’n interpretasie daarvan (37:11-14). Die interpretasie bevat die werklike boodskap van die beeld vir die volk. In hierdie geval is dit die “huis van Israel”. Die beeld van die bene in die vlakte wat in 37:1-10 aangetref word, word in 37:11-14 vervang met die beeld van die grafte. Beide beelde beklemtoon een saak, naamlik dat die toestand van die volk hopeloos is. Op die vraag van die Here of die bene weer lewendig kan word, antwoord die profeet baie dubbelsinnig: Ek het geantwoord: “Nee, dit weet net U, Here my God” (37:3). Coenie Burger sê: “Aan die een kant, op bloot menslike vlak, sien Esegiël geen hoop nie. Aan die ander kant ken hy God se almag wat lewe kan voortbring uit selfs die haglikste situasie.”

Ten spyte van die totale hopeloosheid van hulle toestand, openbaar God Homself as die een wat lewe gee. Hierdie lewe kom uit die hand van God en deur middel van die betrokkenheid die “gees” (37:5-9). In hierdie gedeelte moet ons nie die Heilige Gees inlees waar “gees” staan nie. Die Here praat hier met Esegiël deur middel van ’n beeld. Deel van hierdie beeld is die wind of “gees”.

Dit is, soos Gen 2:7, die begin van ’n nuwe lewe. Dat God alleen nuwe lewe skep word verder beklemtoon deur die woorde in 37:12-14 waarin die Here die enigste persoon is wat handel. Daarom verklaar Zimmerli: “There is no sign of a connection with any merit, which might seem to exist somewhere on the part of the people of God. From his free will God gives life to his own who are condemned to death.”

In Eseg 36 word die werk van die Gees van God egter sterk benadruk en dit sou heeltemal aanvaarbaar wees om op ’n tweede vlak die “gees” of wind van Eseg 37 en die Heilige Gees van Eseg 36 met mekaar te verbind.

Voorstel vir ’n preek

’n Preek kan begin deur te verwys na Voltaire se woorde dat daar oor 50 jaar sal daar nie meer van die Bybel gehoor word nie. Hy het geleef van 1694-1778. Dieselfde prognose word ook dikwels vir die kerk gegee. Die Prediker kan oor die doodsheid in die kerk en in persoonlike lewens uitwei. Dalende lidmaatgetalle en erediensbywoning, bidure, bydraes, afvalligheid, onenigheid, verwagtingloosheid en belangeloosheid is deel van die kerk se storie. Coenie Burger het in sy boek, Gemeentes in transito heelwat hieroor te sê. Hy noem, onder andere, finansiële druk op gemeentes wat vergroot en sekularisasie wat toeneem.

Die prediker kan nou ook op die invloed van hierdie dinge op die individuele geloofsreis van Christene fokus. Dinge lyk nie goed nie! Dis asof die profeet saam met die volk met skeptisisme sê: net die Here weet of hier nog iets van kan kom! Die dood is ’n volslae feit. Hulle is in hulle graf en hulle bene is reeds baie droog.

Is daar hoop? Robert Farrar Capon skryf tereg dat al wat God nodig gehad het om ’n heelal te skep, was niks. Al wat hy nodig het om ’n prediker te maak, is ’n niemand! Ek wil byvoeg: al wat God nodig het om oor te begin, is gebroke mense, stukkende kerke, hopelose situasies.

Dis hier waar die prediker die krag van God se Woord en Gees kan belig (37:4,12). God skep alles uit niks (Gen 1 en 2). Hy skep die dood uit die lewe (Ef 2:1-10). Hy herskep ons deur sy Gees tot die lewe en ’n nuwe gehoorsaamheid (36:26,27).

Wat kan en moet die kerk doen? Kyk wat moet die profeet doen. Hy moet aan dooies die lewe verkondig! Nie ons diagnoses, prognoses, aksies, programme gee die deurslag nie, maar dit wat God wil. God werk met sy Woord en boodskappers in hierdie wêreld met die boodskap van die lewe: die mens wat die evangelie verkondig, sê nooit iemand die dood aan nie – net die lewe.

Hoekom doen die Here dit? Wanneer die kerk dood is, sien die wêreld dit (36:20). Wanneer die kerk nie hoop het nie, lyk dit of hulle nie ‘n God het nie. Dit gaan oor die eer van sy Naam. Wanneer God red sal hulle erken dat Hy die Here is (13,14). Maar so ook die nasies. Die nasies sal erken dat Hy die Here is (36:23)

Nog iets om oor na te dink

Waarvan hang sukses in die gemeente en groei in ons lewe af? Hang dit af van menslike planne en strategieë? Word die gedagte dat Christus self sy kerk in stand hou nie dalk deur ons planne en strategieë bevraagteken nie? Die boodskap van die profeet is duidelik: God skep lewe uit die dood. Dis nie van mense afhanklik nie. Tog is dit ook waar dat die profeet hierdie boodskap moes gaan verkondig. God sluit ons dus in by sy plan, maar die uitkoms daarvan berus by Hom alleen.

Moontlike hulpmiddels

Kyk na hierdie video as jy ’n dramatiese uitbeelding van die gedeelte wil sien. https://www.youtube.com/watch?v=6dafYxu8cQQ

Walther Zimmerli se kommentaar op Esegiël bly een van die bestes. Coenie Burger het ’n uitstekende preekstudie oor hierdie gedeelte in Woord teen die Lig (II/1) geskryf.

Week 4: The Spirit heals us

Theme: Life from death

Passage: Ezekiel 37: 1-14

Main focus: The Prophet emphasises the unilateral, unmerited grace of God transforming people and communities through the power of his Word and Spirit. God heals our faith communities and us His Word and Spirit.

Comments on the passage

In Jewish tradition this passage was sometimes seen as an indication of an actual event of resurrection. Some people from this tradition claim that those who were raised from the head sung songs, others died immediately and others married and had children. Justin, Irenaeus, Tertullian and others saw this prophecy as a prediction of the resurrection from the dead. Naturally, it also led to superimposing the meaning of the New Testament resurrection on this passage, without taking the original context seriously.

Walther Zimmerli rightly says that these views do not reflect the intent of Ezekiel. It must be clearly and unambiguously stated that Ezekiel 37: 1-14 use two images (dry bones and graves) to describe “the event of the restoration and the regathering of the politically defeated all-Israel.”

The prophet is called to prophesy about the power of the Lord. It can be divided into two parts, namely an image (37:1-10) and an interpretation (37:11-14). The interpretation contains the actual message of the image for the people. In this case it is the “house of Israel”. The image of the bones in the valley in 37: 1-10 is replaced in 37: 11-14 with the image of the graves. Both images highlight one issue, namely that the state of the nation is hopeless. On the question of the Lord whether the bones can become alive, the prophet replies very ambiguous, “Sovereign Lord, you alone know” (37:3). Coenie Burger writes, “On the one hand, on purely human level, Ezekiel sees no hope. On the other hand, he knows God’s omnipotence that can create life even in the worst situation.”

Despite the total hopelessness of their situation, God reveals Himself as the one who gives life. This life comes from the hand of God and through the involvement the “spirit” (37:5-9). In this section we should not read “Holy Spirit” where “spirit” is written. God speaks to Ezekiel with an image. Part of this picture is the wind or “spirit”. Just as in Genesis 2:7, it means the beginning of a new life. That God is the only Creator of new life is also emphasized later with the words in 37:12-14. God is the only person who acts. Therefore Zimmerli states correctly, “There is no sign of a connection with any merit, which might seem to exist somewhere on the part of the people of God. From his free will God gives life to his own who are condemned to death.”

Yet, Ezekiel 36 puts the work of the Spirit of God on the centre stage. It would therefore be acceptable on a second level to link the work of the Spirit of God in Ezekiel 36 with the activity of the “spirit” or wind in Ezekiel 37.

Proposal for a sermon

A sermon can begin by referring to Voltaire’s words that nobody will know about the Bible in 50 years from then. He lived from 1694 to 1778. The same prognosis is often given about the church. The preacher could elaborate on the deadness in the church and in personal lives. Plummeting numbers in church attendance, prayer meetings, contributions, people leaving the church and faith, strife, lack of hope and lack of interest are part of the church’s story. In his book, Gemeentes in Transito (Congregations in transit), Coenie Burger has much more to say about. He mentions, amongst others, bigger financial pressure on churches and secularization.

The minister could now focus on the impact of these issues on the individual journey of faith of Christians. It does not look good! It is as if the prophet agrees with the scepticism of the people when he says that only God knows whether life is possible. Death is an absolute fact. They are in their graves, and their bones are already very dry.

Is there hope? Robert Farrar Capon writes correctly that all God needed to create a universe, was nothing. All he needs to make a preacher is a nobody! I want to add: all God needs to start all over is broken people, broken churches or hopeless situations.

When we are down and out, the power of God is proclaimed. The sermon could focus at this stage on the power of God’s Word and Spirit (37:4,12). God created everything out of nothing (Genesis 1 and 2). He creates the death of the life (Eph 2:1-10). He recreates us by his Spirit to life and a new obedience (36:26,27).

What can and should the church do? We should do what the prophet does: preaching life to the dead! Our diagnoses, prognoses, actions or programmes will not bring the breakthrough. God’s agenda has to be followed. God works through His Word and messengers in this world when they proclaim the message of life. Whoever preaches never tells people that they will die, but that God gives life!

Why does the Lord give life in the midst of death? When the church is dead, the world sees it (36:20). When the church does not have hope, it seems to the world as if we have no God. It is all about the glory of his name. When God saves everybody will recognise that He is Lord (37:13,14). The nations shall know that He is Lord (36:23)

Something else to think about

What are the factors determining success and growth in the church and individual lives? Does it depend on human plans and strategies? Are we questioning the idea that Christ will sustain his church with our plans and strategies? The message of the Prophet is clear: God creates life out of death. It does not depend on people. Yet it is also true that the prophet had to proclaim this message. God, therefore, includes us in his plan, but the outcome rests with him alone.

Read more

See the following video clip for a dramatic reading of this passage. https://www.youtube.com/watch?v=6dafYxu8cQQ

Walther Zimmerli’s commentary on the book of Ezekiel remains one of the best ever written.

 

Week 3: Jesus maak ons heel

Tema: Heelgemaak ten spyte van sonde en swaarkry

Perikoop: Rom 8:31-39

Skopus: Jesus Christus is God se ja aan ons. As ons na onsself of omstandighede rondom ons kyk, sal ons nooit God se goedgesindheid raaksien nie. Paulus wys weg van onsself – na die kruis. In Jesus weet ons God is vir ons.

 

Opmerkings oor die teks

Hierdie gedeelte is die afsluiting van die onderafdeling van Rom 5-8 en groter gedeelte van Rom 1-8. Die grootheid van God se genade ten spyte van sonde is duidelik beskryf. Sommige geleerdes noem hierdie perikoop die hooglied van die geloof. Dit val in drie gedeeltes uiteen. Rom 8:31-32 maak die gevolgtrekking van die voorafgaande hoofstukke, naamlik dat God in Christus vir ons is en daarom ook alles aan ons uit genade sal skenk. Rom 8:33-34 fokus op ons sonde en hoe God ons daarvan vryspreek. Niemand kan vingers wys of ons sonde uitwys sonder om met God in Christus te bots nie. Hy het ons vrygespreek (’n juridiese term om te sê dat ons onskuldig verklaar is). God het dit op grond van sy genade gedoen wat Hy in Christus bewys het. Deur die dood en opstanding van Christus is die oordeel opgehef (Rom 8:1). Christus, die lewende en Heer oor alles is gedurig besig om voor God ter wille van ons te pleit (volgens die tydsvorm in Grieks). Rom 8:35-39 fokus op die omstandighede van die lesers wat duidelik ter wille van Christus swaarkry (8:36). Elke teenoorgestelde wat in sy gedagtes opgekom het, word deur Paulus gebruik om die reikwydte van God se liefde te beskryf. Omdat Christus die Heer oor alles is (Hy is aan God se regterhand), kan hierdie dinge ons nie van Hom skei nie. Ons verlede is afgehandel en ons toekoms is seker. In die hede word ons geduring vasgehou.

 

Voorstel vir ’n preek

  1. Scott Peck begin sy boek (The Road Less Traveled) met die woorde: “Life is difficult.” Die prediker kan hieroor uitbrei. Die lesers van hierdie brief het dit ook moeilik gehad (Rom 8:35,36)

Binne hierdie konteks sê Paulus: God is vir ons! (Rom 8:31). Al is ons omstandighede ook hoe troebel, is hy seker dat God aan ons kant kom staan het (sien Rom 8:18-30).

Hoe weet jy dat God vir jou is? Ons eeu is vol van die sogenaamde “God vir ons” – teologie. Dit het ongelukkig gelei tot die ergste vorme van lyding wat ’n mens jouself kon voorstel: gaskamers en strafkampe, diskriminasie op grond van mense se velkleur, geslag, godsdiens, kultuur.

Die bewys dat God vir ons is is nie in ons omstandighede nie, maar in Jesus (8:32). Dit is sy gevolgtrekking uit die vorige hoofstukke. Die kruis is die beweging van God MET ONS na God VIR ONS. Dit het twee gevolge:

  • Dis is die waarborg dat ons sonde vergewe is (8:33-34). Martin Luther het gevra: Hoe vind ek ‘n genadige God? Paulus antwoord: in Christus. Miskien moet ons ook vra: Hoe vind ek ‘n genadige God tussen ’n klomp ongenadige mense? Paulus antwoord: In Christus. Hy maak ons heel!
  • Dit is die waarborg dat ons veilig is (8:35-39). Die lewe is vol benoudheid, vol swaarkry, vol twyfel, vol vrees vir die môre, vol vrees vir die magte wat groter is as hulleself, vol onsekerheid oor wat môre mag bring. Paulus sê dat dit deel van ons lewe is. Geloof vrywaar ons nie van swaarkry nie. Martin Luther het opgemerk: hoe groter Christen, hoe meer aanvegtinge! Elke keer wanneer Paulus in sy briewe na Christus se wat aan die regterhand van God sit, verwys, maak hy ’n lys van al die magte (sien Rom 8:34,35,37,38). Dis asof Hy wil sê: Sien julle al die dinge wat ons wil oortuig dat God nie by ons is nie, dat Hy nie in beheer is nie? Wel dis nie waar nie. Hy is Heer oor al die magte.

God maak ons heel, want Hy is vir ons. Ons sien dit in Jesus! Dit sê elke Christen wat glo in die Heer oor alle magte – die magte in ons en buite ons!

 

Nog iets om oor na te dink

’n Verhaal wat Johan Cilliers vertel, vat hierdie gedagtes pragtig saam. Volgens hierdie verhaal het die skrywer Josef Pieper van n ervaring met een van sy vriende, Peter Wust, vertel. Hier volg die res van die verhaal: “Dit was tydens die oorlogstyd, aan die begin van Maart 1940. Wust was in die hospitaal, trouens, dit sou die laaste week van sy lewe wees. Hy was bedlêend en kon vanweë sy siekte nie meer praat nie. Vroeg een oggend bet die lugaanval-alarm afgegaan. Dit het beteken vyandelike vliegtuie is op pad. Binnekort gaan hulle tonne en tonne bomme op die stad afwerp; gaan dit soos doodsdruppels op die dak van die huise en hospitale, skole en kerke neerreën. Josef Pieper was aan diens by ‘n militêre instansie en was van die eerstes wat gehoor het dat dit ‘n vals alarm was. Hy bet gedink aan sy vriend in die redelik afgeleë hospitaal wat op daardie stadium tog sekerlik vol angs, hulpeloos op sy bed moes lê en wag het op die oomblik wanneer ‘n bom ook deur die dak bokant sy kop sou bars en hom en alles om hom heen aan flarde sou blaas. Hy het hom na die hospitaal gehaas onder die indruk dat by darem dié keer die draer van goeie en vertroostende nuus sou wees, die bringer van ‘n blye boodskap. Sy ontmoeting met sy vriend beskryf hy as volg: Ek het die sieke rustig aangetref, opgeruimd. Dit was vir my dadelik duidelik dat hy my boodskap nie besonder nodig gehad het nie. Half onbeholpe het ek hom meegedeel wat die rede vir my besoek op hierdie ongewone uur was. Daarop maak hy met sy hand ‘n vrolike, ontkennende gebaar, op sy verwronge gesig verskyn iets soos ‘n glimlag. Hy het sy notaboekie opgetel en sy antwoord neergeskryf. Beskaamd, maar ook vol verwondering, soos iemand wat vir die eerste keer hierdie mens voor my werklik raak gesien het, het ek die woorde gelees: “Ek bevind my in absolute sekerheid.” (Johan Cilliers: In die Greep van God – sewe ankers van sekerheid vir die derde Millennium – CUM)

 

Moontlike hulpmiddels

Kyk gerus na die kursus “Christianity explored”, wat fokus op wie Jesus in die evangelie Markus is. ’n Ander kursus wat tans baie gewild word is “Freedom in Christ.” Kyk op die webblaaie van beide hierdie kursusse vir meer inligting.

 

Week 3: Jesus heals us

Theme: Healed in spite of sin and suffering

Passage: Romans 8: 31-39

Main focus: Jesus Christ is God’s yes to us. If we look at circumstances around us and at ourselves, we will find it difficult to see God’s goodness. Paul pointed away from us – to the cross. In Jesus we know God is for us.

Comments on the passage
This part is the conclusion of Romans 5-8 and larger section of Romans 1-8. In these chapters, the greatness of God’s grace in spite of sin was clearly described. Some scholars call this passage the “song of songs” of the faith. It is divided into three sections. Romans 8:31-32 concludes what the previous chapters said, namely that God is for us in Christ. Therefore God will also give us everything by his grace. Romans 8:33-34 focuses on sin and how God justified us. No one can point fingers or point out sin in us without having to clash with God in Christ. He has justified us (a legal term to say that we are have been declared not guilty). God did it because of the grace he has shown in Christ. Through the death and resurrection of Christ, the judgement is removed (Romans 8:1). Christ, the living and Lord over all is constantly interceding with God on our behalf (according to the tense in Greek).

Romans 8:35-39 focuses on the circumstances of the readers. They suffer for the sake of Christ (8:36). Paul mentions a range of opposites to describe the extent of God’s love in all circumstances. Because Christ is Lord over all is (he is at God’s right hand), these things cannot separate us from Him. Our past has been dealt with and our future is certain. In the present we are constantly protected.

Proposal for a sermon

  1. Scott Peck began his book (The Road Less travelled) with the words, “Life is difficult.” The minister can elaborate on this. The readers of this letter has also had difficulties (Romans 8: 35,36)

Within this context, Paul says God is for us! (Romans 8:31) Though they could say, “Life is difficult” (see Romans 8: 18-30), he was sure that God is on their side.

How do you know that God is for you? Human history is filled with so-called “God for us” theology. This has unfortunately led to the worst forms of suffering that one could imagine: gas chambers and death camps, discrimination on the basis of people’s skin colour, gender, religion and culture.

The proof that God is for us is not in our circumstances, but in Jesus (8:32). This is his conclusion from the previous chapters. The cross is the movement of God with us to God for us. It has two consequences:

– The cross is the guarantee that our sins are forgiven (8:33-34). Martin Luther asked, “How can I find a merciful God?” Paul says, in Christ. Maybe we need to ask: How can I find a merciful God amongst a lot of merciless people? Paul says, in Christ. He makes us whole!

– The cross is the guarantee that we are safe (8:35-39). Life is filled with trouble, hardship, doubt, fear for the tomorrow, filled with fear for the powers beyond us, filled with uncertainty about what tomorrow might bring. Paul says that it is part of our life. Religion is not an insurance policy agains suffering. Martin Luther stated that temptations increase as we grow as Christians! Every time Paul mentions in his letters to Christ that Christ is seated at the right hand of God, he makes a list of all the powers and principalities (see Romans 8: 34,35,37,38; Eph 1:20-23). It is as if he wants to say: Do you see all the things that want to convince us that God is not with us, that He is not in charge? Well that’s not true. He is Lord over all powers.

God makes us whole, for He is for us. We see this in Jesus! Every Christian who believes in the Lord over all powers – the powers within us and outside of us – can say it!

Something else to think about

Johan Cilliers tells a story that summarises the above thoughts beautifully. Josef Pieper wrote about an experience he had with his friend, also a writer, Peter Wust. It was during the 2nd World War, at the beginning of 1940. Wust was in hospital. I would be his last week before he eventually died. He was bedridden and could not speak anymore because of his illness. Early one morning the sirens sounded to indicate that a possible air-attack was on its way. Within a few minutes, tons of bombs would rain down on the roofs of houses, schools, hospitals and churches.

Josef Pieper was on duty at a military institution and was one of the first people who heard that it was a false alarm. He immediately thought about his friend in hospital. He thought about the anxiety of his friend, who was helpless in his bed. He hurried to the hospital to be the bearer of good news for a change. He describes his experience with his friend as follows:

“I found the sick person calm and happy. It was immediately clear to me that he did not really need my message. I told him what the reason for my visit was at this awkward hour. He made a gesture with his hand, and on his face something like a smile appeared. He picked up his notebook and wrote something. Ashamed, but also filled with amazement, as if I have met this man for the first time, I read his answer: “I find myself completely safe.” (Johan Cilliers: In die Greep van God – sewe ankers van sekerheid vir die derde Millennium. CUM)

Possible resource(s)

Look at the course “Christianity Explored,” which focuses on who Jesus in the Gospel Mark’s. A different course that is currently very popular is “Freedom in Christ.” Check the website of both these courses for more information.

Week 2: God maak ons heel

Tema: God het “ja” gesê vir ons

Perikoop: 2 Kor 1:12-24

Skopus: God maak ons heel deur ons op vaste grond te plaas. Onsekerheid maak plek vir sekerheid en vreugde, omdat ons aan Hom deur Jesus Christus en die Heilige Gees behoort.

Opmerkings oor die teks

Paulus begin om oor homself en sy reisplanne te praat. Het het goeie rede. Daar was mense wat sy gesag bevraagteken het. Dit is een van die sentrale temas in die brief – indien nie dié sentrale onderliggende tema nie.

2 Korintiërs is een van ten minste drie briewe wat Paulus aan die gemeente geskryf het. Na sy eerste brief aan die Korinte het daar groot spanning in die gemeente ontstaan oor Paulus se gesag as apostel. Iemand het ’n ernstige persoonlike aanval op Paulus gemaak (2:5–11). Daarna bring hy ’n pynlike besoek aan Korinte (2:1). Sy sogenaamde “tranebrief”, wat verlore gegaan het, is die gevolg van hierdie besoek (2:4; 7:8).

Die doel van die brief is duidelik: Paulus wil die vertroue in hom herstel en die verdeeldheid heelmaak. Paulus en sy teenstanders het verskillende opvattings oor apostelskap gehad. Paulus se eie verstaan van sy apostelskap is ’n venster is waardeur die brief gelees kan word. Paulus het sy apostelskap verstaan as God wat hom aangewys het as apostel. Dit het sy teëstanders nie aanvaar nie. Hoewel Paulus as ’n buitengewone leier in die kerk bekend was (12:12), was hy fisies swak (10:10). Sy teëstanders kon van mening wees dat sy fisiese swakheid juis illustreer dat hy nie ’n kragtige apostel is nie. Waarskynlik het die teëstanders van Paulus sy integriteit betwyfel omdat Hy nie die gemeente besoek het soos hy belowe het nie.

Hoe dit ookal sy, Paulus sien homself as iemand deur wie God werk en daarom is hy ’n medewerker van God en gesant van Christus. Paulus het geen belangrikheid of boodskap van sy eie nie. Waar hy werk en praat, is God teenwoordig en aan die woord (‘aanwoordig’). Wie dus die boodskap aanvaar, aanvaar vir Paulus en so ook vir God. Daarom praat Paulus oor homself, sodat daar nie “met ons bediening fout gevind word nie” (6:3). Dis binne hierdie konteks dat Paulus na die werk van God in Christus en deur sy Gees verwys.

Verskillende begrippe word gebruik om die werk van die Heilige Gees te beskryf. Die fokus is op sekerheid. Wanneer die Heilige Gees in Rom 8:23 as die eerste gawe van God aangedui word, het dit dieselfde strekking as die Heilige Gees as waarborg. Beide terme het betrekking op dit wat nog op die kinders van God wag. Die aanduiding van die Gees as aparché (Rom 8:23 – eerste gawe) en arrabón (2 Kor 1:22; Ef 1:13 ev – waarborg) aksentueer sowel die alreeds en die nog nie van die werk van die Gees in verband met die alreeds en die nog nie van die kindskap. Die eerste gawe dui, na analogie van die eerstelingoffer van die Ou Testament(wat ‘n teken daarvan was dat die hele oes aan die Here behoort), op God se eerstelingoffer aan die mens.

Die aksent van die Gees as waarborg wil óók aandui dat die mens reeds ‘n deel van die volle heil ontvang het. Elke keer wanneer die Skrif van die Heilige Gees as seël, waarborg of eerste gawe melding maak, funksioneer die Heilige Gees as ‘n Gawe wat God aan sy kinders in die tussentyd gee om hulle te verseker dat Hy die volle heil aan hulle sal skenk.

 

Voorstel vir ’n preek

’n Preek sou kon begin met ons huiwering om ja te sê vir die lewe. Verskillende redes bestaan daaroor. Die prediker sou uit sy/haar konteks kon verduidelik hoekom ons met huiwering lewe. Ons lewe, maar dit word gekenmerk deur huiwering, nee sê, vrees!

Betsie van Niekerk skryf in haar gedig, Engte, hieroor: “Voortdurend op die warm klip is ek die klein koggelman wat kyk en wik tussen noord en suid, besin, besluit oor dié wiebelbestaan tussenin.” Skynbaar is dit vir die mens nodig om daartoe gebring te word om ja te sê vir die lewe.

Vanuit hierdie gedeelte is daar een basiese rede hoekom ons ja mag sê vir die lewe. Dit is omdat God ja aan ons gesê het. Ons kan alleen in die lig hiervan sinvol ja sê vir die lewe en die toekoms binnegaan. Drie aksente kom kan uit hierdie gedeelte belig word:

  • God se ja is aan sy trou verbind. God se trou is nie ja en nee nie.
  • God se ja is aan Christus verbind. Die Christus wat verkondig is is die vervulling van God se beloftes. Die 1933-vertaling sê: “Hoeveel beloftes daar ookal mag wees…” Hy Hy maak dit self waar (Rom 15:8). In Grieks word ‘n werkwoordvorm gebruik om te sê: Jesus was nie maar net die vervulling van die beloftes van God nie, maar is dit ook in die hede. Christus is God se ewige ja aan ons – in die verlede en nou! In Samuel Beckett se toneelstuk, Die gewag op Godot, sit twee boemelaars op die verhoog met die vervelendste praatjies. Aan die einde van elke toneel kom jongman op die verhoog met die woorde: Meneer Godot kan ongelukkig nie vandag kom nie; hy sal môre kom. Wanneer die gordyn sak hoor mens steeds die woorde: Meneer Godot sal môre kom God is nie soos meneer Godot nie. In Jesus het die gordyn nie op ‘n leë belofte van God wat nog sal kom, gesak nie. Hy het gekom en al die beloftes vervul.
  • Gods se ja word ook met die toekoms verbind (1:22).
    • God het ons op vaste grond gevestig, op Christus. Die Griekse werkwoordsvorme druk uit dat God steeds gedurig besig is om te bevestig wat Hy gedoen het, gedurig besig om hulle aan die enigste vaste grond vir vervulling van sy beloftes vas te maak, omdat hy dit reeds eenmalig gedoen het.
    • God het ons vir Hom afgesonder – gesalf vir taak/toegerus
    • God het ons as eiendom beseël
    • God het ons sy Gees as waarborg gegee: Hy is die uitkoms van sy belofte aan ons skuldig

Dit laat mens met sekerheid ja sê vir die toekoms (1:20). Ons sê “Amen.”. Dis nie ’n laaste woord in gebed nie. Amen is om te sê: dis sal waar en seker wees. Dis die eggo van Gods ja. Dis om God se ja na te sê. Dit is geloof. Dis om te sê: dit is vir my! Iemand skryf dat geloof is = amen sê + amen doen + amen wees.

Die preek kan afgesluit word met ’n verwysing na mense wat kaarte in 16e eeu opgeteken het. Hulle het bekende gebiede geteken, maar waar die onbekende Atlantiese oseaan was, het hulle net geskrywe: Hier is drake, hier is bose geeste wat mense gryp! ’n Skotse predikant het oor hierdie onbekende areas geskryf: daar is God!

 

Nog iets om oor na te dink

Luther het opgemerk hy vandag ’n boom sou plant as hy geweet het dat Jesus môre sou kom. Dit is ’n positiewe lewe! Daar kom tye wanneer ons twyfel aan die beloftes van die Here. Herhaal dan maar net God se ja aan jou. God het jou op vaste Grond gevestig. Dis alles sy werk! Sy doel is om ons heel te maak en met sekerheid te laat lewe.

 

Moontlike hulpmiddels

Kyk gerus na hierdie video oor die sin van die lewe: https://www.youtube.com/watch?v=tChNP98HlmQ

Probeer ’n kopie van Viktor Frankl se boek, Sê ja vir die lewe, in die hande kry. Die Engelse titel is “Man’s search for meaning.”

 

Week 2: God heals us

Theme: God said “yes” to us

Passage: 2 Corinthians 1: 12-24

Main focus: God makes us stand firm. Uncertainty makes way for assurance and joy, because we belong to Him through Jesus Christ and the Holy Spirit.

 

Comments on the passage

Paul talks about himself and his plans. He has good reason. There were those who questioned his authority. This is one of the central themes in the letter – if not the central underlying theme.

2 Corinthians is one of at least three letters that Paul wrote to the church. After his first letter to the Corinthians, major tension arose in the churches about Paul’s authority as an apostle. Someone made a serious personal attack on Paul (2:5-11). Then he brought a painful visit to Corinth (2:1). His so-called “letter of tears”, which has been lost, was the result of this visit (2: 4; 7: 8). The purpose of the letter is clear: Paul wants to restore trust in him and heal the division.

Paul and his opponents had different views of apostleship. Paul’s understanding of his apostleship is a window through which the letter can be read. Paul understood his apostleship this way: God had appointed him as an apostle. His opponents did not accept it. Although Paul was known as extraordinary leader in the church (12:12), he was physically weak (10:10). His opponents might have felt that his physical weakness precisely illustrated that he was not a powerful apostle. His enemies probably doubted his integrity because he did not visit the churches again as promised.

Whatever the case may be, Paul sees himself as someone through whom God works. For this reason, he is a co-worker of God and messenger of Christ. Paul has no importance or message of his own. Where he works and speaks, God is present speaks God. Whoever therefore accepted the message, accepted Paul and God. This is why Paul speaks of himself and does not want his ministry to be “discredited”(6: 3). It is within this context that Paul referred to the work of God in Christ and by his Spirit.

Different terms are used to describe the work of the Holy Spirit. The focus is on assurance. When the Holy Spirit is indicated in Romans 8:23 as the first gift of God, it has the same meaning as the Holy Spirit as a guarantee. Both terms refer to that which still awaits the children of God. The designation of the Spirit aparché (Romans 8:23 – first fruit) and arrabón (2 Cor 1:22; Eph 1:13 ff – guarantee) accentuate both the already and the not yet of the work of the Spirit in connection with the already and the not yet of our childhood of God. The Spirit as first fruit is, similar to the first fruit offering of the Old Testament (which symbolised that the entire harvest belongs to the Lord), God’s first fruit offering to humankind.

The focus on the Spirit as a guarantee also indicates that we have already received a portion of the full salvation. Every time the Scriptures refers to the Holy Spirit as seal, guarantee or first fruit, the Holy Spirit operates as a gift that God gives to his children in the meantime to assure them that He will grant them the full salvation.

 

Proposal for a sermon

A sermon could start by referring to our hesitation to say “yes” to life. There are various reasons why this is the case. The preacher can use his/her context to explain why we hesitate to live fully. Our lives are marked by hesitation, by saying “no”, by fear!

Betsie van Niekerk writes in her poem, Engte (Narrow Space), “Constantly on the hot stone, I am the little lizard that decide between north and south, reflect, decide about this uncertain times in between.” Apparently, it is necessary for us to be brought to a place in our lives where we can say “yes” to life.

From this section, there is one basic reason why we may say “yes” to life. It is because God said “yes” to us. Only against this background does it make sense to say yes to life and to the future. Three ideas can be highlighted from this section:

– God’s yes is linked with His faithfulness. God’s faithfulness is not yes and no.

– God’s yes is linked to Christ. The Christ he preaches is the fulfilment of God’s promises. In Greek the verb form used means: Jesus was not only the fulfilment of the promises of God, but is it also in the present. Christ is God’s eternal “yes” to us – in the past and present! In Samuel Beckett’s play, Waiting for Godot, two tramps sit on the stage with the most boring conversations. At the end of each scene a young man says that Mr Godot will not be coming tonight, but that he will surely come tomorrow. When the play ends, this is what we still hear: “Mr Godot will not be coming tonight, but that he will surely come tomorrow.” God is not like Mr. Godot. In Jesus, the curtain does not fall on empty promises of God who are yet to come. He came to fulfil all the promises.

– God’s yes is also linked to the future (1:22).

  • God makes us stand on firm ground – on Christ. The Greek verb forms express that God is continually working to confirm what He had done by fixing us on the solid basis of his fulfilled promises, because He has already done it once and for all.
  • God set us aside for him – anointed and equipped us for a task.
  • God sealed us as his own
  • God has given us his Spirit

All of this enable us to say yes to the future with assurance (1:20). We say “Amen.” Amen is not a last word in prayer. Amen means that it is true and certain. It is the echo of God’s yes. It is to repeat God’s yes. It is faith. It is to say, “It is mine!” Someone writes that faith = to say Amen + to do Amen + to be Amen.

The sermon can be concluded with a reference to people who drew maps in 16th century. They assigned names to known areas, but where the unknown Atlantic was, they just wrote: Here are dragons! Here are demons! A Scottish clergyman wrote over these unknown areas, “Here is God!”

 

Something else to think about

Luther stated he would be planting a tree today if he knew that Jesus would return tomorrow. This is a positive life! There are times when we doubt the promises of God. Continue to repeat God’s yes to you. God has placed you on a solid foundation. It is all his work! The purpose is to make us whole and to enable us to live with confidence and certainty.

 

Possible resource(s)

Watch this video about the meaning of life: https://www.youtube.com/watch?v=tChNP98HlmQ

Read the book of Viktor Frankl, Man’s search for meaning if you can find a copy.

Week 1: Gebreek

Tema: God van gebrokenes

Perikoop: 1 Kon 19:1-18

Skopus: God is getrou en aan die werk te midde van die onmag, moedeloosheid en onsekerheid oor die toekoms wat ons soms ervaar weens die skynbare oormag van die magte in en om ons.

 

Opmerkings oor die teks

Na sy wonderweke op Karmel (1 Kon 18), die vermeerdering van die kos by die weduwee van Sarfat en die opwekking van die seun (1 Kon 17), asook die beëindiging van die droogte (1 Kon 18), ontdek ons hoe hy wat sterk was, swak word. Die moeilik om die geweldenaar van op Karmel (1 Konings 18) in die vlugtende Elia te herken.

Isebel en Elia word direk teenoor mekaar gestel. Elia vlug ter wille van sy lewe. Elia gaan ver suid – selfs verder as Berseba. Elia beskou die aanval van Isebel as die einde van sy bediening. Hy het gehoop dat die gebeur by Karmel dinge so verander, maar dit het nie.

Elia se selfopgelegde ontslag is vir die Here onaanvaarbaar. Horeb beteken “woestyn”, “droog”, “afgeleë” en is ’n berg of bergtop in die Sinaïwoestyn. Moses het sy roeping by Horeb ontvang (Eks 3). Daar is die Tien gebooie ontvang (Eksodus 20) en verskyn die Here aan Moses (Eks 32:22). Die verwysing na veertig dae en nagte herinner aan Moses se verblyf op Horeb. Hierdeur verbind die outeur Elia aan die verlede, maar, meer nog, word God se openbaring aan Elia in die hede benadruk.

Hy word opnuut geroep en na die gewone daaglikse lewe teruggestuur. Die perikoop wemel van teenstellings. Die Here het hom geroep om “daar”, in die land, te wees, nie “hier’ weg te kruip nie. Elia se absolute hopeloosheid (vers 4) en die Here se onmeetlike en onverstaanbare mag (12) word teenoor mekaar gestel.

Die vraag” “Wat maak jy hier, Elia?” (19:9,13) konfronteer Elia met sy roeping. Veertig dae en nagte het hom genoeg tyd gegee om daaroor na te dink. Die vraag: “Wat maak jy hier?” moet as ’n verwyt teen Elia se voortydige verlating van sy roeping in Israel gesien word. Elia het immers sonder die toestemming of sonder dat die Here sy taak beëindig het, besluit om sy eie pad te loop.

Elia voel dat die bekering van die volk in 1 Kon 18 nie eg was nie. Al sy werk was sonder enige vrug. Hy herhaal sy klag twee maal (19:10,14).

Dat Elia uit die grot moet kom en op die berg moet gaan staan, skep die verwagting van ’n teofanie – soos met Moses. Die bedekking van sy gesig herinner aan Moses wat sy gesig verberg het toe God in die braambos verskyn het (Eks 3:6). Die wind, aardbewing en vuur is almal simbole van die verskyning van God (Eks 19:16-19). Die Here het homself op verskillende maniere in die Ou Testament geopenbaar (Eks 19:16,18; 20:18; Deut 33:2; Rigters 5:4; Eseg 1:4; Nah 1:3; Ps 29:6). Die dinge wat dikwels in die Ou Testament as tekens van God se teenwoordigheid en oordeel gesien is (Eks 19:16-18), dui hier juis sy afwesigheid aan! God se antwoord op sy klag vind deur aardbewing, storm en vuur plaas, asook deur die sagte koelte. In die stilte van die aandwind hoor Elia weer die stem: wat maak jy hier?

Die Here antwoord egter hierop dat hy drie nuwe yweraars vir sy saak in aksie gaan stel. Hulle sal God se eer herstel. Gasael sal die volk straf (oordeel). Hierdeur sal die oorblyfsel van Israel bekend word (genade). Nie Elia se ywer red die saak nie, maar God se ywer deur Gasael, Jehu en Elisa. Die salwing van drie persone dui nie noodwendig op letterlike salwing nie, maar op die aanwysing van uitverkore instrumente van die Here of wyding. Die spoedige inval van die Assiriërs, die optrede van Jehu, die nuwe koning, en die optrede van Elisa sal God se doelwit van straf en redding vervul.

Die klimaks van die gedeelte word in vers 18 aangetref. Daar is steeds mense wat die Here aanbid, al is hulle nou stil. Hierdie groep mense is ’n kragtige teenstelling met die teen die profeet se klag dat net hy oorgebly het.

 

Voorstel vir ’n preek

Iemand skryf dat die grootstes in die koninkryk van God hulle insinkings beleef. Die prediker kan na die neerslagtigheid van Luther, Calvyn en wat in baie psalms voorkom verwys. Die dagstukkies het na verskeie redes verwys hoekom mense soms gebreek word. Gebrokenheid en moedeloosheid is algemeen menslik onder God se mense (Verwys na Gen 15:1-3 en Jesus se eie worsteling in Getsemané). Die man wat alléén wat in geloof gestaan het teenoor ’n magtige vors met sy dienaars en honderde trawante, lê nou met sy kop in die sand van die woestyn, smekend om dood te gaan.

Die moedeloosheid van Elia hou met twee sake verband.

– Allereers kan die prediker verwys na die hoogtepunte wat Elia in sy bediening as profeet beleef het (sien opmerkings by 19:4; Sien ook 1 Kon 18:38,39 na gebed van 18:36). Elia beleef dat sy bediening op niks uitgeloop het nie. Met presies dieselfde woorde herhaal Elia sy klag dat die volk ten diepste aan God ontrou geword het (19:10,14). Die ek van Elia is lewensgroot. Die “kerk” van sy tyd was teleurstellend.

– Tweedens kan die prediker verwys na Elia se vrees vir die magte rondom hom. Sy visie op God is ernstig verduister. Niks wat God in die verlede gedoen het, kan Elia oortuig dat Hy nie ook in die hede getrou sal wees nie. Die prediker sou kon verwys na die stryd van die kerk in die boek Openbaring. Elia sien die ontrou van die mense van God. Hy beleef sy eie niksheid voor die magte wat God se saak bedreig. Elia, sê iemand, is nie lewensmoeg nie. Hy is Godsmoeg. Elia is simbolies van mense en kerke wat hoop verloor het. Wat gebeur as ons wegvlug van ons roeping?

Elia hoor twee dinge:

– Sy taak is nie afgehandel nie. God stuur ons terug na die wêreld. Ja, ons is gebroke mense wat dikwels vol selfbeklag is, maar dit onthef ons nie van ons roeping nie. Dit is juis brose mense wat deur God gebruik word. Dit is juis ’n kerk wat aan die einde van haar planne en programme gekom het, wat weer die roeping van God helder en duidelik kan hoor.

– Die godsverduistering wat ons beleef weens ons eie selfbeklag, onvermoë en pessimisme, moet plek maak vir oop ore en oë vir die God wat in die gewone gebeure van elke dag sy stem en visie duidelik maak. Die politieke magte het vir Elia groter as God begin lyk. Elia moet God se “ek” weer duidelik hoor. In die boodskap wat Elia ontvang, hoor Elia die stem: Ek is Oorwinnaar: Ek regeer nie net oor Israel nie (15). Ek is Oorwinnaar: Ek sit my werk in Israel voort (16). Ek is Oorwinnaar: Ek skenk ‘n gemeenskap van gelowiges (18).

Jesus benadruk aan sy twyfelende dissipels dat hy alle mag in hemel en op aarde het. As opgestane Heer, stuur Hy hulle uit om instrumente van die evangelie te wees met die vaste wete dat Hy by hulle is (Matt 28:16-20). Dit is die boodskap van Paulus aan die kerk: Jesus Christus sit aan die regterhand van God (Ef 1:19-23; Rom 8:34-38). Hy is die Heer oor die kosmos en die magte. Dit is die boodskap waarmee Openbaring eindig – die groot EK van God! Met hierdie boodskap stuur God sy mens die wêreld in.

’n Loods mag hoe ervare wees, maar as hy die instruksies uit die verkeerstoring ignoreer,’n ramp aan die kom is. Hy kan nie die persoon sien nie, maar hoor die stem. So is dit ook met God: wie sy stem ignoreer, stuur op ‘n ramp af. Die kerk moet weer die stem uit die verkeerstoring hoor!

 

Nog iets om oor na te dink

Hierdie verhaal is een van die verwysings in die Nederlandse Geloofsbelydenis (Artikel 27): “Hierdie kerk was daar van die begin van die wêreld af en sal daar tot die einde wees, want Christus is ’n ewige Koning, wat nooit sonder onderdane kan wees nie. En hierdie heilige kerk word deur God teen die woede van die hele wêreld bewaar, alhoewel dit soms ’n tyd lank baie klein is en dit in die oë van die mense lyk asof dit tot niet gegaan het—soos die Here vir Hom in die gevaarlike tyd van Agab sewe duisend mense bewaar het wat nie voor Baäl gekniel het nie.” Die nadruk is op God wat vir Hom ’n oorblyfsel bewaar het. Die seweduisend is God se oorblyfsel, hulle wat deur God gespaar sal word. Dit gaan nie oor hulle trou nie, maar God se werking.

 

Moontlike hulpmiddels

Kyk gerus na Communitas se preekriglyne op hulle webblad: http://communitas.co.za/ Die volledige riglyne wat ek in 2007 vir hierdie gedeelte geskryf is, is daar beskikbaar.

’n Gratis e-publikasie is ook beskikbaar oor uitbranding (Predikant uitgebrand). Sien ook die volgende http://careynieuwhof.com/2013/07/9-signs-youre-burning-out-in-leadership/

en http://careynieuwhof.com/2013/07/how-i-recovered-from-burn-out-12-keys-to-getting-back/

 

Week 1: Broken
Theme: God of broken people
Passage: 1 Kings 19:1-18.
Main focus: God is faithful and is working in the midst of the powerlessness, hopelessness and uncertainty about the future, which we sometimes experience because of the apparent superiority of the forces in and around us.

Comments on the passage
After his wonderful weeks on Carmel (1 Kings 18), the multiplication of the food of the widow of Zarephath and the resurrection of her son (1 Kings 17), as well as the termination of the drought (1 Kings 18), we see how he who was strong, becomes weak. It is difficult to recognise the pursuer of Carmel (1 Kings 18) in the fleeing Elijah.
Jezebel and Elijah are in direct opposition. Elijah fled for his life. Elijah goes far south – even beyond Beersheba. Elijah regarded the attack of Jezebel as the end of his ministry. He had hoped that what happened at Carmel would have changed circumstances, but it did not.
Elijah’s self-imposed discharge is unacceptable to the Lord. Horeb means “desert”, “dry”, “remote” and is a mountain or mountain peak in the Sinai Desert. Moses received his calling in Horeb (Ex 3). The Ten Commandments was received there (Exodus 20) and the Lord appeared to Moses at Horeb (Exodus 32:22). The reference to forty days and nights recalls Moses’ stay in Horeb. It connects the author Elijah to the past, but even more, emphasises God’s revelation to Elijah in the present.
He is called again to return to the normal daily life. The passage is filled with opposites. The Lord called him “there”, to be in the land, not to be hiding “here”. Elijah’s absolute hopelessness (verse 4) and God’s unfathomable and incomprehensible power (v 12) are compared.
The question “What are you doing here, Elijah?” (19: 9,13) confronts Elijah with his vocation. Forty days and nights have given him time to reflect it. The question, “what are you doing here?” should be seen as a reproach against Elijah’s premature exit from his calling in Israel. Elijah, after all, ended his task without the permission or without God and decided to go his own way.
Elijah felt that the conversion of the people in 1 Kings 18 was not real. All his work was without any fruit. He repeated his complaint twice (19:10,14).
Elijah had to come from the cave and had to go up the mountain, creating the expectation of a theophany – like Moses. That he had to cover his face, reminds us of how Moses had to cover his face when God appeared in the bush (Ex 3:6). Wind, earthquake and fire are all symbols of the appearance of God (Exodus 19:16-19). God has revealed himself in different ways in the Old Testament (Exodus 19: 16,18; 20:18; Deuteronomy 33: 2; Judges 5: 4; Ezek 1: 4; Nah 1: 3; Ps 29: 6). The things that are often signs of God’s presence and judgment in the Old Testament (Ex 19:16-18) indicate precisely his absence here! God’s response to his complaint takes place with an earthquake, wind and fire, as well as the gentle whisper. In the silence of the evening wind Elijah heard the voice again: “what are you doing here?”
The Lord said, however, that would make three new people zealous for his course of action. They will restore the glory of God. Hazael will punish the people (judgment). This is how the remnant of Israel will be revealed (grace). Not Elijah’s zeal will save the day, but God’s zeal through Hazael, Jehu, and Elisha. The anointing of three people does not necessarily indicate literal anointing, but the designation or consecration of chosen instruments of God. The imminent invasion of the Assyrians, the actions of Jehu, the new king, and the action Elisha will fulfil God’s purposes of judgment and salvation.
The climax of the section is found in verse 18. There are still people who worship the Lord, though they are now silent. This group of people is a powerful contrast to the prophet lament that he is the last man standing.

Proposal for a sermon
Someone said that greatest people in God’s kingdom sometimes felt dejected. The preacher could refer to Luther, Calvin and many psalms (See Ps 13,22,77 and 88). The devotions referred to the various reasons why people are sometimes broken. Brokenness and despair are common human experiences among God’s people (See Genesis 15:1-3 and Jesus’ struggle in Gethsemane). The man who stood alone in faith against a powerful ruler and his servants and hundreds of henchmen, are now lying with his head in the sand of the desert, begging to die.
The despondency of Elijah is related to two issues.
– First of all, the preacher can refer to the highlights that Elijah had experienced in his ministry as a prophet (See also 1 Kings 18:38,39 to prayer of 18:36). Elijah experienced that his ministry reached a dead end. With exactly the same words Elijah repeated his complaint that the people became essentially untrue to God (19:10,14). The “I” of Elijah’s life is huge. The “Church” of his time was disappointing.
– Secondly, you might refer to Elijah’s fear of the forces around him. His vision of God is seriously obscured. Nothing that God has done in the past could convince Elijah to believe that he would also be faithful in the present. The preacher might refer to the struggle of the church in the book of Revelation. Elijah saw the sin of the people of God. He experienced his own nothingness before the powers that threatened God’s cause. Elijah, someone said, is not tired of life. He is tired of God. Elijah is symbolic of people and churches that have lost hope. What happens if we run away from our calling?
Elijah heard two things:
– His task has not been completed. God sent us back to the world. Yes, we are broken people often filled with self-pity, but this does not release us from our calling. It is precisely fragile people who are used by God. Actually, a church that has reached the end of its plans and programmes is in the best position to hear the call of God loudly and clearly.
– The blurred vision on God that we experience because of our own self-pity, helplessness and pessimism, should make way for open ears and eyes to God who makes his voice and vision clear in the ordinary events of each day. The political forces seemed bigger than God to Elijah. Elijah should begin to hear God’s “I” again clearly. In the message Elijah received, Elijah heard the voice, “I am victorious, I rule not only over Israel” (15). I am victorious, continuing my work in Israel (16). I am victorious, because I give a community of believers (18).
Jesus emphasized to his doubting disciples that he has all power in heaven and on earth. As Risen Lord, He sent them out to be instruments of the gospel with the firm knowledge that He is with them (Matthew 28:16-20). This is the message of Paul to the church: Jesus Christ sits at the right hand of God (Ephesians 1:19-23; Romans 8:34-38). He is the Lord over the cosmos and the powers and principalities. This is the message with which the book of Revelation ends – the great “I” of God! With this message God send us to the world.
A pilot may be very experienced, but if he ignored instructions from the control tower, a disaster is looming. He cannot see the person in the control tower, but has to listen to his voice. The same applies to God: whoever ignores his voice is destined for disaster. The church should again hear the voice from the control tower!

Something else to think about
This story is one of the references in the Belgic Confession (Article 27), “This church has existed from the beginning of the world and will last until the end, as appears from the fact that Christ is eternal King who cannot be without subjects. And this holy church is preserved by God against the rage of the whole world, even though for a time it may appear very small to human eyes – as though it were snuffed out. For example, during the very dangerous time of Ahab the Lord preserved for himself seven thousand who did not bend their knees to Baal.”

The emphasis is on God who preserved for Himself a remnant. The seven thousand is God’s remnant, those who will be saved by God. It is not about their faith, but about God’s action.

 

Possible Resource(s)

See http://careynieuwhof.com/2013/07/9-signs-youre-burning-out-in-leadership/

en http://careynieuwhof.com/2013/07/how-i-recovered-from-burn-out-12-keys-to-getting-back/ about burnout.

Here is another illustration for your sermon. Two ladies once drove a lonely road. Theirs car’s tyre went flat. There was no one in sight. They look ahead – no car in sight. They looked back – no car approaching. Eventually one of them said: “O, how I wish an angel from heaven would come and help us.” Then they heard a voice. “I can help you”. It was a telephone technician working on the telephone pole above them. The lesson is very simple. Don’t look into the future to find help. Don’t look at the past. Look up!

 

PREEKVOORSTEL : WEEK 9   

Tema:         Ons is mense wie se tye in God se hand is

Perikoop:    Openbaring 21:1-6   

Skopus:      God maak álles nuut. God géé’n nuwe hemel en aarde.

                   God Sélf is by ons teenwoordig.

                   God se teenwoordigheid in ons midde het gevolge: dood, leed,

                   smart en pyn – die dinge van vroeër – het verbygegaan.

                   God is bó en ín tyd. Ons tye is veilig in God se hand.  

 

 

Nestle-aland XVIII-Teks

1  Καὶ εἶδον οὐρανὸν καινὸν καὶ γῆν καινήν. ὁ γὰρ πρῶτος οὐρανὸς καὶ ἡ πρώτη γῆ ἀπῆλθαν καὶ ἡ θάλασσα οὐκ ἔστιν ἔτι.

 

2  καὶ τὴν πόλιν τὴν ἁγίαν Ἰερουσαλὴμ καινὴν εἶδον καταβαίνουσαν ἐκ τοῦ οὐρανοῦ ἀπὸ τοῦ θεοῦ ἡτοιμασμένην ὡς νύμφην κεκοσμημένην τῷ ἀνδρὶ αὐτῆς.

 

3  καὶ ἤκουσα φωνῆς μεγάλης ἐκ τοῦ θρόνου λεγούσης·

ἰδοὺ ἡ σκηνὴ τοῦ θεοῦ μετὰ τῶν ἀνθρώπων, καὶ σκηνώσει μετ’ αὐτῶν, καὶ αὐτοὶ λαοὶ αὐτοῦ ἔσονται, καὶ αὐτὸς ὁ θεὸς μετ’ αὐτῶν ἔσται [αὐτῶν θεός],

καὶ ἐξαλείψει πᾶν δάκρυον ἐκ τῶν ὀφθαλμῶν αὐτῶν, καὶ ὁ θάνατος οὐκ ἔσται ἔτι οὔτε πένθος οὔτε κραυγὴ οὔτε πόνος οὐκ ἔσται ἔτι, [ὅτι] τὰ πρῶτα ἀπῆλθαν.

5  Καὶ εἶπεν ὁ καθήμενος ἐπὶ τῷ θρόνῳ· ἰδοὺ καινὰ ποιῶ πάντα καὶ λέγει· γράψον, ὅτι οὗτοι οἱ λόγοι πιστοὶ καὶ ἀληθινοί εἰσιν.

 

6  καὶ εἶπέν μοι· γέγοναν. ἐγώ [εἰμι] τὸ ἄλφα καὶ τὸ ὦ, ἡ ἀρχὴ καὶ τὸ τέλος.

ἐγὼ τῷ διψῶντι δώσω ἐκ τῆς πηγῆς τοῦ ὕδατος τῆς ζωῆς δωρεάν.

 

 

Nuwe Afrikaanse Vertaling (1983)

1 Toe het ek ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien.

Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn,

en die see het nie meer bestaan nie.

2 En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem,

van God af uit die hemel uit sien afkom.

Die stad was gereed soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.

3 Toe het ek ‘n harde stem van die troon af hoor sê:

“Kyk, die woonplek van God is nou by die mense.

Hy sal by hulle bly;

hulle sal sy volke wees,

en God self sal by hulle wees as hulle God.

4 Hy sal al die trane van hulle oë afdroog.

Die dood sal daar nie meer wees nie.

Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie.

Die dinge van vroeër het verbygegaan.”

5 Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.”

En daarna sê Hy: “Skryf hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar.” 6 Verder sê Hy vir my: “Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde.

Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet.

 

 

Opmerkings oor die teks

In vers 1 skryf Johannes dat hy “ ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde” gesien het. “Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie.” Johannes getuig oor die transformasie van die kosmos. Dit is ‘n tema wat deurlopend by die Israelitiese profete voorkom. In Jesaja 65:17 en 66:22 lees ons: “Ek gaan ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde skep; aan dié wat daar nou is, sal daar nie meer gedink word nie, hulle sal nie onthou word nie” en “Soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek gaan maak, in my diens sal staan, sê die Here, so sal julle nageslag en julle roem in my diens staan.”

 

Volgens die Israelitiese tradisie is die prentjie alreeds by God realiteit. God het immers die wêreld teen die einde van die skeppingsweek kláár geskep (Gen 1). Die rede waarom hier nie meer ‘n see is nie, is omdat dit destyds met chaos en vernietiging geassosieer is. Die see was die blyplek – en broeiplek! – van monsters, anti-goddelike magte en alles wat vuil, onrein en boos is (Mark 5:13; Openb 13:1). God se híérwees laat die ou hemel, aarde en see verdwyn.

 

In vers 2 lees ons dat Johannes “die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien afkom” het. “Die stad was gereed soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.” Daar kom nou – saam met die nuwe kosmos – ‘n nuwe sentrum tot die kosmos, ‘n werklik “heilige stad”: die nuwe Jerusalem. Die hemelse stad lyk soos ‘n bruid. Alhoewel die antieke Mediterreense stede amper sonder uitsondering as vroulik voorgestel en uitgebeeld is, is dít nie waaroor dit in hierdie verbeelding gaan nie. Die teks sluit aan by die vorige verwysing na die hemelse bruid van die Lam en skimp op wie dit moontlik kan wees. Die verhouding tussen God en sy kinders en die Lam en sy volgelinge is net so intiem soos dié van ‘n bruidegom en bruid.

 

Terwyl Johannes die nuwe hemele en aarde sien aankom (vers 3), hoor hy ‘n “harde stem van die troon af” sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense.

Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God.” Jerusalem word aangekondig as die plek waar God sy “tent” bý sy mense opslaan. Al die lesers en hoorders sou onmiddelik aan die tentwonings saam met Moses in die woestyn gedink het (Eks 33:7; 40:34). Die hemelse stad is God se nuwe woonplek tussen menslike wesens. Israel se heiligdom was die plek van God se teenwoordigheid (Gen 28:16) waar Hy tussen die Israeliete rondbeweeg het (Eks 25:8; 29:45-46; Lev 26:11-12; Ps 132:14). Die finale heiligdom sou die permanente teenwoordigheid van God aandui (Eseg 37:26-28). God woon – deur sy en as Gees – in mense om Homself déúr mense te vertoon. Die meervoud is opvallend: hulle sal sy volke wees. God is by meer as net die Israeliete van ouds teenwoordig.

 

Waarvan ons in vers 4 lees, is wat daaruit voortspruit dat God “tussen mense tabernakel”: “Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.” Deur sy Gees help God ook om die seer, stukkend, sukkel en swaarkry draaglik en uiteindelik héél te maak. Enigiets en alles wat menslike welwese stuit of belemmer – van dood tot pyn – sal ophou om te bestaan terwyl dit saam met “die ou dinge” in die niet verdwyn. Hierdie stelling dien ter morele ondersteuning van Johannes se hoorders/lesers, net soos wat die lys van diegene wat aan die realiteite deelneem dit ook doen.

 

In verse 5-6 lees ons wat “Hy wat op die troon sit” nóg gesê het: “Kyk, Ek maak alles nuut.” En daarna sê Hy: “Skryf hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar.” Verder sê Hy vir my: “Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet.” God – die Een op die troon, die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde – kondig só aan dat Hy persoonlik álles transformeer. Wat in Openbaring 1:17-18 van Jesus gesê word, word hier van God gesê (“Moenie bang wees nie, dit is Ek, die Eerste en die Laaste, die Lewende …”).

 

God gee dan aan Johannes opdrag om alles neer te skryf, of te wel om rekord van die gebeure te hou. Laastens kondig Hy die finaliteit van die transformasie aan. Dit moet nie nog ééndag miskien gebeur nie. Dit het kláár gebeur. God is betroubaar en praat die waarheid: Hy en Hy alleen maak álles nuut.

 

Volgens Stephan Joubert (2012:652) is dit “God se visie vir sy nuwe wêreld” wat hier geskets word. Dít waaroor persone soos Jesaja (59:20; 65:18) en Esegiël (40-48) gedroom het, word waar. Ons het elkeen vrye toegang tot God se teenwoordigheid tot in ewigheid. “Om alle sweem van twyfel te verban, verklaar God dat die dinge waarvan gepraat is, klaar gebeur het. By God is daar nie ‘n verlede, hede en toekoms nie,” sê Groenewald (1986:209).

 

Daarom is ons tye veilig in God se hande. Ons is beeld van God wat bó en bínne tyd is.  Ons is mense wie se tye in God se hand is. Daarom reflekteer die manier waarop ons ons tyd inrig en bestuur iets van God se teenwoordigheid in, betrokkenheid by en volmaak van die wêreld.

 

Voorstel vir ’n preek

Predikers kan Openbaring 21:1-6 preek om aan te toon dat God bo én binne tyd is en die uitvloeisel(s) van God se inkom in ons tyd en ruimte in verkondig. Daar kan dan uit die data van die week se stukkies en die opmerkings oor die teks geput word om ons tema, “Ons is mense wie se tye in God se hand is”, te belig. Dit kan gedoen word binne die struktuur van

(Inleidend) God as Alfa en Omega, die Begin en die Einde;

(1) God is hٕíér teenwoordig en ons reageer op sy teenwoordigheid (Epifanie- en Lydenstyd);

(2) God maak álles nuut en ons lewe en beweeg deur God (Paas- en Pinkstertyd);

(3) God gee ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde as ruimte waarbinne ons as burgers van God se koninkryk lewe (Koninkrykstyd);

(4) God se betroubaarheid wek by ons verwagting, afwagting, hoop en liefde en laat ons núút leef (Advent- en Kerstyd).

 

 

‘n Preekskets:

Na aanleiding van ‘n vroeëre preek (Bothma 2009) kan die volgende preekskets ook benut word.

 

Londen. Parys. Rome. Berlyn. Barcelona. Washington …

Groot stede. Hoofstede van internasionale moonthede.

Stede waarin geskiedenis gemaak is en kulture gevorm is.

Stede waarin mense gebore en gevorm is. En misvorm is.

 

In elkeen van die plekke wat in Christopher Torr se lied, Hot Gates, genoem word, het dinge gebeur wat individue, gesinne en daarom ook die mensdom geraak het.

In elkeen van hierdie plekke is die geskiedenis beïnvloed.

In elkeen van hierdie plekke het God gesien wat mense aan mekaar doen.

In elkeen van dié plekke het mense tot God geroep. Net soos óns vandag.

 

Elkeen van die plekname wat in die lied voorkom het ‘n spesifieke konnotasie.

Dis nie net internasionaal waar die geskiedenis gevorm word nie, maar ook plaaslik.

Ja, ons weet van die “fiery, fiery glow” oor Hirosjima en ons treur daaroor. Maar dis oor en vir óns dogters en seuns wat ons bid wanneer ons die ruiters swaard-in-die-hand op hul perde aangejaag sien kom.

Dit wat by Waterloo, Gettysburgh en Auschwitz gebeur het raak ons, maar het nie onder ons vel kom lê nie.

Amajuba en Heilbron lê nader aan ons, maar ons kry nie nagmerries daaroor nie.

 

Dis oor Sebokeng, Sharpeville en Boipatong waaroor ons nagmerries moet kry. Dis oor wat híér en in Mitchell’s Plain gebeur het wat ons nagmerries moet gee. Ons moet hieroor ten hemele skree. Ons moet oor ons dogters en seuns wat hier gely het ween en bid dat dit nooit weer gebeur nie.

 

Tussen al die lyding en leed deur ís daar hoop.

Ons sien dit veral by die destydse Hot Gates van Thermopolye, toe koning Leonidas en sy Spartane die “barbare” teruggehou het totdat die Grieke die destydse beskawing kon red.

 

Regdeur die lied loop ‘n fyn refrein wat ook hoop bring:

Daar is ‘n ander lied wat gesing sal word. Daar is ‘n ander klok wat moet beier.

Daar’s nóg ‘n stad waarvan ons vertel word;  ‘n stad waarvan die paaie gelê is met goud.

 

In die nuwe Jerusalem sal ons almal tuiskom.

Dan sal ons besef die woonplek van God is by die mense (Openbaring 21:3).

In Betlehem is oor ‘n seun wat gebore is geglimlag.

Ons sal soos burgers van Gód se koninkryk ‘n reënboognasie kan wees.

 

God se spore en vingerafdrukke is nie net hier gesien nie, maar ook by Jerigo (met die landsinname van die Israeliete) en in Babilon (ná die verlossing uit die ballingskap).

 

By Armagedon – so glo baie – sal Hy na die finale veldslag as oorwinnaar staan. Maar ons weet dat die oorwinning reeds behaal ís. In Jerusalem, omtrent tweeduisend jaar gelede.

Jesus is nie deur die graf van die Vrydag vasgehou nie.

Hy is uit die dood opgewek en het uit die graf uit opgestaan.

 

In Polokwane, Pretoria, Pofadder en Perth kan ons daarom sing: “Hy sal bý hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie” (Openbaring 21:3-4).

Dís wat ons as sý beeld namens God vir mekaar doen.

 

Nie die konings, veggeneraals, handelaars of aandeelhouers van die New York’s, die godsdienstige whacko’s van Waco of toesmeerders van Chappaquiddick nie, maar die Een wat op die troon sit, sê: “Kyk, Ek maak alles nuut.” Ons kan dit glo, want hierdie woorde is betroubaar en waar.” “Dit het klaar gebeur”, het Hy gesê.

 

Hý is “die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde.” Al word ons vermink en vermoor in die stede van die heersers (Openbaring 13), sal Hy aan elkeen wat dors het, te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet (Openbaring 21:3-6).

 

Ons hoop lê nie by die heil wat ons in die stede en die tegniek en vermaak daarbinne vind nie, maar by Hóm wat geëer word met orrelspel en kerkklokke. Vir selfs langer as wat ons dit kan hoor.

 

Dis nie die 300 Spartane en húlle koning wat in die Hot Gates van Thermopolye gestaan het en gesneuwel het, wat die beskawing beskerm nie, maar ons “Stadsheer”. Al voel dit asof die stadslewe ons vandag verswelg, lê ons krag nie in onsself nie, maar in Hóm. Anders as Leonidas se dapper volgelinge vég ons nie om ‘n oorwinning nie, maar dien ons soos die Kindjie van Betlehem … in elke stad en oord. Ons geskiedenis word omvou deur Sy geskiedenis.

Ons is mense wie se tye in God se hande is.

 

Daar is ‘n ander lied wat gesing sál word.

Daar is ‘n ander klok wat moet beier. Daar’s nóg ‘n stad waarvan ons vertel word;

‘n stad waarvan die paaie gelê is met goud.

Ons lewe in die stofstrate van die lewe tussen die “Hot Gates” en die Nuwe Jerusalem.

 

Mag jy tussen jou trane deur, in jou nood en terwyl jy worstel met die probleme wat dreig om jou te oorweldig, die koel water van die lewe op jou tong proe en oor jou lyf voel spoel. Mag jy ervaar hoedat dieselfde krag waarmee Jesus met Paasfees uit die dood uit opgewek is jóú laat opstaan en oorvloedig laat leef. Mag jy ervaar hoedat God jou in sy teenwoordigheid en bekendwording in die wêreld betrek. En hoedat God in en deur jou nood verlig en hoop bring. Mag jy as opgestane en begeesterde burger van God se koninkryk opgewonde en hoop-gedrewe asof nuutgebore leef terwyl tyd onder jou voete uitloop.

 

Hy wat op die troon sit, die Alfa en die Omega, is bó en bínne tyd.

Ons tye is veilig in sy hande. Hý maak alles nuut: ook vir jou.

Hý waarborg jou tuiskoms. Hy begelei jou op jou reis. Nóú en áltyd.

 

 

Moontlike hulpmiddels

Kyk gerus na Communitas se preekriglyne op hulle webblad:

http://communitas.co.za/

 

 

Bronne:

Aune, D.E.  1997.  Revelation 17-22. Volume 52C: Word Biblical Commentary: Revelation 17-22. Nashville: Nelson.

Borg, M.J.  1995.  Meeting Jesus Again for the First Time. San Francisco: Harper.

Bothma, G.  2009.  Ons leef voor God tussen die “Hot Gates” en die Nuwe Jerusalem, Meditatio: Openbaring 21:1-6, Gepubliseer 19/03/2009. Besigtig op 10 Desember 2013.    <www.http://teo.co.za/meditatio-openbaring-211-6/ >

Coetzee, J.C.  1990.  Die Openbaring aan Johannes. B. Die prediking (teologie) van die Openbaring aan Johannes, in A.B. du Toit (red.), Handleiding by die Nuwe Testament, Band VI, Die Johannesevangelie; Hebreërs tot Openbaring: Inleiding en Teologie.  Pretoria: N.G. Kerkboekhandel, 253-314.

Du Preez, J.  1996.  Openbaring 21:1-8, in C.W. Burger, B.A. Müller en D.J. Smit (reds.), Woord teen die Lig 1/10; Riglyne vir Sending-prediking tussen Pinkster en Advent. Kaapstad: Lux Verbi. 68-80.

Du Rand, J.A.  1990.  Johannese Perspektiewe. Deel 1: Inleiding tot die Johannese Geskrifte. Midrand: Orion.

Du Rand, J.A.  1990a.  Die Openbaring aan Johannes. A. Inleiding tot die Openbaring aan Johannes, in A.B. du Toit (red.), Handleiding by die Nuwe Testament, Band VI, Die Johannesevangelie; Hebreërs tot Openbaring: Inleiding en Teologie.  Pretoria: N.G. Kerkboekhandel, 219-252.

Du Rand, J.A.  2007.  Die A-Z van Openbaring. ‘n Allesomvattende Perspektief op die Boek Openbaring. Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy.

Du Rand, J.A.  2007.  Die Einde. Die A-Z van die Bybelse Boodskap oor die Eindtyd. Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy.

Groenewald, E.P.  1986.  Die Openbaring van Johannes. Kaapstad: NG Kerk-Uitgewers.

Joubert, S.J.  2012.  Ontsluit die Nuwe Testament. Omvattende Bybelreise vir ‘n beter verstaan van die Skrif. Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy.

Malina, B.J. & Pilch, J.J.  2000. Social Science Commentary on the Book of Revelations. Minneapolis: Fortress.

Mounce, R.H.  1977.  The Book Revelation, The new International Commentary on the New Testament; 17. Grand Rapids: Eerdmans.

Myburgh, J.A. & Mullins, A.  2002.  Goeie Nuus! ‘n Gemeente se belewenis van Openbaring. Lyttleton Manor: Medpharm Books.

________________________________________________________________________________

PREEKVOORSTEL : WEEK 8   

Tema:         Ons is mense met eie persoonlikhede

Perikoop:     Markus 8:27-29    

Skopus:         Jesus is God se Christus. Hy aanvaar dít as sy identiteit en leef dit uit. 

 

Nestle-Aland XXVIII:

27  Καὶ ἐξῆλθεν ὁ Ἰησοῦς καὶ οἱ μαθηταὶ αὐτοῦ εἰς τὰς κώμας Καισαρείας τῆς Φιλίππου· καὶ ἐν τῇ ὁδῷ ἐπηρώτα τοὺς μαθητὰς αὐτοῦ λέγων αὐτοῖς· τίνα με λέγουσιν οἱ ἄνθρωποι εἶναι;

28  οἱ δὲ εἶπαν αὐτῷ λέγοντες [ὅτι] Ἰωάννην τὸν βαπτιστήν, καὶ ἄλλοι Ἠλίαν, ἄλλοι δὲ ὅτι εἷς τῶν προφητῶν.

29  καὶ αὐτὸς ἐπηρώτα αὐτούς· ὑμεῖς δὲ τίνα με λέγετε εἶναι; ἀποκριθεὶς ὁ Πέτρος λέγει αὐτῷ· σὺ εἶ ὁ χριστός.

30  καὶ ἐπετίμησεν αὐτοῖς ἵνα μηδενὶ λέγωσιν περὶ αὐτοῦ.

 

Nuwe Afrikaanse Vertaling:

27 Daarna het Jesus en sy dissipels na die dorpies naby Sesarea-Filippi gegaan. Langs die pad het Hy vir die dissipels gevra: “Wie, sê die mense, is Ek?”

28 Hulle antwoord Hom: “Johannes die Doper, party sê weer Elia, en party een van die profete.”

29 “Maar julle,” vra Hy hulle, “wie, sê julle, is Ek?”

Petrus antwoord Hom: “U is die Christus!”

30 Toe belet Hy hulle om dit vir iemand anders te vertel.

 

 

Opmerkings oor die teks

Hier is ‘n wending in die Markus-evangelie. Van hier af tot by Markus 11:1 is die reis wat Jesus en sy dissipels te voet vanaf Sesarea-Filippi na Jerusalem onderneem het die fokus. Dit begin waar Jesus invra op sy identiteit. “Wie sê die mense is ek? … En julle? Wie sê júlle is ek?”, het Jesus gevra.

 

Sesarea-Filippi is in die verre noorde van die land, by een van die oorspronge van die Jordaanrivier, geleë. Die rivier borrel hier uit ‘n fontein in ‘n grot voort. In sekere kringe is geglo dat hierdie plek die poorte van die doderyk was. Daar is vandag nog oorblyfsels van ‘n antieke heiligdom vir die god Pan te vinde. Jerusalem was die Judeërs se heilige stad. Die tempel het híér gestaan. Dis híér wat die hartklop van die Judeërs se politieke en godsdienstige lewe was.

 

In die wêreld waarin Jesus geleef het, het die identiteit van die individu anders gelyk en gefunksioneer as ons s’n vandag. In die westerse wêreld beskou ons ‘n individu se psigologiese samestelling as die sleutel tot die verstaan van wie hy of sy mag wees. Ons beskou elke individu as ‘n afgeronde en unieke wese wat meer of minder geïntegreerd gemotiveer en kognitief en emosioneel funksioneer en oor ‘n sentrum van bewussyn en beoordelingsvermoë beskik én teenoor ander sulke individue bestaan en met hulle interaksie het.

 

Hierdie tipe individualisme is maar skaars onder ander kulture in die wêreld. Dit het beslis nie in die Nuwe Testament en die destydse Mediterreense wêreld voorgekom nie. In daardie wêreld was elke persoon in andere ingebed en het sy of haar identiteit slegs in verhouding met hierdie ander saam met wie hy of sy ‘n fundamentele groep gevorm het bestaan. Vir die meeste mense was hierdie kern- of “in-groep” die familie. Dit het beteken dat individue nie onafhanklik opgetree het of aan hulleself as onafhanklik van dié groep gedink het nie. Wat een van die lede van die familie was – psigologies én in alle ander opsigte – was die ander lede ook. Mediterreense mense was wat antropoloë “diadies” noem. Dit beteken dat hulle “ander-georiënteerde mense” was wat op ander staatgemaak het om hulle met ‘n bewussyn van wie hulle is te voorsien.

 

Waar ons as Westerse individualiste besorg is oor die gevolge van ons besluite op ons huidige posisie en toekomstige geleentheenthede is, was hulle besorg oor die gevolge wat hulle besluite vir ander – veral vir diegene buite hulle vriende- en kernfamiliekring – ingehou het. Vir ons is dit belangrik om ons eie opinies oor ‘n wye reeks kwessies, soos politiek, godsdiens en seks, te vorm en te hê. Ons raadpleeg kenners se menings gewoonlik slegs met betrekking tot die wet en ons gesondheid. Ons doen dit ook slegs ten opsigte van onsself en ons kerngesin. Vir hulle was dit algemeen om ander se opinies te aanvaar en vir hulleself toe te eien. Dit was veral so met persone wat ‘n hoë aansien binne ‘n breër kring gehad het.

 

Diadiese persone was voortdurend besorg oor hoe hulle hulleself aangebied het (“self-presentation”) en om nie aansien te verloor nie (“loss of face”), aangesien dit ‘n refleksie van die groep en die persoon se posisie binne die groep was. Tensy iemand anders by ons eie doelwitte betrokke is, gee ons nie werklik om oor die indruk wat dit op ander laat laat nie. Verleenthede en beskaming raak die individu (en soms mense na aan hom/haar), maar nie die groter groep rondom ons nie. Diadiese persoonlikheid glo aan, voel en ervaar ‘n onderlinge verbondenheid met die hele groep op so ‘n manier dat positiewe en negatiewe gedrag tot die hele groep se eer en/of skande strek. Individualiste tree op asof hulle van ander geïsoleerd is; wat hulle doen word nie beskou as dat dit ander affekteer nie en wat ander doen affekteer hulle nie.

 

Diadiese persone voel dat hulle intiem betrokke in die lewens van ander in hulle groep is en dat hulle ‘n bydrae tot die lewe van die ander maak (en te maak het). Westerse individualiste se lewens is gesegmenteerd. Persone voel hulleself betrokke by slegs ‘n klein aantal ander persone, en dan ook op spesifieke maniere (byvoorbeeld om hulle iets te leer of om advies te gee). Sterk-groepsmense is besorg (/bekommerd) oor al die lede van hulle groep. Hulle beleef ‘n aanvoeling van een-wees (“oneness”) met ander mense, ‘n persepsie van komplekse verbintenisse en verhoudings en ‘n geneigdheid om ander mense in gedagte te hou. Diadiese mense se besorgdheid het ten diepste te make met die oorlewing van die groep. Swak-groepsmense is hoofsaaklik besorg oor hulleself (en soms hulle kern­familie). Hulle is geïsoleerd van ander mense en geneig om alleenlik aan hulleself te dink.

 

Die diadies-kollektivistiese oriëntasie het outomaties tot die tipies Mediterreense gewoonte om te stereotipeer gelei. Daarom dat Paulus byvoorbeeld geskryf het: “Kretensers is altyd leuenaars, ongediertes, lui vrate” (Titus 1:12). Oor Jesus het Natanael gesê-vra: “Kan daar uit Nasaret iets goeds kom?” (Joh 1:46). Jesus se teenstanders het gedink dat hulle hom geken het deur hom te identifiseer as “Jesus van Nasaret” en “die timmerman se seun” (Mark 6:3; Matt 13:55).

 

Persone is volgens hulle “plek” van herkoms – “van Nasaret” of “van Tarsis” of ander plekke – identifiseer. In dié etikette is ál die inligting wat nodig was om te bepaal hoe hoog of laag iemand se eer volgens hulle skaal van eer en skande was geënkodeer. Sodoende het almal geweet op watter manier interaksie met dié persoon moes plaasvind om as behoorlike (= eerbare) gedrag gereken te word.

 

Een van die gevolge hiervan was dat antieke mense mekaar nie goed geken het op die maniere wat vir ons belangrik is nie. Hulle het byvoorbeeld nie in mekaar se psigologiese of emosionele welwese belangestel nie. Hulle het ook nie omgegee oor psigologiese ontwikkeling nie en was ook nie introspektief nie. Wanneer ons oor persone wat in die Bybel genoem word se gevoelens en emosionele welwese praat, dra ons ons anachronistiese projeksies vanuit ons eie sensitiwiteite op hulle oor.

 

Húlle was daaroor besorg oor wat ander van hulle gedink het (eer) en nie oor hoe hulle oor hulleself gedink het (skuld) nie. Gewete was vir hulle die beskuldigende stem van ander, nie die innerlike stem van skuld (en -gevoelens) nie. Hulle vraag was nie die moderne een, “Wie is ek?” nie. Hulle het die vraag gevra wat Jesus hier gevra het: “Wie sê die mense is ek?” en “Wie sê julle is ek?” Dit is van die betekenisvolle ander wat die inligting hieroor gekom het, nie van die self nie.

 

As ons die vrae wat Jesus hier vra as Westerlinge lees, aanvaar ons dat Jesus weet wie hy is en dat hy die dissipels toets om vas te stel of hulle dit (al) weet. Lees ons die teks egter as Midde-Oosterse mense in die Mediterreense wêreld van destyds, sal ons aanvaar dat Jesus by sy betekenisvolle andere wil vasstel wie hy is. Hulle antwoord sou as ‘t ware vir hom sê wie hy moet wees en watter rol hy moet vervul. Hulle antwoord sou dan ‘n bepaalde toegekende status aan hom verskaf. Indien hy hulle antwoord sou aanvaar, sou hy hierdie eer-status verder ter wille van die eer wat daarmee gepaardgaan moes instandhou. Hy sou sy eer – hulle antwoord en die toegekende en verworwe eer-status – moes verdedig.

 

Die dissipels se antwoord, “Johannes die Doper, party sê weer Elia, en party een van die profete” (vers 28) identifiseer Jesus nie in terme van sy plek van herkoms  of kernfamilie nie. In die destydse wêreld sou Jesus dus as iemand met afwykende gedrag beskou gewees het. Deur Jesus só te identifiseer ken hulle hoër eer-status en krag in ‘n wyer kring as hulle eie aan hom toe. Dit word bevestig met Petrus se: “U is die Christus!” (vers 29).

 

Markus skryf aan sy lesers dat Jesus se dissipels oortuig was dat hulle beskouing dat Jesus God se Christus was genoegsame openbare steun geniet het. Alhoewel Jesus hulle belet het om dit vir iemand anders te vertel (vers 30), het hy hulle in hulle reis na Jerusalem voorgegaan. Sodoende het hy die toegesegde identiteit aangeneem en dienooreenkomstig opgetree om sy rol te vervul.

 

 

Voorstel vir ’n preek

Predikers kan die preek begin deur daarop te wys dat ons amper aan die einde van ons reeks oor identiteit is. Ons vra in op die vraag wat dit beteken dat ons beeld van God is. Ons wil ons insig in en kennis oor ons identiteit as christene verdiep en verbreed.

 

Hoorders kan dan gevra word hoe hulle hulle identiteit informeer. Met ander woorde, wie se opinies en menings is vir hulle belangrik wanneer húlle vra: “Wie is ek?” Hulle kan verder vra hoe hulle ouers, vriende en ander se sieninge van hulle hulleself hierin beïnvloed.

 

Predikers kan dan die teks aan die bod bring. Dat Jesus gedoen het wat hy gedoen het, het direk met sy dissipels se informering van sy identiteit verband gehou. Wie Jesus was en geword het, het direk verband gehou met wat hy geglo het oor hom geglo is. Daarom kon hy sy pad enduit stap. Dit was as ‘t ware nie net sy eie opinie oor homself wat hom gedring het nie. Hy wou sy toegesegde eer-status en posisie gestand doen. En hy het. Hy wou sy toegesegde en verworwe eer laat toeneem. Sy groep – waarby ons onsself insluit – was vir Jesus belangriker as hy eie belange.

 

Hooerders kan ons persoonlikheidstipes as mede-informerend vir ons identiteit betrek. Dis belangriker dat hoorders besef dat daar verskillende persoonlikhede binne die geloofsgemeenskap bestaan as wat dit is dat hulle al die detail hieroor meegedeel word. Predikers kan op die belangrikheid dat hoorders hulleself goed ken wys en benadruk dat ons elkeen aan die hand van ons eie persoonlikheids­tipe bydra tot die welwese van die groter groep – die gemeente én die gemeenskap waarbinne ons saam leef. Dis belangrik dat ons ons rol en funksie in terme van wie ons as persoonlikhede is vervul.

 

Predikers kan uit die inligting wat in die dagstukkies en blogs voorkom put. Van die figure na wie daarin verwys word kan ook verwys word. Dit moet egter nie ten koste van Jesus in dié teks gedoen word nie.

 

 

Moontlike hulpmiddels

Kyk gerus na Communitas se preekriglyne op hulle webblad: http://communitas.co.za/

Daar is ook bruikbare riglyne by www.textweek.com

_______________________________________________________________________________

PREEKVOORSTEL : WEEK 6   

Tema:         Ons is mense wat in God tot rus kom

Perikoop:    Psalm 23  

Skopus:      Ons is mense wat in God tot rus kom.

                   Die Here is ons Herder, Gids, Gasheer en Vader.

                   Hy lei ons tot rus en in gemeenskap met Homself en ander mense in.

                   Hy laat ons in Hom tuis- en tot rus kom.

                   Vanuit hierdie rus laat God ons visie ontwikkel en ‘n impak maak deur gasvryheid en die gee van onsself en meer.   

 

Die Hebreeuse Teks:

1מִזְמֹ֥ור לְדָוִ֑ד

יְהוָ֥ה רֹ֝עִ֗י לֹ֣א אֶחְסָֽר׃

בִּנְאֹ֣ות דֶּ֭שֶׁא יַרְבִּיצֵ֑נִי עַל־מֵ֖י מְנֻחֹ֣ות יְנַהֲלֵֽנִי׃

נַפְשִׁ֥י יְשֹׁובֵ֑ב יַֽנְחֵ֥נִי בְמַעְגְּלֵי־צֶ֝֗דֶק לְמַ֣עַן שְׁמֹֽו׃

4גַּ֤ם כִּֽי־אֵלֵ֨ךְ בְּגֵ֪יא צַלְמָ֡וֶת לֹא־אִ֘ירָ֤א רָ֗ע כִּי־אַתָּ֥ה עִמָּדִ֑י שִׁבְטְךָ֥ וּ֝מִשְׁעַנְתֶּ֗ךָ הֵ֣מָּה יְנַֽחֲמֻֽנִי׃

תַּעֲרֹ֬ךְ לְפָנַ֨י׀ שֻׁלְחָ֗ן נֶ֥גֶד צֹרְרָ֑י דִּשַּׁ֖נְתָּ בַשֶּׁ֥מֶן רֹ֝אשִׁ֗י כֹּוסִ֥י רְוָיָֽה׃

אַ֤ךְ׀ טֹ֤וב וָחֶ֣סֶד יִ֭רְדְּפוּנִי כָּל־יְמֵ֣י חַיָּ֑י וְשַׁבְתִּ֥י בְּבֵית־יְ֝הוָ֗ה לְאֹ֣רֶךְ יָמִֽים׃

 

Nuwe Afrikaanse Vertaling (1983) :

1 ‘n Psalm van Dawid.

Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.

2 Hy laat my rus in groen weivelde.

Hy bring my by waters waar daar vrede is.

3 Hy gee my nuwe krag.

Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.

4 Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie,

want U is by my. In u hande is ek veilig.

5 U laat my by ‘n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk.

U ontvang my soos ‘n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid.

6 U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly

en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.

 

Nuwe Direkte Vertaling (2014) :

Die HERE is my herder;  ek ly nie gebrek nie.

2 In groen weivelde laat Hy my rus;

na water waar daar rusplek is, lei Hy my.

3 Hy gee my nuwe lewenskrag;

Hy lei my op die regte paaie  ter wille van sy Naam.

4 Selfs as ek in die donkerste kloof ingaan,

is ek nie bang vir gevaar nie, want U is by my.

Dit is u staf en u stok wat my gerusstel.

5 U dek vir my ‘n tafel  voor die oë van my teenstanders.

U verfris my kop met olyfolie;  my beker loop oor.

6 Net goedheid en troue liefde sal my volg  al die dae van my lewe,

en ek sal bly terugkeer na die huis van die HERE, tot in lengte van dae.

 

 

Opmerkings oor die teks

Ons kyk na hierdie bekende psalm deur die lens van ons identiteit as mense wat in God tot rus kom. Hierdie motief omarm die teks waarin daar ‘n beweging vanuit tot rus kom in rús in beweeg word. Die teks begin – ná die verklaring dat die Here JHWH (יְהוָ֥ה) die psalmis se herder (רֹ֝עִ֗י) is en dat hy (daarom) niks kort kom nie – met “Hy laat my rus …” Aan die einde van die teks verklaar die psalmis dat hy by die Here tuis is: hy het tot rus gekom en ‘n “rusplek” gevind.

 

As die psalm getipeer moet word, kan dit as ‘n vertroostingspsalm beskryf word. Christene, sowel as Jode, vind al vir eeue in hierdie psalm troos, versterking en bemoediging én ‘n uitdrukking van hulle geloof en vertroue in die Here. Die psalmis se vertroue is in JHWH as ‘n persoonlike herder (herder).

 

Die woord “skaap” kom nêrens in die teks voor nie. Daarom hou die metafoor waarskynlik met die judese beskouing dat die koning – wat die volk se “vader” is – vir hulle soos ‘n goeie herder moet wees. Konings moet vir hulle mense sorg en hulle beskerm en lei. Die psalmis sê die Here JHWH is sý herder, maar Hy is nie sommer ‘n alledaagse herder nie. JHWH is ook Heerser, of te wel Opperheerser.

 

Dis nie slegs “herder” wat as metafoor benut word nie. Die metafore vir JHWH is dié van die herder (vers 1-2), die gids (vers 3-4), die gasheer (vers 5) en die vader (vers 6).

 

Die psalm bestaan uit drie strofes, naamlik 1b-4a, 4b-5b en 6a-6b. 4b dien as nexus of oorgangsvers en speel dus ‘n belangrike rol in die teks. Die strofes staan nie onafhanklik van mekaar nie, want hulle word op verskeie vlakke (sintakties, stilisties én semanties) aan mekaar verbind. Die psalm vorm ‘n dinamiese, geïntegreerde geheel en beskik oor ‘n netwerk van verbindingslyne.

 

In die psalm word baie geykte stof – vanuit die Eksodus én die Ballingskap sowel as buite-Bybelse trajekte – gebruik.  Daarom kan dit op verskeie situasies van toepassing gemaak word, en moet dit nie tot net één – soos byvoorbeeld die uittog uit Egipte – beperk word nie. Die psalmis se belewenis van JHWH as “rusplek” was immers binne ‘n konkrete situasie.

 

Omdat daar baie probleme met omtrent elke poging om ‘n datering aan die psalm te heg is, moet die psalm eerder nie in enige hipotetiese situasie ingeforseer word nie. Alhoewel die psalm vir ‘n spesifieke situasie geskryf is, styg die betekenis en toepaslikheid daarvan bo enige situasie uit.

 

Die psalmis wil met die herder-metafoor – wat as die motto van die psalm beskou kan word – en die ander metaforiese elemente wil sê dat daar te midde van gevare en probleme volkome geborgenheid, veiligheid en vreugde by JHWH te vinde is. Die sorg vir voedsel, veiligheid en vreugde staan in die psalm voorop.

 

In die eerste strofe (1b-4a) word ‘n samevatting van dié strofe en eintlik van die hele psalm gegee. Hierna word beskryf wat die psalmis nie sal kortkom nie: voedsel, veiligheid, vreugde.

 

Sonder die herder sou die kudde verlore wees, lees ons in vers 2. Hý weet waar die groen weivelde en die water is, maar meer: hy lei die kudde daarheen. In die semi-woestyngebied van Palestina is dít ‘n skaars ding en eintlik net ‘n kolletjie gras by ‘n fontein. Die fokus op die versorging deur die herder word deur stylfigure soos die parallelisme, chiasme en nog uitgelig.

 

Die herder-metafoor word in 3a met “hy gee my nuwe lewenskrag” (נַפְשִׁ֥י יְשֹׁובֵ֑ב) deurbreek. Dié uitdrukking word nêrens in Hebreeus ten opsigte van diere gebruik nie. Vir mense wat lewensmoeg is en self nie meer kan aangaan nie, is dít ‘n vertroostende én bemoedigende wete. Dit bring ‘n mens in beweging.

 

Die tweede deel van 3b is veral binne die destydse gemeenskap belangrik: JHWH doen dit “ter wille van sy Naam” (לְמַ֣עַן שְׁמֹֽו). Onthou: álles in die destydse Mediterreense wêreld het rondom eer en skande gewentel. JHWH het dus sy reputasie gestand gedoen en is ‘n eerbare herder: hy bring sy mense tot rus, hy beveilig hulle en sorg vir hulle.

 

Die psalm sê nie dat alles in die gelowige se lewe groen weivelde en waters van rus is nie. In 4a word hierdie strofe afgerond deur JHWH en “die kwade/gevaar” (רָ֗ע) as teenoorstaande pole te stel. Die nomen בְּגֵ֪יא צַלְמָ֡וֶת – wat met “donker dieptes” (diep, nou klowe met min sonlig, waar rowers of vyande reisigers dikwels ingewag het) weergegee word – kan metafories ook op die dood of lewensgevaar dui (sien byvoorbeeld Job 10:20-22). Net soos wat die Here voorsien, beskerm Hy  ook.

“Wanneer ek in ‘n gevaarvolle plek – teenoor JHWH as “rusplek” – kom, is JHWH ook dáár. Daarom sal ek nie bang wees nie”, is wat die psalmis as ‘t ware hier sê. Die grootsheid van JHWH se “effektiwiteit” as herder transendeer die gevaarlike paaie in Judea. JHWH se teenwoordigheid bínne die harde werklikhede van elke dag is wat ons rus, nuwe krag en visie gee.

 

4b speel ‘n skarnierfunksie in die psalm. Hierdie wentelpunt bevestig die vertroostende vertrouensuitspraak dat JHWH teenwoordig is:אַתָּ֥ה עִמָּדִ֑י . JHWH word van hier af in die tweede persoon deur die persoonlike voornaamwoord “U” aangespreek en voorop geplaas.

 

“Stok” (שִׁבְטְךָ֥) en “staf” (מִשְׁעַנְתֶּ֗ךָ) is ‘n digterlike woordpaar waarmee die omvattende beskerming van JHWH beklemtoon word. 4b sê dus in digterlike taal wat tot hiertoe deur die herdermetafoor gesê is.

 

In 5a en 5b word die gedagte van die vorige gedeelte voortgesit. JHWH word nou as gasheer geskets. JHWH is die hoof van die ganse kosmiese huishouding en as sodanig die gasheer by uitnemendheid. Deur die “in die reine stel” (vindikasie) van die psalmis herstel JHWH die psalmis se eer binne die gemeeskap. Waaroor die spanning en konflik was, kan nie uit die psalm afgelei word nie. Die fokus is daarom vir ons nie op die spesifieke konteks van die teks of die “teenstanders” teenoor wie (נֶ֥גֶד צֹרְרָ֑י) JHWH optree nie. Die fokus bly op JHWH en sý herderskap: hy is getrou en kan vertrou word.

 

Nie gevaarplekke of teenstanders kan JHWH verhinder of verhoed om oorvloedig te sorg nie. Dít word met die olie (‘n simbool vir oorvloed en vreugde) waarmee die psalmis gesalf word én die beker wat oorloop beklemtoon word.

 

Die hoogtepunt van die psalm is 6a/b wat by die voriges aansluit en die omvattende beskerming van JHWH met nóg ‘n woordpaar uitdruk. Hier staan letterlik dat “goedheid en liefde” (טֹ֤וב וָחֶ֣סֶד) die psalmis sal “agtervolg” (יִ֭רְדְּפוּנִי = “hulle agtervolg my”). Deur hierdie werkwoord – wat gewoonlik in ‘n negatiewe sin gebruik word – in orde om te keer, sê die psalmis dat JHWH op ‘n konkrete wyse – in goedheid en liefde – sy verhouding met die psalmis bevestig. Met JHWH dáár is dit nie meer die psalmis se vyande nie, maar JHWH se goedheid en liefde wat bý hom bly.

 

Beide die begin én die einde van 6a (כָּל־יְמֵ֣י חַיָּ֑י) en 6b (לְאֹ֣רֶךְ יָמִֽים) dui aan dat die liefde en beskerming van JHWH permanent van aard is. Daarom moet “die huis van die Here” (בְּבֵית־יְ֝הוָ֗) nie – al is dit ‘n tegniese term daarvoor – as wonend in die tempel of ‘n vorm van kultiese blyplek beskou word nie. ‘n Beter verstaan hiervan in terme van die hele psalm hou verband met die innige en voortdurende gemeenskap en die permanente belewing van die teenwoordigheid van JHWH. Die laaste strofe vat die inhoud van die hele psalm saam en gryp terug na die begin van die psalm waar JHWH as herder aangedui word.

 

Voorstel vir ’n preek

Psalm 23 is besonder geskik om mense wat ly, sukkel of swaarkry te vertroos en aan hulle rigting te verleen sodat hulle tot eer van God kan lewe. God is ons Vader. Alles wat van ‘n goeie vader waar is word van mense in leiers- en gesagsposisies verwag.

 

Om die Here as herder te erken is nie ‘n towerstaffie waarmee alle probleme soos mis voor die son opgelos kan word nie. Te midde van die harde werklikhede van die lewe, probleme en ander “donker dieptes” kan en mag ek op die persoonlike teenwoordigheid van die Here in my lewe vertrou.

 

Omdat die Here is Wie Hy is kry die lewe betekenis sodat ons niks kortkom nie en nie bang hoef te bly wanneer ons bang geword het nie.

 

Die Here gee aan ons die voorreg om in die Here tot rus te kom, in Hom in te woon,  om sy gas te wees: om in God se teenwoordigheid te leef.

 

Hierdie geloof bring ons in beweging. Wanneer ons besef dat ons mense is wat in God tot rus kom, dring dié geloof ons om rus in Gód te ving en vanuit hierdie rus in beweging te kom. Ons reageer op die volkome geborgenheid, veiligheid en vreugde wat ons by God vind in ons lewens te integreer en ander mense binne dié raamwerk te hanteer. Ons word die agente van die goedheid en liefde van God deur ‘n ruimte te skep waarbinne ander ook dié geborgenheid, veiligheid en vreugde kan beleef.

 

Veral twee bewegings in die teks help ons hiermee. Aan die begin van die psalm word God as “Hy” – in die derde persoon – aangedui. Daarna word Hy as “U” aangespreek. Ons weet dus dat God nie ver en eenkant staan (of op ‘n troon sit) nie. God kom nader. God is hier en tree ín ons midde in.

 

Die tweede beweging kom voor in wat dan gebeur: die Here tree as gasheer vanuit sy oorvloed binne die konteks van ‘n feesmaaltyd bedienend op. Die psalmis hoop dat ons besef dat dít is wat God wil hê óns moet doen. Ons moet die alledaagse omskep in ‘n ruimte waarin geborgenheid, veiligheid en vreugde beleef word.

 

Ons doen dit deur in God tot rus te kom, gasvry te wees en te gee wat binne bepaalde kontekste nódig is ooreenkomstig mense se situasies. Dáárvoor ontwikkel ons visie en maak ons impak.

Vanuit die tuis wees by die Here werk ons as ‘t ware terug in die elkedagse werklikheid in. Ons vind vertroosting, versterking en visie in ons God se teenwoordigheid en ons saam aan tafel wees. Hier eet ons, drink ons en gesels ons saam oor ons Vader se visie vir ons en hóé die impak van sy teenwoordigheid in óns praktiese lewe ‘n impak op die tyd wat vir ons voorlê het. Waar is mense wat te kort het? Waar is mense wat rus, sorg, nuwe lewenskrag, veiligheid en vreugde nodig het? Waar is mense bang?

 

Ons werk uit hoe om op weë te kom – en bly! – wat tot eer van God as ons Here lei. Ons is mense wat in God tot rus kom. Soos God is ons gasvry en gee ons uit sý oorvloed waarin ons ook deel. Ons is mense met visie op die impak van God se wees en werk in ons wêreld.

 

Predikers kan hieruit put om hulle hoorders van God se identiteit as Vader wat Herder, Gids en Gasheer is, bewus te maak. Omdat ons beeld van God is word ons eie identiteit hierin teruggevind. Ons is nie sélf God nie, maar be-liggaam God se hier-wees in ons omgang met mekaar en ander mense en die omgewing. (Al gewonder hoe voed God ons in groen weivelde sonder dat oorweiding plaasvind?)

 

 

Moontlike hulpmiddels

Kyk gerus na Communitas se preekriglyne op hulle webblad:

http://communitas.co.za/

 

 

Bronne:

Peter C Craigie, 1983.  Psalms 1-50, Word Biblical Commentary (Volume 19), Waco, Texas: Word Books.

 

Jewish Publishing Society, The, 2004.  The Jewish Study Bible. Tanakh Translation. New York: Oxford.

 

DH Odendaal & CW Burger,  1988.  Psalm 23, in CW Burger, BA Müller & DJ Smit (reds.), Riglyne vir prediking oor die Psalms (Woord Teen die Lig II/4).  Kaapstad: NG Kerk-Uitgewers. 56-64.

 

Riempies (WS) Prinsloo, 1991.  Die Psalms leef!  Pretoria: NG Kerkboekhandel.

 

Nico Simpson, Ewald van Rensburg & Breda Ludik, 2000.  Die Wonder van Gebed. Psalms – oopgetrapte paadjies na God toe.  WellingtonL Lux Verbi.BM.

 

 

 

Cas JA Vos,  2005.  Theopoetry of the Psalms.  Pretoria: Protea Book House.

_______________________________________________________________________________

PREEKVOORSTEL : WEEK 5   

Tema:         Ons is mense wat luister 

Perikoop:    Jesaja 50:4-9 (4-6) 

Skopus:      God praat in woord en daad. En ons leef luisterryk.  God praat en laat ons luister.  God leer ons luister.  Ons dien vanuit ‘n luisterende, lerende en dienende posisie en   grondhouding. Al vra dit iets van ons of kos dit ons iets.

 

Jesaja 50:4-9 (4-6)  

Hebreeuse Teks:

4 אֲדֹנָ֣י יְהֹוִ֗ה נָ֤תַן לִי֙ לְשֹׁ֣ון לִמּוּדִ֔ים לָדַ֛עַת לָע֥וּת אֶת־יָעֵ֖ף דָּבָ֑ר יָעִ֣יר׀

אֲד בַּבֹּ֣קֶר בַּבֹּ֗קֶר יָעִ֥יר לִי֙ אֹ֔זֶןלִשְׁמֹ֖עַ כַּלִּמּוּדִֽים׃

5 אֲדֹנָ֤י יְהוִה֙ פָּתַֽח־לִ֣י אֹ֔זֶן וְאָנֹכִ֖י לֹ֣א מָרִ֑יתִי אָחֹ֖ור לֹ֥א נְסוּגֹֽתִי׃

6 גֵּוִי֙ נָתַ֣תִּי לְמַכִּ֔ים וּלְחָיַ֖י לְמֹֽרְטִ֑ים פָּנַי֙ לֹ֣א הִסְתַּ֔רְתִּי מִכְּלִמֹּ֖ות וָרֹֽק׃

7 וַאדֹנָ֤י יְהוִה֙ יַֽעֲזָר־לִ֔י עַל־כֵּ֖ן לֹ֣א נִכְלָ֑מְתִּי עַל־כֵּ֞ן שַׂ֤מְתִּי פָנַי֙ כַּֽחַלָּמִ֔ישׁ וָאֵדַ֖ע כִּי־לֹ֥א אֵבֹֽושׁ׃

8 קָרֹוב֙ מַצְדִּיקִ֔י מִֽי־יָרִ֥יב אִתִּ֖י נַ֣עַמְדָה יָּ֑חַד מִֽי־בַ֥עַל מִשְׁפָּטִ֖י יִגַּ֥שׁ אֵלָֽי׃

9 הֵ֣ן אֲדֹנָ֤י יְהוִה֙ יַֽעֲזָר־לִ֔י מִי־ה֖וּא יַרְשִׁיעֵ֑נִי הֵ֤ן כֻּלָּם֙ כַּבֶּ֣גֶד יִבְל֔וּ עָ֖שׁ יֹאכְלֵֽם׃

 

Nuwe Afrikaanse Vertaling (1983)

4 Die Here my God het my geleer om die regte woorde te gebruik

sodat ek dié wat moeg is, kan moed inpraat.

Elke môre laat Hy my opnuut weer luister,

Hy laat my luister soos ‘n leerling moet luister.

5 Die Here my God het my geleer om te luister:

ek was nie teen Hom opstandig nie,

ek was nie ontrou aan Hom nie.

6 Ek het my rug gehou vir dié wat my slaan,

my wang vir dié wat my baard uittrek.

Ek het my gesig nie weggedraai toe ek bespot en bespoeg is nie.

7 Die Here my God help my, ek sal nie teleurgestel staan nie;

ek sal my nie ontstel nie, ek weet ek sal nie in verleentheid kom nie.

8 Hy wat my onskuldig sal verklaar, is naby;

wie wil ‘n aanklag teen my inbring? Laat ons elkeen sy saak stel.

Wie wil my aankla? Laat hom vorentoe kom.

9 Die Here my God help my; wie sal my dan skuldig verklaar?

Dit is verby met almal wat my beskuldig,

soos met ‘n lap wat deur motte gevreet word.

 

 

Opmerkings oor die teks

Die teks is deel van die groter gedeelte vanaf vers 4 tot vers 11. Dit gaan hierin oor die missie van die profeet en dié van die nasie. Vir die prediking fokus ons egter op verse 4 tot 6, aangesien ons vandeesweek op ons identiteit as mense wat luister reflekteer. Baie eksegete baken die teks as verse 4 tot 9 af.

 

Verse 4 tot 5 en 6 tot 9 funksioneer as samehangende eenhede

 

‘n Letterlike vertaling van ons teks kan soos volg gedoen word:

4 Die here JHWH het gegee vir my – die tong van dissipels,

sodat ek kan weet om te help die wat uitgeput is –

met woorde wat weer energie gee;

oggend vir oggend wek hy my oor op – om te luister soos dissipels.

5 Die here JHWH het my oor oopgemaak

en ek was nie opstandig nie; – ek het nie weggedraai nie.

6 My rug het ek gegee vir die wat my slaan –

en my wang vir die wat die baard uittrek;

my gesig het ek nie weggesteek; – van belediging en gespoeg nie.

7 Die here JHWH help my – daarom is ek nie verneder nie

daarom het ek my gesig gemaak soos vuursteen –

ek weet ek sal nie tot skande wees nie

8 Naby is hy wat my regverdig verklaar;

wie wil my aankla – laat ons in saam opstaan;

wie is meester van my oordeel; – laat hy my konfronteer.

9 Kyk die here JHWH help my – wie sal my veroordeel?

Kyk, almal van hulle, soos klere sal hulle vergaan – die motte sal hulle eet.

 

Die Hebreeuse לִמּוּדִ֔ים / כַּלִּמּוּדִֽים in vers 4 beteken letterlik “dissipels/leerlinge”. ’n Goeie Afrikaanse vertaling sal wees om dit te vertaal met iets soos “een van die dissipels”. Die profeet is ‘n dissipel van ouer/vroeëre profete. Hy leen voortdurend by hulle woorde en uitsprake. Hy toon ook aan hoedat dit wat hulle gesê het vir hulle tyd wáár was en in sy en sy lesers se tyd aktueel en van toepassing is.

 

Ten opsigte van die Here JHWH is hy ‘n “luisterende” dissipel. Die Here JHWH het hom luisterend gemaak (sy ore opgewek) en laat hom môre na môre nuut luister. Die profeet reageer op die Here JHWH se optrede én daarvandaan uit. Hier is reeds ‘n aanduiding dat die profeet wil hê dat die mense in hulle verhouding met God dieselfde moet doen as wat hý gedoen het in reaksie op die Here JHWH se woorde. Hulle moenie opstandig wees nie. Hulle moenie wegdraai nie.

 

Die Here se woorde maak nuut, dit gee energie. Die dinamika van die Here JHWH en sy woorde staan in kontras met die statiese uitgeputte mense wat die energie wat die Here deur sy woorde gee nodig.

 

Dat die Here JHWH die handelende Een is en die profeet en die mense op sý optrede (en gawes: Hy géé, hy maak ore oop/luister moontlik) reageer en moet aanhou reageer, is opmerklik. Die profeet tree as “agent” tussen die Here en die mense op. Die Here kom in en deur sy woorde via die profeet na die mense toe. Daar word ‘n reaksie verwag. Die reaksie wat geantisipeer word, is dieselfde as dié van die profeet.

 

Die rare Hebreeuse werkwoord לְמֹֽרְטִ֑ים – “om hare uit te trek” – in vers 6 dui op ‘n formele en doelbewuste vorm van vernedering (“shaming” = “om in die skande te kom / gesteek te word”). Deutero-Jesaja het net soos al die Israeliete in die ballingskap gely. Hy het geglo dat hierdie lyding regverdig was en aanvaar dit. Hy het nie ontwykend opgetree om openbare skande te ontkom nie. “God was reg. Ons wás verkeerd”, sê hy as ‘t ware. Omdat God getrou is – ánders as óns is – verwag hy vindikasie. God se eer / dat God “reg” was, sál erken word.

 

Die Hebreeuse woord יַֽעֲזָר־לִ֔י in vers 7 kan met “help/hulp/ondersteuning” vertaal word. Dit word gewoonlik in ’n juridiese konteks gebruik. Dié vorm van hulp of ondersteuning word dikwels in verband met openbare vernedering (“shaming”) gebruik. Die bedoeling is dan dat iemand se eer herstel word en dat hy/sy dus as ‘t ware van skande en gepaardgaande vernedering bevry word. Die profeet erken dat dit nie sý optrede is wat die here JHWH tot skande bring nie, maar die here JHWH Sélf wat sy openbare eer in stand hou.

 

Die woordeמִֽי־בַ֥עַל מִשְׁפָּטִ֖י  in vers 8 kan saam gelees word en dan vertaal word as “heer van my oordeel”. Die Hebreeuse woord בַ֥עַבַּ word soms as eienaam vir een van die Kanaänitiese gode gebruik. Dit is egter ook die woord wat gewoonlik met “heer” of “meester” vertaal word.

 

Die kneg is hier aan die woord. Hy verstaan wat dit beteken om onderrig te gee sodat mense energie daaruit kan put. Hy weet dit kom na vore uit luister. Hy is iemand wat hom laat leer. Hy laat toe dat God sy oor oopmaak, selfs vir dit wat hy nie noodwendig sou wou hoor nie.

 

Nou het dit wat hy by God gehoor het, hom in die stadspoort gebring waar die regsaak teen hom gehou word. Hy word beledig oor sy keuse – die keuse wat hy gemaak het nadat hy God gehoor het. Dit gaan oor Jesaja se keuse om in sy omgewing betrokke te raak by die gebrokenheid en standpunt in te neem teen die magsmisbruik en onreg van sy tyd. Sy beledigers is mense wat kies om hulle te onttrek, of om militant te raak, sommiges gee boedel oor en andere raak na binne godsdienstig.

 

In die wêreld waarin die kneg geleef het, het ‘n belediging – of aanklag – jou eer aangetas. Jy kon jou eer terugkry indien jy ‘n groter belediging kon terugslinger. Die kneg tree egter anders as wat mense sou verwag op. Hy ontwapen die beledigings deur hom na die beledigings te keer. Hy hoef homself nie te verdedig nie, want God doen dit.

 

By ‘n hofsaak in die poort kan die aangeklaagde in die gelyk gestel (“gevindikeer”) word. As God die kneg regverdig verklaar beteken dit dat nie die oudstes in die poort nie, maar God self die kneg in die gelyk stel. Teenoor al die getuies teen hom verklaar God dat die kneg se pad sal standhou.

 

God Sélf sê dus as ‘t ware dat die kneg reg was om te luister en te doen wat die here JHWH vir hom gesê het, al het dit teen die poulêre konvensies ingedruis. Om na God te luister is wat ook al daarna gebeur werd, want God sál die openbare skande omkeer in herstelde eer.

 

Voorstel vir ’n preek

Predikers moet besluit of hulle hierdie teks wil preek, en of hulle die saak van ons identiteit as mense wat luister – met aanvulling uit die tema’s in die dagstukkies – aan die bod wil bring.

 

My voorstel sou wees dat die indikatief duidelik verkondig word en die imperatief – met die kneg as “voorbeeld” – daaruit in die prediking betrek word. Hier kan die vier waardes van die Luisterseisoen dan betrek word.

 

Daar kan begin word met die návertelling van die advertensie waarin Edwill van Aarde mekaar voortdurend misverstaan. Misverstand én nie-luister-nie bring dikwels baie seer, sukkel en swaarkry in die lewe mee. Die Israeliete wat in ballingskap weggevoer is het dit geweet én ons weet dit vandag net do goed. Om te luister en om te leer luister is dus baie belangrik.

 

In dié teks sien ons hoe belangrik luister is. Die kneg van die Here kón die mense van sy tyd moed inpraat, want die Here het hom daartoe geroep én hom daartoe instaat gestel. Net soos vir ons ook. Ons praat nie “namens die Here” om te kan sê dat ons “namens die Here optree” nie. Dit gaan oor die wat ons hoor, dié wat die Here se lewegewende woorde nodig het. Húlle moet gehelp, gere-energeer word. Ons fokus is dus nie die praat nie, maar die luister.

 

Daarom luister ons weer en weer en weer na die Here. Daarom is ons voorgangers en mede-soekers na wat God vir ons in óns konteks sê so belangrik. Die Here gee vir ons wat nodig is. Sý woorde gee weer en weer energie. Ons moet lúíster.

 

Sou dit gebeur dat ons – soos die kneg – ly, sal God ons ter ere herstel. Vrees vir verwerping en pyn moet ons nie laat afskrik of wegdraai nie.

 

Uit wat ons vandeesweek oor luister gelees en geleer het, weet ons dat openheid, leerbaarheid, vertroue en deernis nodig is. Die prediker kan hieruit put wat vir sy konteks en hoorders aktueel is.

 

Ons is beeld van God, sy verteenwoordigers. Ons is mense wat luister. Wil jy jou dissipelskap uitleef? Wil jy graag vir ander van die Here vertel? Dan moet jy luister en aanhou om te leer luister. Die Here sál ons leer luister. Die Here sál ons versterk en ook deur ons woorde krag, nuwe moed en nuwe energie gee.

 

Hiermee saam is ‘n meditasie wat deur Fanie Cronjé (NG Gemeente Riviera-Jakaranda) geskryf is:

 

Kom stap saam met my na die stadspoort… (video insetsel oor die stap in die stadspoort in).

Staan saam met my in die kring van die oudstes. Hulle wat die reg het om ander aan te kla en te besluit oor hulle lot.

Voor ons staan die kneg.

 

In hierdie wêreld van eer en skande werk dinge anders.

Wanneer jy beledig word, moet jy net ‘n groter belediging teruggooi. Dit is die enigste manier om jou eer terug te kry. Hier werk verbale geweld. In ‘n wêreld van eer en skande is die lewe in jou gesig en op jou rug.

Draai jy jou wang. Hou jou baard. Gee jou rug.

In hierdie kring staan die kneg.

 

En hy is deel van ‘n wêreld van verlies, van uitsigloosheid.

‘n Wêreld waar geloof daagliks uitgedaag word en dikwels verdamp. ‘n Wêreld waar jy die mense hoor sê : “Ag, man,jy wat dink God het jou geroep, los als. Jy leef in ‘n droomwêreld. Word wakker. Kyk om jou rond en sien die ellende. Jou pogings is verniet…”

 

In hierdie harde ballingskapwêreld hoor die kneg ook die vrae verander. Die aanvanklike vrae oor skuld : “Hoekom het hierdie ding ons oorgekom” word nuwe vrae : “Maar wie is ons noudat die ballingskap aan ons lywe kom sit het?” “Wat het oorgebly?” “Wat is die pilare waarop ons bou?”

 

In so deurmekaar wêreld is daar baie stemme.

Sommiges wat net terug verlang na dit wat was. Hulle wat praatjies maak en met verlange sê: “ As ons maar net die horlosie kon terugdraai na die goeie ou dae.”

Ander stemme wat met meer sekerheid sê : “Ons moet net die mag terugkry. As ons dit net kan regkry. Al moet ons dan nou ook geweld gebruik.”

En nog ander wat sê : “Ons verwag eintlik niks. Hoekom ontstel julle julleself? Vergeet van die wêreld. Los alles, God sal die mense regsien.”

 

In hierdie warboel staan die kneg. Die dienaar van God. En hy is anders.

In die stadspoorte, in die kring van die oudstes, verwag hulle dat hy sal terugbaklei. Hulle wag op sy beledigings sodat sy eer herstel kan word. Maar dit gebeur nie. Hy gee sy rug, wat terugbaklei onmoontlik maak. Hy kies kwesbaarheid. Hy hou sy baard waaraan hulle pluk om hom te verneder. Hy draai sy wang en word verag.

 

Is dit ‘n lafaard wat so optree?

Nee, want ‘n lafaard veg of vlug. Maar die kneg deins nie terug vir die skerp kante nie. Hy ly juis omdat hy kies om deel te wees van die stukkende samelewing. Hy ervaar pyn omdat hy onreg in die gemeenskap uitwys. Hy is bereid om op te staan vir dit wat reg is en om die slegte te ontbloot.

 

Dit verg moed om die regte woorde te gebruik in ‘n verkeerde wêreld. Dit vat durf om weg te loop van mag en deel te word van gebrokenheid. Om deel te word van ‘n wêreld waar daar moeilikheid en pyn is.

 

In die oë van die wêreld lyk hierdie keuse nie te goed nie, maar dis die keuse wat die Here goedkeur. Die keuse waar jy ontdek : Jou krag lê nie in jou volledigheid nie, maar juis in jou gebrokenheid. Vanuit jou pyn kan jy dien. Jy kan dié wat moeg is, moed inpraat. Jy kan hulle optel met jou woorde.

 

Hierdie keuse : om deel te wees van ‘n wêreld wat moeg geword het, om deel te wees van dit wat om jou gebeur, dit is die regte keuse. Dit is ook ‘n besluit om te stry teen selfsug…Om nie die kollig op jouself te laat val nie, maar op die Here wat jou roep. Die Een wat jou inspireer om te dien.

 

Want dit is al wat die kneg in sy eie gebrokenheid regop hou… sy stilword by God. Elke môre, elke dag soek hy God se teenwoordigheid. Hy luister. Hy stel hom in om te hoor. Hy leer ons dat die luister na God ‘n proses is. Dis nooit afgehandel nie, dis nooit voltooi nie.

 

Dis alleen voor God se aangesig waar ons saam met die kneg kan uitroep : wie wil ‘n aanklag teen my inbring? Wie wil my aankla?

 

“Kom, julle wat in die kring staan. Julle wat met harde stemme roep dat die kerk tog net moet bykom. Die kerk moet net wakker word. Die kerk moet nog betaal aan die skuld van die verlede. Julle wat roep : Die kerk het nie meer ‘n plek het in ‘n post modernistiese wereld nie. Kom vorentoe, kom stel jou saak. Maar onthou, daar is ook ‘n ander kant.”

 

‘n Ander kant en ‘n Ander Stem. Die stem van God wat roep.God wat die kneg en die kerk in die gelyk stel en vryspreek. Vryspreek van al die beledigings en aanklagte.Vryspreek van die stemme wat ons roeping en keuses bevraagteken.

Kom ons word stil vanmore. Kom ons luister na die Here ons God se stem. Kom ons stel ons oopnuut in om te hoor.

 

Want God is hier. Ons is hier. Hy is by ons, rondom ons, binne ons. Ons is vrygespreek van al die stemme wat so hard rondom ons raas. Ons word in die gelyk gestel sodat ons kan doen wat ons geroep is om te doen… om deel te word van die wêreld. Om ander te dien vanuit ons eie pyn.

Want dit is hoe God sigbaar word.

 

 

Moontlike hulpmiddels

Kyk gerus na Communitas se preekriglyne op hulle webblad:

http://communitas.co.za/

 

Bronne:

Fanie Cronjé, 2012.  Jesaja 50:4-9. Ongepubliseerde eksegetiese nota’s en preek.

 

Hennie Kruger,  2008.  Sesde Sondag in Lydenstyd, 5 April 2009, Jesaja 50:4-9a, Eddie Orsmond & Johan Botha (reds.), Preekstudies met Liturgiese Voorstelle gebaseer op die kerkjaar. RCL Jaar B. Advent 2008 tot Koninkrykstyd 2009. Matieland: Communitas & Bybel-Media. 103-106.

 

The Jewish Publishing Society, 2004.  The Jewish Study Bible. Tanakh Translation. New York: Oxford.

………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………….

PREEKVOORSTEL : WEEK 4

Tema:         Ons leef deur die Gees 

Perikoop:    Galasiërs 5:25  (5:13-6:10) 

Skopus:      Die Gees laat ons lewe. Omdat ons deur die Gees lewe, roep Paulus ons op om ons gedrag te bepaal.

                   Ons is vrygekoop. Ons moet ons vryheid reg gebruik; ons moet  dit nie misbruik nie, maar mekaar dien in liefde (v13-15).  

                   Ons moet die Gees ons in die ware lewe van vryheid in lei (v16-26). 

                   Ons moet ons vryheid beoefen deur mekaar te help (6:1-6).

                   Ons moet bewus bly van die uitkomste van beide die korrekte én die vekeerde aanwending van ons vryheid (6:7-10). 

 

“Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.”  

 

Nuwe Afrikaanse Vertaling (1983)

13 Julle, broers, julle is tot vryheid geroep.

Moet net nie julle vryheid misbruik as ‘n verskoning om sonde te doen nie,

maar dien mekaar in liefde.

14 Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat:

“Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”

15 Maar julle byt en verskeur mekaar;

pas op dat julle mekaar nie later heeltemal verslind nie.

 

16 Wat ek bedoel, is dít:

Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word,

dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie.

17 Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil,

en wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer.

Hierdie twee staan lynreg teenoor mekaar,

en daarom kan julle nie doen wat julle graag wil nie.

18 Maar as julle julle deur die Gees laat lei, staan julle nie meer onder die wet nie.

 

19 Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend:

onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid,

20 afgodsdiens, towery,

vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, 21 afguns,

dronkenskap, drinkpartye en al dergelike dinge.

Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het:

Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie.

22 Die vrug van die Gees, daarteenoor,

is liefde, vreugde, vrede,

geduld, vriendelikheid, goedhartigheid,

getrouheid, 23 nederigheid en selfbeheersing.

Teen sulke dinge het die wet niks nie.

24 Dié wat aan Christus Jesus behoort,

het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig.

 

25 Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.

26 Ons moenie verwaand wees, mekaar uittart of op mekaar afgunstig wees nie.

 

6:1 Broers, as iemand in die een of ander sonde val,

moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in ‘n gees van sagmoedigheid reghelp.

En pas op: jy kan self ook in versoeking kom.

2 Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. 3 As iemand hom verbeel hy is iets en hy is niks, bedrieg hy homself.

4 Laat elkeen sy eie doen en late ondersoek: as dit goed is,

kan hy daarop trots wees sonder om dit met dié van ‘n ander te vergelyk.

5 Elkeen sal rekenskap moet gee oor wat hy gedoen het.

6 Iemand wat onderrig ontvang in die woord van God, moet sy leermeester laat deel in al die goeie dinge wat hy het.

 

7 Moenie julleself mislei nie:

God laat nie met Hom spot nie.

Wat ‘n mens saai, dit sal hy ook oes.

8 Wie op die akker van sy sondige natuur saai,

sal van die sondige natuur dood en verderf oes.

Maar wie op die akker van die Gees saai,

sal van die Gees die ewige lewe oes.

9 Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie,

want as ons nie verslap nie,

sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.

10 Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen,

veral aan ons medegelowiges.

 

Opmerkings oor die teks

Vers 25 is deel van die derde hoofdeel in die brief (5:13-6:10). Hierdie hoofdeel handel oor  die lewe van vrygekoopte – of dan, vrygemaakte – mense. Die gedeelte is soos volg saamgestel:

Leef dan nou as vry mense deur

–        mekaar in liefde te dien (5:13-15)

–        julle deur die Gees te laat beheer (5:16-26) en

–        verantwoordelikheid te neem (6:1-10).

Die vers vir die prediking is duidelik: Εἰ ζῶμεν πνεύματι, πνεύματι καὶ στοιχῶμεν.

Letterlik vertaal, lui die teks: As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel. In Engels: “If we live by the Spirit, let us also be guided by the Spirit” of “Since we live in the Spirit, let us keep in step with the Spirit.”

 

Die Gees (πνεύματι) is die kern van die vers. Ons lewe (ζῶμεν) én gedrag / lewenswandel (στοιχῶμεν) staan in direkte verband met die Gees as kern daarvan.

 

Hierdie is die derde keer in hoofstuk 5 dat Paulus die gelowiges oproep om hulleself onder beheer van die Heilige Gees te laat wees. In vers 16 lê hy daarop klem dat hulle die Gees hulle leefstyl moet laat bepaal en in vers 18 gaan dit daaroor om die leiding van die Gees te volg.

 

Die Nuwe Afrikaanse Vertaling gee die skrywersintensie in vers 25 goed weer. ‘n Stelling word gemaak: “Ons lewe deur die Gees.” Dit is ‘n gegewe aangesien God dit bepaal en deur die Gees tot praktyk bring. Op grond van hierdie gegewe kom die oproep: “laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.”

 

Die Galasiërs het in ‘n wêreld geleef wat deur sogenaamde “manlike” eienskappe van destyds, soos arrogansie, ‘n uitdagende houding en afguns gekenmerk is. Paulus wil hê dat hulle – omdat hulle deur die Gees lewe – van dié kultuur moet afstand doen en núwe gewoontes ontwikkel. Hulle moet meer kollektief en groep-georiënteerd dink, optree en leef. Vanweë hulle beeld van God-wees, kan ons sê, moet hulle op die basis van ‘n kollektiwistiese persoonlikheid en groepsintegriteit bou. Dit wat hulle in die familieverband waarin hulle opgevoed is geleer het moet dus afgeleer word en plek maak vir die wat hulle moet aanleer om as núwe familie – wat uit Jesus-groep lede bestaan – te leef.

 

Ons kan nie sonder die Gees lewe nie. Ons bring aan God eer wanneer ons ons gedrag al hoe meer in pas bring met die vrug wat die Gees is ons lewens werk en waartoe die Gees ons lei.

 

In verse 24 en 25 word aktiewe en passiewe aspekte van die lewe deur die Gees naas mekaar en in wisselwerking met mekaar gestel. Die indikatief en die imperatief kan nie van mekaar geskei word nie en moet nie los van mekaar behandel word nie.

 

Omdat ons mense is wat deur die Gees leef tree ons op soos mense wat deur die Gees leef. Ons identiteit bepaal ons gedrag. Omdat ons beeld van God is, vra dit van ons om “in pas met God te kom”.

 

 

Voorstelle vir die prediking

Ons fokus in die reeks op ons identiteit as christene. Ons het reeds na ons identiteit as mense wat as beeld van God geskep is (Week 1) gekyk. Ons het ook na ons identiteit in verhouding met God as Vader (Week 2) en Seun (Week 3) gekyk. Hierdie week fokus ons op aspekte van ons identiteit in terme van God as Heilige Gees se verhouding met ons. Vandaar die tema: Ons is mense wat leef deur die Gees.

 

Die vyf “lense” waardeur ons na ons identiteit gekyk het, help ons onsself verstaan as mense wat (1) vrugdraers, (2) deel van Christus se liggaam, (3) gawes van God ontvang het, (4) óns-mense en (5) mense wat ons laat lei, is.

 

Predikers kan Galasiërs 5:25 aan hand van die konteks waarin dit voorkom tot prediking bring. Die prediker kan ook die teks aan die bod bring en dit dan vanuit hierdie vyf tema’s belig en versterk.

 

Inleidend kan die belangrikheid om te weet wie ons is weereens gesetel word. Identiteit gaan oor wie ons is én wie ons besig is om te word. Omdat ons beeld van God is, is dit belangrik om dit Wie God is en wat God doen in ons soeke na ons eie identiteit te verreken. In die verhouding wat God as Gees met ons smee kom hierdie week onder die vergrootglas.

 

Ons lewe deur die Gees.

Daarom laat ons die Gees ons gedrag bepaal.

 

Ons reageer op ‘n oproep om kreatief te doen waartoe die Gees ons roep en lei. Wat is die effek van God as Heilige Gees se verhouding met ons op ons praktiese lewe elke dag? Waarmee moet ons in pas kom?

 

Ons het hierdie week na vyf aspekte van ons identiteit as mense wat deur die Gees lewe gekyk. Ons is: (1) vrugdraers, (2) deel van Christus se liggaam, (3) gawes van God ontvang het, (4) óns-mense en (5) mense wat ons laat lei, is.

 

Die prediker kan elkeen hiervan met eie konteks in ag genome tot prediking bring. Die dagstukke en blogs bied genoeg stof waaruit predikers self kan sif.

 

Ter afsluiting kan Franciskus se gebed of “The dancing guy” gebruik word om die indikatief in die teks uit te lig en die imperatief op grond daarvan sterk te belig.

* Dit kan gevind word by:

http://www.ngsederpark.co.za/Liedboek/LB%20284.mp3  en

www.youtube.com/watch?v= IAwhrLHsIGQ

 

 

Nestle-aland XVIII-Teks

13  Ὑμεῖς γὰρ ἐπ’ ἐλευθερίᾳ ἐκλήθητε, ἀδελφοί· μόνον μὴ τὴν ἐλευθερίαν εἰς ἀφορμὴν τῇ σαρκί, ἀλλὰ διὰ τῆς ἀγάπης δουλεύετε ἀλλήλοις.

14  ὁ γὰρ πᾶς νόμος ἐν ἑνὶ λόγῳ πεπλήρωται, ἐν τῷ· ἀγαπήσεις τὸν πλησίον σου ὡς σεαυτόν.

15  εἰ δὲ ἀλλήλους δάκνετε καὶ κατεσθίετε, βλέπετε μὴ ὑπ’ ἀλλήλων ἀναλωθῆτε.

16  Λέγω δέ, πνεύματι περιπατεῖτε καὶ ἐπιθυμίαν σαρκὸς οὐ μὴ τελέσητε.

17  ἡ γὰρ σὰρξ ἐπιθυμεῖ κατὰ τοῦ πνεύματος, τὸ δὲ πνεῦμα κατὰ τῆς σαρκός, ταῦτα γὰρ ἀλλήλοις ἀντίκειται, ἵνα μὴ ἃ ἐὰν θέλητε ταῦτα ποιῆτε.

18  εἰ δὲ πνεύματι ἄγεσθε, οὐκ ἐστὲ ὑπὸ νόμον.

19  φανερὰ δέ ἐστιν τὰ ἔργα τῆς σαρκός, ἅτινά ἐστιν πορνεία, ἀκαθαρσία, ἀσέλγεια,

20  εἰδωλολατρία, φαρμακεία, ἔχθραι, ἔρις, ζῆλος, θυμοί, ἐριθεῖαι, διχοστασίαι, αἱρέσεις,

21  φθόνοι, μέθαι, κῶμοι καὶ τὰ ὅμοια τούτοις, ἃ προλέγω ὑμῖν, καθὼς προεῖπον ὅτι οἱ τὰ τοιαῦτα πράσσοντες βασιλείαν θεοῦ οὐ κληρονομήσουσιν.

22  ὁ δὲ καρπὸς τοῦ πνεύματός ἐστιν ἀγάπη χαρὰ εἰρήνη, μακροθυμία χρηστότης ἀγαθωσύνη, πίστις

23  πραΰτης ἐγκράτεια· κατὰ τῶν τοιούτων οὐκ ἔστιν νόμος.

24  οἱ δὲ τοῦ Χριστοῦ [Ἰησοῦ] τὴν σάρκα ἐσταύρωσαν σὺν τοῖς παθήμασιν καὶ ταῖς ἐπιθυμίαις.

25  Εἰ ζῶμεν πνεύματι, πνεύματι καὶ στοιχῶμεν.

26  μὴ γινώμεθα κενόδοξοι, ἀλλήλους προκαλούμενοι, ἀλλήλοις φθονοῦντες.

 

61  Ἀδελφοί, ἐὰν καὶ προλημφθῇ ἄνθρωπος ἔν τινι παραπτώματι, ὑμεῖς οἱ πνευματικοὶ καταρτίζετε τὸν τοιοῦτον ἐν πνεύματι πραΰτητος, σκοπῶν σεαυτὸν μὴ καὶ σὺ πειρασθῇς.

2  Ἀλλήλων τὰ βάρη βαστάζετε καὶ οὕτως ἀναπληρώσετε τὸν νόμον τοῦ Χριστοῦ.

3  εἰ γὰρ δοκεῖ τις εἶναί τι μηδὲν ὤν, φρεναπατᾷ ἑαυτόν.

4  τὸ δὲ ἔργον ἑαυτοῦ δοκιμαζέτω ἕκαστος, καὶ τότε εἰς ἑαυτὸν μόνον τὸ καύχημα ἕξει καὶ οὐκ εἰς τὸν ἕτερον·

5  ἕκαστος γὰρ τὸ ἴδιον φορτίον βαστάσει.

6  Κοινωνείτω δὲ ὁ κατηχούμενος τὸν λόγον τῷ κατηχοῦντι ἐν πᾶσιν ἀγαθοῖς.

7  Μὴ πλανᾶσθε, θεὸς οὐ μυκτηρίζεται. ὃ γὰρ ἐὰν σπείρῃ ἄνθρωπος, τοῦτο καὶ θερίσει·

8  ὅτι ὁ σπείρων εἰς τὴν σάρκα ἑαυτοῦ ἐκ τῆς σαρκὸς θερίσει φθοράν, ὁ δὲ σπείρων εἰς τὸ πνεῦμα ἐκ τοῦ πνεύματος θερίσει ζωὴν αἰώνιον.

9  τὸ δὲ καλὸν ποιοῦντες μὴ ἐγκακῶμεν, καιρῷ γὰρ ἰδίῳ θερίσομεν μὴ ἐκλυόμενοι.

10  Ἄρα οὖν ὡς καιρὸν ἔχομεν, ἐργαζώμεθα τὸ ἀγαθὸν πρὸς πάντας, μάλιστα δὲ πρὸς τοὺς οἰκείους τῆς πίστεως.

 

BRONNE 

Naas kommentare oor Galasiërs, is die volgende gebruik en nuttig:

Andrie du Toit,  2012.  Vier jou bevryding. Die Boodskap van Galasiërs vir vandag. Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy.

 

Bruce J Malina & John J Pilch,  2006.  Social Science Commentary on the Letters of Paul. Minneapolis: Fortress Press.

 

Annes Nel,  2009.  Vierde Sondag in Koninkrykstyd, 27 Junie 2010, Galasiërs 5:1, 13-25, Eddie Orsmond & Johan Botha (reds.), Preekstudies met Liturgiese Voorstelle gebaseer op die kerkjaar. RCL Jaar C. Advent 2009 tot Koninkrykstyd 2010. Matieland: Communitas & Bybel-Media. 180-185.

 

Gert MM Pelser, AB du Toit, MA Kruger, HR Lemmer & JH Roberts, 1992.  Discourse analysis of Galatians. Addendum to Neotestamentica 26(2).  Bloemfontein: NG Sendingpers.

 

________________________________________________________________________________

PREEKVOORSTEL : WEEK 3   

Tema:         Ons is beeld van Christus 

Perikoop:    Filippense 3:10-11   

Skopus:      Ons is één met Christus. Daarom is daar één wens, één begeerte, één dryfkrag is ons lewe: om aan Christus se lyding én oorwinning te hê. Christus se lyding en sterwe en sy opwekking en opstanding uit die dood is as ‘t ware soos die twee kante van ‘n muntstuk.  

 

Filippense 3:10-11 

“Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood”

 

Opmerkings oor die teks

Die teks is deel van die groter eenheid, Filippense 3:1-4:9. In dié gedeelte skryf Paulus oor die ware geregtigheid en die gelowiges se blydskap wat daaruit voortvloei. Ware blydskap in die Here is om in Christus en sy gawes, asook in diens vreugde te vind eerder as om op uiterlike dinge te vertrou (3:1-6), om insig in die waarde van die kén van Christus te hê (3:7-11), om die weldade van Christus ons eie te maak (3:12-16), om die regte mense as voorbeeld na te volg (3:17-4:1), om eensgesing te wees (4:2-7) en en te besef hoe noodsaaklik dit is om reg te dink én reg te doen (4:8-9).

 

Om Christus te ken oortref álle ander dinge vir Paulus, skryf hy (verse 7-8). Daarom het hy alles prysgegee om met Christus één te wees (verse 8-9). Omdat vryspraak by God vanuit hierdie eenheid met Christus kom, gló ons – letterlik – in Christus in en laat vaar ons die illusie van wetsonderhouding (vers 9). Deelhê aan Christus se lyding en die krag van sy opstanding is onlosmaaklik aan mekaar verbonde (verse 10-11). Paulus se wens en sy verwagting is nie aan net die een en nie aan die ander hiervan nie verbonde. Vers 10 is deel van een lang sin wat in vers 8 begin.

 

Paulus stel dit dat Jesus by sy opstanding uit die dood uitgekom het deur lyding. Hy het dit in die himne in Filippense 2:6-11 uitgedruk en verwys in verse 10-11 daarna. Paulus wil hierdie patroon navolg. Hy roep die Jesus-groep se mense in Filippi op om dieselfde te doen. Ons kan nie in Christus lewe / uit die dood opstaan indien ons nie eers aan onsself (in die) dood(in)gaan nie.

 

Ons fokus is dus Christus en moet voortdurend Chrístus bly. Ons kan nie ons fokus na óf ‘n lewe van lyding óf ‘n lewe in “die krag van sy opstanding” verskuif nie. Net soos wat dit in die ontdekking van ons eie identiteit oor die “beter ken” van onsself gaan, gaan dit hier oor die kén (τοῦ γνῶναι) van Christus. Ons kan as ‘t ware sê: ken Christus en ken jouself. Of ook: ken jouself en ken Christus.

 

Paulus was diep onder die indruk daarvan dat hy nie self sy geregtigheid voor God kan verwerf nie, maar sonder enige verdienste in Christus begenadig is, “sodat die leë hand van die geloof dit maar net kan gryp” (Smit 1982:189-190). Dís die diepste grond van die ommekeer in sy lewe.

 

Die “sodat” aan die begin van vers 11 sluit by die gedagte aan die einde van vers 8 aan. Die nuwe sin en doel van die lewe is die ken van Christus en daarmee saam die soeke om Christus al beter te ken. Die ken van Christus is alles-insluitend. Dít word in die parallelle uitdrukkings duidelik gemaak. In die gebruik van “krag” (δύναμις) sien ons die ken van Christus is ‘n eksistensiële, lewensveranderende kennis. Dis nie ‘n bloot intellektuele instemming met stellings óór Christus nie.

 

Die ken van Christus gaan ook oor “gemeenskap” (“koinonia”) met Christus (in “lyding om Christus wil”). Paulus het die “algemene” lyding van gelowiges – omdat hulle aan Christus gehoorsaam is – in gedagte. Jesus het mos geleer dat iemand wat hom wil volg (en dus sy wil kén) sy kruis in hierdie navolging moet opneem (Markus 8:34-37; Matteus 10:38; 16:24-26).

 

Die ken van Christus gaan ook – soos wat dit in die derde parallelle uitdrukking voorkom – om die bekende tema van die afsterwe saam met Christus ten einde wáárlik te kan leef (sien byvoorbeeld Galasiërs 2:20, 6:14 en Romeine 6).

 

Ons sien alreeds in die Ou Testament dat die verhouding tussen God en mens om ‘n kén van mekaar gaan. ‘n Persoonlike verhouding van liefde en ingesteldheid op mekaar is kenmerkend hieraan. Ons kan sê dat ons Christus “intiem, in liefde, in gehoorsaamheid, as antwoord op sý verkiesende genade, liefde en betrokkenheid by ons” (Smit 1982:192) ken en dieper wil leer ken.

 

Voorstel vir ’n preek

In ‘n tydperk wat ons daarop fokus om onsself as beeld van God in terme van ons identiteit beter te leer ken, is dit belangrik om Christus beter te leer ken. In en deur ons soeke daarna om Christus beter te leer ken, hoe beter leer ons onsself ook ken.

 

Ons is één met Christus. Daarom is daar één wens, één begeerte, één dryfkrag is ons lewe: om aan Christus se lyding én oorwinning te hê. Christus se lyding en sterwe en sy opwekking en opstanding uit die dood is as ‘t ware soos die twee kante van ‘n muntstuk.

 

Wens jy om jouself te kén? Wens jy jy kan weet wie jy ten diepste is en word? Totdat jy jouself nie ten diepste ken nie, sal jy nie jou wáre self kan wees, behoorlik kan funksioneer of tot wasdom kan kom nie.

 

Ons is beeld van Christus. Daarom ontdek ons onsself in Christus. Buite om Christus kry ons ‘n onegte beeld van onsself. Totdat ons onsself nog nie in terme van wie ons in Christus is bekyk of beskryf het nie, het ons nog nie die laaste woord oor onsself gespreek nie.

 

Omdat ons beeld van Christus is en ons onsself in Christus ontdek, is dit belangrik om Christus te ken en hom al beter te leer ken. Net iemand wat Christus nie ken nie sal sy lyding en opstanding uit die dood van mekaar losmaak. Ons wéét dat hierdie aspekte van Christus se identiteit én optrede – wie hy ís en wát hy doen – soos die kruis- en munt-kant van ‘n geldstuk is.

 

In ons lyding is ons oorwinnend en in ons oorwinning lý ons. Nés Christus. Daarom leer ons onsself ken wanneer ons swaarky, seer het en sukkel én wanneer dit met ons goed gaan en terwyl ons blóm of op die hande gedra word.

 

Christus se dieperdringende lyding word nie opgehef of nietig gemaak wanneer hy uit die dood opgewek word of daaruit opstaan nie. Ons kan as ‘t ware sê dat die opstanding die hoogtepunt van sy lyding is. Die hyser na sukses – lui die spreekwoord immers – is stukkend; die weg daarheen is met die trappe op.

 

Wanneer ons Christus só ken, deins ons nie van ons skadukant of lyding wat ons lewenspad kruis weg nie, maar omhels ons dit juis sodat ons die inherente krag van die eenheid met Christus leer ken. Dís wie ons as mense wat beeld van Christus is is: mense wat Christus se lyding en heerlikheid só ken dat ons die triomf van lyding en die broosheid van heerlikheid wil peil.

 

Ons ontdek wie ons is en word in ons ken en dieper leer ken van Christus. Christus maak ons nie béter mense nie, maar intiemer één met hom en kragtiger in ons vasklou aan hom.

 

Ons ken van Christus en die belewing van ons verhouding met God én die ontginning van ons eie identiteit hang te nouste saam met ons eie subjektiewe prosesse saam.

 

Geloof gaan oor baie meer as blote inhoud of proposisies. Dit gaan oor om Christus te ken sowel as dit wat deur sy opstanding teweeg gebring is, asook deelname in die lydinge van Christus én om in Christus se dood te deel.

 

Christus se verhouding met ons staan in die teken van beide sy heerlikheid (opstanding) én sy swaarkry (lyding).

 

Die prediker kan hierdie inhoud ooreenkomstig die unieke aard en konteks van die eie gemeente ontplooi.

 

Daar kan dan afgesluit word met: Wens jy om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat jy self deel sal hê aan die opstanding uit die dood? Dan sál jy Christus ken. Jy sal jouself ook ken. Omdat jy deel het aan Christus se lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood en aan die opstanding daaruit, sál jy die krag van sy opstanding ondervind.

 

Moontlike hulpmiddels

Kyk gerus na Communitas se preekriglyne op hulle webblad:

http://communitas.co.za/

 

Nestle-aland XVIII-Teks

10  τοῦ γνῶναι αὐτὸν καὶ τὴν δύναμιν τῆς ἀναστάσεως αὐτοῦ καὶ [τὴν] κοινωνίαν [τῶν] παθημάτων αὐτοῦ, συμμορφιζόμενος τῷ θανάτῳ αὐτοῦ,

11  εἴ πως καταντήσω εἰς τὴν ἐξανάστασιν τὴν ἐκ νεκρῶν.

 

BRONNE 

Bruce J Malina & John J Pilch,  2006.  Social Science Commentary on the Letters of Paul. Minneapolis: Fortress Press.

Dirkie, J Smit,  1982.  Vyfde Lydenssondag: Filippense 3:7-11, in CW Burger, BA Muller & DJ Smit (reds.), Riglyne vir Lydensprediking (Woord Teen die Lig 2/I). Kaapstad: NG Kerk-Uitgewers.

_________________________________________________________________________________________

PREEKVOORSTEL :   Week 2                            

Tema:         Ons is versoeningsagente en medewerkers van God  

Perikoop:    2 Korintiërs 5:17-21   

Skopus:      God het Homself met ons versoen. Gód het hierdie versoening bewerk en Hy het dit deur Christus gedoen. Ons behoort aan Christus en is God se “eiendom.” Ons is letterlik ‘n “nuwe skepping.” As núwe mense word ons al meer verander word om aan die beeld van Christus gelyk te word. God het die boodskap van die versoening én die bediening daarvan aan ons toevertrou.

 

2 Korintiërs 5:17-21   

Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens.

Die oue is verby, die nuwe het gekom.

Dit alles is die werk van God.

Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou.

Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie.

Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons ‘n beroep op julle doen.

Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het!

Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.

 

Opmerkings oor die teks

Ons perikoop is deel van 2 Korintiërs 5:11-21 (en verder tot by 6:10). Paulus skryf hierin oor God se versoening en ons as met-God-versoendes en Christus se verteenwoordigers. Die gedeelte begin met die stelling dat ons bediening in die eerbied, ontsag en respek vir God gegrondves is. Hy skryf dat die dryfkrag agter die dien van mense Christus se liefde en die insig dat Christus “in diens aan God en mense” gesterf het is.  Die sleutelterm hier is “versoening”.

 

In vers 17 skryf Paulus dat daar in terme van die evangelie van God en dit wat God in en deur die sterwe en opstanding van Jesus bereik het, iets heeltemal nuut gebeur het. Almal wat aan Jesus-groepe – dit is: persone “in Christus” – behoort, is ‘n núwe skepping; vir hulle het álles nuut geword.

 

Natuurlik spruit dit alles voort uit dit wat Gód gedoen het, sê Paulus in vers 18-19. In terme van dit wat God deur Christus gedoen het, het Hy hy sy toorn opsygeskuif. Dit beteken dat dit nie nodig is om énigiets te doen om die eer wat deur die  voortdurende dade wat tot openbare skande lei verloor is, te herwin nie. Deur sy Christus het die God van Israel afstand gedoen van die vereistes wat Hy gestel het om tevrede gestel te word. God het as ‘t ware die reg om op restitusie aanspraak te kan maak kwytgeskeld. In Christus het God die wêreld met Homself versoen. Die begrip “die wêreld” (κόσμον) dien hier as ‘n metafoor vir die hele Israelitiese gemeenskap. Die proses behels dat God nie énige oortredings teen sy eer in berekening bring (dit “tel”) nie.

 

Paulus skryf dat hy en sy Jesus-groep veranderingsagente in die diens van hierdie versoening staan en proklameer hierdie versoening van God en Israel aan die Israeliete wat die evangelie van God aanvaar. Hy is ‘n veranderingsagent, skryf Paulus, en sê hy dien as gesant of ambassadeur vir God (die “veranderings­agentskap”) en verkondig die innovasie van die evangelie van God en die versoening wat dit behels. Húlle wat in Christus glo, glo in God se evangelie én is met God versoen. Ons kan dit glo en hoef nie daaroor te twyfel nie.

 

Oor Jesus se rol in dit alles skryf Paulus dat die God van Israel ter wille van die Israeliete vir Jesus volkome deel van die heersende kultuur van die Israeliete, naamlik om God in die skande te bring (dít is die betekenis van sonde: hamartia), gemaak het. Omdat Jesus God egter nooit in die skande gesteek het nie, is ons aanvaarbaar vir én goedgekeur deur God.

 

Alles het op grond van Christus se sterwe nuut geword. Alles moet nuut gesien en beoordeel word en núwe waardes heers nou. Daarom is Paulus se wens dat alle mense nie vir hulleself moet lewe nie, maar – ter wille van God en sy Christus en gedronge deur liefde – vir die versoening met mekaar. God het die inisiatief hierin geneem, gedoen wat daarvoor nodig is, én die dien van mense deel van ons wat glo se bestaansdoel gemaak.

 

Om ons met God te laat versoen is nie ‘n núwe manier van “doen” nie. Geloof – of dan, “om te glo” – is nie die “nuwe” (Christelike!) wetsweg waarlangs godsdienstige mense hulleself moet red nie, skryf Smit (1982:153). Versoening is nie ‘n menslike moontlikheid nie, maar iets wat jy jouself hoogstens kan laat welgeval.” Gelowiges moet hierdie oproep verstaan in terme van “laat hierdie (objektiewe) weldaad julle welgeval, laat julle daardeur oorrompel, aanvaar dit, berus daarin, verbly julle daarin, gryp dit aan, leef daarvan, vertrou daarop, “vervoeg” julleself daarna, beoordeel julleself in die lig dáárvan, moenie daarteen stry nie …” Ons moet die “passiewe” of nie-verdienstelike, die sogenaamde “reseptiewe” (teenoor die “kreatiewe”) aard van die geloof áltyd voor oë hou en beklemtoon.

 

Voorstel vir ’n preek

Veral aangesien hierdie reeks oor ons identiteit gaan, kan ons in die prediking meer op die dát en die wát van die versoening, as op die hóé daarvan fokus. Die fokus is dat ons mense is met God Homself versoen het, dat ons mense is aan wie dit opgedra is om mense te dien sodat versoening kan plaasvind en ons héle lewe rondom hierdie versoening in te rig.

 

Dit gaan dus oor die verhouding tussen God en ons en ons en mekaar en ander mense. Die doel is om oor verhoudinge te preek en by versoening in verhoudinge uit te kom. Christene n God deur versoening te bedien – soos gemeentes en kerke – is deel van ‘n verhoudings-gemeenskap, nié ‘n “verlossingsbesigheid” nie. God hét versoening met Hom – of dan, “verlossing” – bewerk. Ons “werk” is gefokus op  versoening in verhoudinge met en tussen mense.

 

Omdat ons met ‘n reeks oor ons identiteit besig is, kan reguit gestel word (1) dat ons mense is met wie God Homself versoen het, (2) dat ons mense is aan wie dit opgedra is om mense te dien sodat versoening kan plaasvind en (3) dat ons mense is wat ons héle lewe rondom hierdie versoening inrig. Daar kan dan oor elkeen van hierdie aspekte van ons identiteit gepreek word.

 

Vrae soos “Weet jy dat God Homself met jou versoen het deur Christus?”, “Het jy al daarin berus dat God Homself met jou en ons versoen het deur Christus?” en “Hoe rig jy jou lewe rondom die geloof dat God Homself met ons versoen het deur Christus in?” kan gevra word. Hiervandaan uit kan die preek dan ontplooi word om die hoorders se identiteit op te helder en te versterk. Hulle moet ook aangemoedig word om nie oor mense se (of ons eie!) verlossing bekommerd te wees nie, maar ál hulle energie in die vestiging van en versoening in verhoudinge belê.

 

Hierdie verhoudinge is nie net persoonlik nie, maar veral ook kerklik, sosiaal én ekologies van aard. Daar is soveel met die wêreld gefoeter en soveel met die mense gemors (ala Koos du Plessis) dat die verhoudings tussen God en mense, mense en mense, mense en die omgewing én mense met hulleself gebroke en broos is. God het gelukkig ‘n “plan” gemaak. In en deur sy Christus het God broos geword en die gebrokenheid geheel en ‘n “héélmaakproses” aan die gang gesit. As mense wat dít te hore gekom het en dit aanvaar het, aanvaar en vier ons hierdie versoening en skakel ons by God se proses in deur mense in liefde te dien.

 

Ons is versoeningsagente en medewerkers van God

Ons is God se versoeningsagente (vers 20) aan wie Hy die bediening van versoening (vers 18), sy “versoeningsprogram vir die wêreld” toevertrou het. As beeld van God verteenwoordig ons God in sy herskepping. As beeld van Christus verteenwoordig ons God in sy herstel van verhoudings tussen God, mense en die omgewing. God se versoening met ons het ons núwe mense gemaak (vers 17) en God is besig om álles te vernuwe. Ons het die heerlike voorreg om hieraan deel te hê as versoeningsagente en medewerkers van God.

 

Ons bedien God se versoening

Die versoening is nie goedkoop nie, maar dúúr. God het dit be-werk (vers 18). God het die versoening “deur Christus” (vers 18) bewerkstellig. Daarom is ons nuut gemaak, word ons oortredinge nie teen ons gehou nie én word ons as “bedienaars van die versoening”, tot “God se verteenwoordigers” deur Hom aangestel. Het jy opgemerk dat God se núwe skepping ook ‘n nuwe styl van ons vra? Lees gerus die tweede deel van vers 21: ons dreig en manipuleer nie, maar “smeek” mense.

 

Ons verloën onsself – net soos wat Christus dit gedoen het – en leef nie meer vir onsself nie (vers 15). Ons dink ook núút – dit wil sê, ánders – oor mense. Ons klim uit ons ou skoene uit en verbreek grense. Ons jaag nie meer ons eie voordeel na nie, maar dié van ander. Ons word die mense met wie ons te doen het se bedienaars, hulle slawe wat soos kelners aandra wat vir versoening nodig is.

 

God bedien sy versoening ín en déúr ons

Net soos wat God in en deur sy Christus broos geword het om gebrokenheid tot in die dood in te heel, bedien God sy versoening in en deur ons. Die heilige Fransiscus se gebed help ons om dit te verwoord:

“Here maak my ‘n instrument van u vrede;

Waar daar haat is, laat my liefde bring;

Waar daar leed is, laat my die gees van vergifnis bring;

Waar daar twyfel is, gee dat ek u geloof mag versprei;

Waar daar wanhoop is, help my om u hoop te bring;

Waar duisternis is, om lig te bring;

Waar droefheid is, om vreugde te skep” (Taute 1993:65).

 

In gemeentes en kerke is christene nie deel van ‘n “verlossingsbesigheid” nie, maar deel van ‘n “verhoudingsgemeenskap.” God hét verlossing bewerk. Daarom fokus ons daarop om verhoudings te help versoen.

 

Ons is mense wat met God versoen is. Ons is versoeningsagente en mede-werkers van God.

 

Moontlike hulpmiddels

Kyk gerus ook na Communitas se preekriglyne op hulle webblad:

http://communitas.co.za/

 

Nestle-aland XVIII-Teks

17  ὥστε εἴ τις ἐν Χριστῷ, καινὴ κτίσις· τὰ ἀρχαῖα παρῆλθεν, ἰδοὺ γέγονεν καινά.

18  τὰ δὲ πάντα ἐκ τοῦ θεοῦ τοῦ καταλλάξαντος ἡμᾶς ἑαυτῷ διὰ Χριστοῦ καὶ δόντος ἡμῖν τὴν διακονίαν τῆς καταλλαγῆς,

19  ὡς ὅτι θεὸς ἦν ἐν Χριστῷ κόσμον καταλλάσσων ἑαυτῷ, μὴ λογιζόμενος αὐτοῖς τὰ παραπτώματα αὐτῶν καὶ θέμενος ἐν ἡμῖν τὸν λόγον τῆς καταλλαγῆς.

20  Ὑπὲρ Χριστοῦ οὖν πρεσβεύομεν ὡς τοῦ θεοῦ παρακαλοῦντος δι’ ἡμῶν· δεόμεθα ὑπὲρ Χριστοῦ, καταλλάγητε τῷ θεῷ.

21  τὸν μὴ γνόντα ἁμαρτίαν ὑπὲρ ἡμῶν ἁμαρτίαν ἐποίησεν, ἵνα ἡμεῖς γενώμεθα δικαιοσύνη θεοῦ ἐν αὐτῷ.

 

Bronne:

Bruce J Malina & John J Pilch,  2006.  Social Science Commentary on the Letters of Paul. Minneapolis: Fortress Press.

Ralph P Martin,  1986.  2 Corinthians (Word Biblical Commentary: 40). Waco, Texas: Word Books.  

Dirkie, J Smit,  1982.  Eerste Lydenssondag: 2 Korintiërs 5:18-21, in CW Burger, BA Muller & DJ Smit (reds.), Riglyne vir Lydensprediking (Woord Teen die Lig 2/I). Kaapstad: NG Kerk-Uitgewers.

Johan Taute,  1993.  Seisoen vir Versoening. Teologiese riglyne en preke oor die bediening van die versoening. Kaapstad: Lux Verbi.

 

 

_________________________________________________________________________________________

WEEK 1

Tema: God het ons geskep   

Perikoop: Genesis 1:26-28  

Skopus: Ons verteenwoordig God in ons omgewing. God het mense gemaak om Hom te verteenwoordig. Die diepste aspek van ons identiteit is daarom dat ons beeld van God is, dat ons God verteenwoordig waar ons onsself ook al bevind en in waarmee ons ook al besig is.

Klik hier om Word-dokument af te laai

Share